Pasgebore baba verlate in KZN gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore babaseuntjie is Woensdagoggend in ʼn stegie in Kerkstraat in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gevind.

“Plaaslike owerhede het paramedici omstreeks 06:45 na die toneel ontbied,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die seuntjie was in ʼn kombers toegedraai in ʼn stegie. Hy het nie enige beserings opgedoen nie, maar het tekens van geringe verkluiming getoon.”

Die baba is behandel voor hy na die Northdale-hospitaal geneem is vir dringende behandeling.

Plaaslike owerhede het met ER24-paramedici by die hospitaal vergader vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

hulle moet kyk of daar ink onder sy voetjies is. die mense wil die babas he bloot om die kinder toelaag te eis. hoekom adverteer hospitale en klinieke nie dat hulle gratis sterilisasie kan dien nie. dit help dalk om die avalanche weggooi babas hok te slaan.

Asjas ·

En sommer ‘n wet inbring dat jy elke jaar moet bewys dat jy wel nog daai kind het! Maar soos jy noem, hulle doen dit vir die toelaag. Kan net dink watse lewe die arme kind gaan ly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.