Pasgebore baba verlate in Durban gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore babatjie is in ʼn vullissak in bosse in Durban, KwaZulu-Natal gevind.

“Paramedici het die babatjie dood verklaar in Riversiderylaan in ʼn gegoede woonbuurt in Durban,” het Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, gesê. “Voetgangers het die baba in ʼn bos naby die pad gevind. Die naelstring was nog nie afgeknip nie.”

Die baba het ongelukkig geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

George ·

Dit mag veskriklik klink maar soms dink ek dit is genade om nie deur so ‘n slegte ma groot gemaak te word.

Asjas ·

Sover stem ek met albei kommentare saam. Spyker op die kop geslaan!

Eliza-beth ·

HOE? HOE ky mens dit reg om so-iets te doen? Liewe hemel daar is skuilings en plekke waar mens die baba kan gaan afgee, hoekom hom of haar net soos ‘n ou gebruikte lap weggooi? Ek weet nie hoe leef jy met jou gewete saam nie.

Rina Kotze ·

Baie hartseer! Indien die baba bly lewe het, en betyds behind is, kon ‘n kinderlose egpaar die kind aangeneem het wat mooi sou kyk na die kind.
Ten Minste is die baba nou op ‘n baie beter Plek!
Is die kind nie dalk ontvoer nie?

elize els ·

Ek weet ni hoe kan mense kids weggooi of mishandel ni sjoe dis erg maar GOD slaap. Ni dis so verkeerd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.