Pasgebore baba uit vlak graf gered

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Woensdag vroegoggend in ʼn vlak graf in Potchefstroom in Noordwes gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 07:00 na ’n toneel in Greenfields in Ikageng ontbied nadat ʼn inwoner ʼn baba gehoor huil het. Verskeie klippe was op die graffie gepak.

Paramedici het by hul aankoms op die toneel die kind in ʼn jong vrou se sorg aangetref.

“Medici het die kind ondersoek en gevind dat sy ʼn besering aan haar bo-arm opgedoen en aan hipotermie gely het,” het Meiring gesê.

Sy is op die toneel behandel en geleidelik warm gemaak voordat sy na ʼn nabygeleë staatshospitaal vir verdere mediese behandeling geneem is.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê dit gaan instussen goed met die baba nadat sy in ’n hospitaal opgeneem is.

Volgens Myburgh was die babadogtertjie se naelstring nog aan haar toe sy deur die inwoner naby die stortingsterrein gevind is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kinderverlating.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Annelize ·

Kinderverlating???? Poging tot moord sou ek se, want jy sit nie iets of iemand in ‘n graf met die doel om te lewe nie.

Persheks Adri ·

Genade die mense is siek! Hoe op dees aarde doen ‘n mens dit? Beslis poging tot moord!

Bly die dogter is veilig dank ons liewe Vader!

Marius ·

Watse tipe saak is kinderverlating ? Ek verlaat my kind elke dag as ek gaan werk , nou wat nou ? Dit is poging tot moord !!! Regtig ???

Melanie ·

EN selfs dan as ons ons kinders “verlaat” om te gaan werk elke dag, worry ons nogsteeds oor hul!! Nee dit is poging tot moord!

Elsabe ·

Liefste klein baba, jy is ‘n vegtertjie. Ek bid dat jy gesond sal wees en by ‘n liefdevolle ouerpaar opgeneem sal word.

Fae Fubar ·

Liewe baba, mag jou hele lewe opmaak vir jou byna tragiese begin in hierdie wrede wêreld

Tuinuitsig ·

My hart ween oor die baba and sou graag wou weet hoekom die mamma dit gedoen het. Die mamma dalk ook hulp nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.