Pasgebore baba uit puttoilet gered

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Babameisie sterk in ʼn plek van veiligheid aan nadat sy verlede maand uit ʼn puttoilet naby Hazyview in Mpumalanga gered is.

ʼn Ooggetuie, wat versoek het om anoniem te bly, het gesê haar broer het die baba op 26 Maart gevind toe hy die toilet in Shabalala naby Hazyview wou gebruik, het ʼn News24-korrespondent berig.

Die baba se naelstring was nog aan haar vas. Volgens die ooggetuie het die gemeenskap ʼn dringende vergadering gehou en die baba se ma ook ontbied. “Sy het dit eers ontken, maar nadat die polisie van Hazyview opgedaag het, het sy skuld erken. Sy het gesê sy soek nie die baba nie.”

Konst. Anni Maphangane, woordvoerder van die Hazyview-polisiestasie, het gesê die ma, Tracy Mdluli (35), het in die Kabokweni-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord. Sy bly in aanhouding.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charlene ·

Daar is geen ander woorde behalwe om te sê sy is `n slegte straat vrou – aangesien ek nie die regte woord mag gebruik.

CHRISTA ·

Sy is 35 jaar oud!! Wanneer gaan sy volwasse word? Sy behoort te weet as jy nie voorbehoedmiddels gebruik nie, jy swanger raak as jy seks het! WAT GAAN MET ONS MENSE AAN?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.