Pasgebore babadogtertjie uit drein gered

Foto: Dynamic Emergency Medical Services

Paramedici van Oos-Londen in die Oos-Kaap moes Donderdagoggend 45 minute lank spook om ʼn pasgebore babadogtertjie uit ‘n drein te red.

Dynamic Emergency Medical Services (Dems) is omstreeks 07:00 na die kantoor van Hartwig & Henderson in Quigney ontbied, nadat personeel op die baba afgekom het. Sy is in ‘n plastieksak in die drein gestort.

“Een van die werkers het die baba uit die sak gehaal, en haar in ʼn baadjie toegedraai en warm gehou,” skryf Dems op sy Facebook-blad.

“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het die babatjie abnormaal asemgehaal en haar pols het kort daarna gestop. Beamptes het vir 45 minute lank noodhulp op die baba toegepas totdat haar pols teruggekeer het.”

Die baba is na die Life St Dominic’s-hospitaal geneem waar sy gestabiliseer is, waarna sy na die neonatale eenheid in die Frere-hospitaal oorgeplaas is vir verdere behandeling en waarneming.

Opvolg: Babadogtertjie sterf na sy uit drein gered word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mollie ·

Ek hoop dat die ma wat hierdie baba net so in ‘n plastieksak gedruk en in ‘n drein afgesmyt het asof dit ‘n stukkie vuilgoed was, opgespoor sal word. Ek bid dat geregtigheid in so ‘n mate sal geskied dat hierdie ma nooit weer die voorreg sal kan hê om die sonskyn te sien op kom nie, sluit haar toe in ‘n donker, yskoue sel, want dis wat sy verdien. Mag die Hemelse Vader hierdie kleintjie genadig wees deur hom aan liefdevolle ouers toe te vertrou wat hom/haar al die liefde, lag en lojaliteit in die lewe sal skenk. En mag die Hemelse Vader dit net gee dat hierdie kindjie nooit die waarheid sal hoor oor wat met hom/haar gebeur het met geboorte nie, want hierdie nuus sal so ‘n pragtige lewetjie breek en ruineer. Ek wens mense wil dink voor hulle ‘n oomblik van plesier betree, ek wens hulle wil twee keer dink voor hulle van ‘n kindjie ontslae probeer raak en ek wens dit vir geen kind toe om deur so iets te gaan nie. Dit breek my hart en aan die Ma – (Jys een siek, siek, siek individu, mense soos jy moet uit ons samelewing verwyder word)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.