Pasgebore baba ure lank in reën gelos

'n Paramedikus van ER24 by die babadogtertjie. Foto: ER24

‘n Paramedikus van ER24 by die babadogtertjie. Foto: ER24

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Dinsdagmiddag gevind waar sy naby ʼn stadion in eMalahleni (Witbank) in Mpumalanga in die veld in die gietende reën gelos is.

Annine Dormehl, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê ʼn wag van ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy het omstreeks 17:25 die gebied gepatrolleer toe hy op die baba naby die hoofingang van die stadion afgekom het. Hy het paramedici ontbied.

“Paramedici het gevind sy het hipotermie. Die babadogtertjie is vermoedelik net ʼn dag oud en het waarskynlik vir twee tot drie ure alleen in die reën gelê,” het Dormehl gesê.

Sy het gesê paramedici het dadelik droë klere vir die baba aangetrek om haar liggaamstemperatuur terug te bring na normaal, voordat sy na die Emalahleni private hospitaal geneem is. “Die baba is vermoedelik in ‘n hospitaal gebore, maar geen identifikasie was by haar nie,” het Dormehl gesê.

Sy het gesê die hospitaalpersoneel het die polisie in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Tilla ·

Ag bring haar vir my asb. Ek sal haar so baie liefde gee!!!!

hans ·

Watter normale beskaafde mens sal dit doen? Net n abnormale en onbeskaafde mens doen dit.

Annie ·

Ek hoop die sleg ding word gevang wat daai weerlose baba lyfie in die reen gelos het en ek hoop hulle bere vir jou lewenslank vir kindermishandeling en poging tot moord want as daai wag nie op daai baba af gekom het nie was sy dood van die koue reen weer.

Jem ·

Daar is te veel van sulke onmenslike monsters op hierdie aarde. Hulle behoort hulle te skaam want diere doen dit nie eers nie. Baie dankie vir die mense wat hulle oor haar ontferm het.

Cindy Conradie ·

Ek sal dit mos heeltemal verloor. Die Here hoor my ek sal so n ma of pa vermorsel met my kaal hande. Die Here seen jou met n gawe van God en jy doen dit. Eks sprakeloos

ZEA ·

En hierdie mamma sal wat wil gee om ‘n lyfie te he na stilgeboorte op 36 weke!Bitter ongelukkig hier waar ek nou sit!

Chriselna ·

Dit maak my hart so seer, ek sukkel my dood om swanger te word en ander gooi hulle kids weg. Plaas sit hulle eder die kids op my stoep en klop net. Ek sal hulle self grootmaak..

Michelle Liebenberg ·

Goeie Dag

Hoe gaan ek te werk om die baba aan te neem asseblief ?

Die Uwe
Michelle Liebenberg
063 222 3340

LB S ·

Michelle, dit is ‘n wonderlike gebaar, maar moet liefs nie jou besonderhede so op sosiale media bekendmaak nie, dit kan probleme afgee. Ek is seker as jy self bietjie rondbel sal jy inligting kan bekom om ‘n baba aan te neem. Selfs hierdie enetjie sal nie sommer netso vir iemand gegee word nie. Sterkte ♥

jaco ·

waarom gebruik hulle nie kondome of voorbehoedpille nie? Selfs aborsie is wettig. So daar behoort eintlik geen onbeplande swangerskappe te wees nie.

Mel ·

As sy nie die kind wou he nie, kon sy nie maar vroegtydig gedurende haar swangerskap ander sorg vir haar kind gereel het nie? Kon sy nie maar net polisiestatsie toe gegaan het en daar die kontakbesonderhede van maatskaplike werker gevra het en gereel het dat die baba aangeneem word nie? Dis siek man. Sy het die kind letterlik weggegooi en net gelos. Daar is soveel ander opsies. Wat is dit dat kinders so weggegooi word? Het dit iets met hierdie vrouens se geloof of iets te doen? Ek hoop hulle vang haar, maar watse tipe straf gaan sy kry? Wat doen Suid-Afrika om hierdie vrouens te help om beter keuses te maak? En ek sal die vrou ook nie jammer kry nie, sy het geen verskoning hiervoor nie. Dit het niks te doen met onkunde of n tekort aan maatskaplike ondersteuning nie. Dis boos en harteloos.

Rika ·

Dit is so hartseer. Ek kan net dink hoe vreeslik die arme kleinding gehuil het, vir ure lank… Maroela, ek hoop ons kry n opvolg oor wat met die kleinding gaan gebeur

snoefie ·

arme kindjie is seker met n swart voetjie wat nodig is vir die sool-afdruk om geboorte te registeer, bevind. baba is nidig vir regudtradies maar nie om kindertoelaag aan te vra of te ontvang nie. die kindertoelaes moet gestop word dan sal daar nie meer voor die voet geteel word nie. drie uit elke vier ouerpare wie die kindertoelae ontvang werk buitendien.

Uvonka ·

Uiters barbaars! Gevoellose vrou! Ek se mos hulle kry net kinders om te kwalifiseer vir die staats “grant”.

Laura ·

In ‘n land waar jy die vryheid het om ‘n kind te laat aanneem, ek het soveel vriendinne wat nie hul eie kinders kan he nie, en dan die wat kan verdien dit nie, ek haat om ander te oordeel, maar daar is soveel instansies waar sy haar baba in veilige hande kon los, maar nee, sy los haar om dood te gaan in die koue nat weer, dis so wreed, en as jy dan te selfsugtig is om te laat aanneem en jy wil nie jou kind he nie, hoekom dan nie aborteer nie hoewel ek sien dit ook as moord

Anna ·

Dis so hartseer ek bid vir die babatjie en so ook vir die mamma ek kken nie haar omstandig hede hoekom sy dit gedoen het nie en ek mag nie oordeel ek bid dat Jesus haar sal red en vir die prag baba sal voorsien in alle behoeftes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.