Pasgebore baba verlate in bosse gevind

Argieffoto

’n Pasgebore babadogtertjie is verlate in ’n bos in KwaZulu-Natal aangetref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die baba is Donderdagmiddag langs Roystonweg in Mountainrise in Pietermaritzburg aangetref.

Volgens hom is die paramedici deur die polisie se soek-en-reddingspan na die toneel ontbied.

“Toe hulle by die toneel opdaag, het die polisie die pasgebore baba aan hulle oorhandig. Sover ons wete strek, is die baba daar aangetref,” het Meiring gesê.

Dit is nie in dié stadium bekend wie presies die baba daar opgemerk het nie.

Paramedici het die baba ondersoek en vasgestel dat sy geen ernstige beserings het nie, maar wel ’n baie lae liggaamstemperatuur.

“Die baba is onmiddellik warm gemaak en na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling,” het Meiring gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Word wakker ·

Dit raak nou ‘n weeklikse, soms daaglikse gebeurtenis . kan daar nie asb maar net ‘punte’ opgestel word vir mense om hulle babas te drop nie .. hoekom in ‘n veld of in ‘n drein of asdrom ?? WAAR IS DIE WONDERLIKE MAATSKAPLIKE DIENSTE NOU?? JA die ma is sleg . maar julle moet erens begin help ..Stel ONTVANGSPUNTE erens op by maatskaplike dienste se kantore of polisiekantore of WAAR OOKAL sodat hierdie kinders darem net veilig ‘gedrop’ kan word . nou moet hulle in ‘n veld probeer oorleef op ‘n koue nag … WORD WAKKER . .. dit gaan erger word. dit gaan nie stop nie …

Hartseer ·

Hoe doen iemand dit? Sal nie eens ñ hond langs die pad los nie, wat nog van so kleine mensie wat vir 9 maande binne jou gevorm het, wat jy gevoel skop het?????

Gaan my verstand heeltemal te bowe dat iemand so koud en gevoelloos kan wees, as jy nie die mensie kan hou nie, vat haar eerder na iemand wat wel kan toesien dat sy liefde en ñ kans op hierdie lewe het……..

Dit breek my hart in 1000 stukke, wat gaan aan met ons mensdom?

Liezl ·

Hartseer….ek stem saam. Dis dubbeld en dwars hartseer verby!!!! Ek verstaan dit glad nie. Ek gaan my naam opsit by al wat ‘n hospitaal is en sê hulle moet my bel as daar weer ‘n baba kom, ek klim op die eerste vlug en ek kom haal haar of hom. Ons het ‘n grooooot huis sonder kinderstemmetjies. Sal wat wil gee. Daardie ‘mamma’ het die baba daar gelos. Ek wonder hoe slaap sy? Hoe gaan sy aan? Sy het nog die tekens van swangerskap aan haar lyf. Hoe doen jy so iets aan jou eie vlees en bloed. Sou jy wou hê dit moet met jou gebeur? Het jy vir 9 maande weggekruip? Waar is jou vriende en familie, met wie het jy gepraat?

Chelle ·

Daar is inderdaad sulke “drop-points” waar pasgeborenes gelaat kan word(deur ouers wat weens verskeie redes nie kans sien om die kind te hou nie). Maar daar is duidelik nie genoeg van dit nie.
Ook geensins nie genoeg Maatskaplike Werkers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.