Pasgebore baba verlate in veld gevind

babavoetijes.jpg

Argieffoto

ʼn 21-jarige ma sal Maandag in die landdroshof in Christiana in Noordwes verskyn op aanklag van poging tot moord en kinderverwaarlosing.

“Volgens inligting is die babaseuntjie op 22 Desember gebore en die vrou is op Oukersdag omstreeks 15:00 uit die hospitaal ontslaan,” het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die ouma het die polisie Donderdagaand omstreeks 22:00 gebel om aan te meld dat die drie dae oue babatjie vermis word. “Die polisie het die ma ondervra en sy het beamptes na ʼn oop stuk veld geneem waar die babatjie verlate aangetref is. Hy het tussen bosse gelê en het net ʼn babadoek aangehad.”

Die baba is na ʼn hospitaal geneem. Hy het geen sigbare beserings gehad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tinka ·

Ek sal so vrou iets aan doen! !! Mens gooi nie kindertjies weg wat die Here vir jou gee nie!! Mag jynooit weer geseën word nie.

Mila van Rooyen ·

Ek stem saam dat sy n baie stupid fout gemaak het . Sjoe maar dink jy egter om so negatiewe ding te spreek soos mag jy nooit weer geseen word nie is iets wat God sou wou he jy moes se ?

Alet Viljoen ·

Ek hoop sy is toegesluit daar is so baie mense wat n baba begeer so gooi haar kind weg nie eers n hond doen dit nie skandelik.

Renier ·

Ek is van mening dat die natuurlike instink van ‘n Moeder genoeg is om die tiepe optrede te verhoed, kyk na enige dier in die veld! M.a.w. Haar toestand vir my duidelik, ook dat sy bang was vir finansiële druk om die kind groot te maak! Kan nie glo dat dit sosiale aanvaarding geniet “toestand” sy in was? Nie my eerste om van so iets te hoor en ook selfs te kon gesien het, sleg!

Mariska ·

Stem met jou 100% saam. Gooi dit sommer in die drink water!

Pauline ·

Ons weet nie wat haar toestand is nie sy mag moontlik post partum psigose het sulke vrouens is gewoonlik n groot gevaar vir hul babas.

Erika Lee ·

So tragies. Watse kans het die kind om in n ” normale” huis op te groei??

Hester ·

Wat van die baba wat uit n put toilet gered is? Sal die kind ooit gesond grootword en wat is die kanse dat hulle net weer sal rondslaap en swanger word? 100% !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.