
Argieffoto
ʼn 21-jarige ma sal Maandag in die landdroshof in Christiana in Noordwes verskyn op aanklag van poging tot moord en kinderverwaarlosing.
“Volgens inligting is die babaseuntjie op 22 Desember gebore en die vrou is op Oukersdag omstreeks 15:00 uit die hospitaal ontslaan,” het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die ouma het die polisie Donderdagaand omstreeks 22:00 gebel om aan te meld dat die drie dae oue babatjie vermis word. “Die polisie het die ma ondervra en sy het beamptes na ʼn oop stuk veld geneem waar die babatjie verlate aangetref is. Hy het tussen bosse gelê en het net ʼn babadoek aangehad.”
Die baba is na ʼn hospitaal geneem. Hy het geen sigbare beserings gehad nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Wat se ma doen sulke dinge ???
Ek sal so vrou iets aan doen! !! Mens gooi nie kindertjies weg wat die Here vir jou gee nie!! Mag jynooit weer geseën word nie.
Ek hoop sy is toegesluit daar is so baie mense wat n baba begeer so gooi haar kind weg nie eers n hond doen dit nie skandelik.
Stem met jou 100% saam. Gooi dit sommer in die drink water!
Ons weet nie wat haar toestand is nie sy mag moontlik post partum psigose het sulke vrouens is gewoonlik n groot gevaar vir hul babas.