Pasgebore babaseun in veld gelos

Paramedici by die baba. Foto: ER24

Paramedici by die baba. Foto: ER24

ʼn Pasgebore babaseun is Woensdag in ʼn stuk veld in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gevind.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het ʼn voetganger op die baba aan die onderkant van ʼn wal afgekom en die polisie ontbied. Die baba was met ʼn kombers toegegooi.

“Die baba was skaars ʼn paar ure oud en hy was koud. Hy het geen sigbare beserings gehad nie. Paramedici het dadelik begin om hom warm te maak.”

Die baba is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

“Na wat vasgestel kon word, is die baba ʼn paar meter gelos van waar hy gebore is. Hy weeg net onder 3 kg.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cindy ·

Dit breek my hart!
Wat ek nie sal doen om n baba te kan he nie en dan maak vrouens so! Waar God nie is nie, is nie Liefde nie! Siek wereld!

DPJ ·

Nie eers diere maak so met hulle kleintjies nie wat nog van mense!

Yolande ·

My hele binnegoed pyn nou van hartseer. Wens ek kon daardie babatjie nou vashou en uit my hart uit liefhe. Geen mens verdien hierdie verwerping nie

jean marie ·

ek kan dit nie verstaan nie…
wens ek kan dai klyn lyfie liefde en drukkies en sommer net styf vas hou gee… maak my woedend om sulke goed te lees..

chantelle ·

As mense nie wil kinders he nie,laat maak jou reg,dai kleintjie het nie gevra om daar te wees nie,man,om hulle so vir dood agter te laat is pateties!!!hulle moet dit n wet maak om sulke mense te laat regmaak!!!genoeg is genoeg

Liewe Heksie ·

JOJO siek man siek Ek het n voorstel as jy werkloos is laat maak jou reg as jy normale gesin 2 kinders as jy meer as normaal pay kry kyk om jou rond en help Maar in die geval skiet haar dood moet nie dat sy ly nie SIEK VROUMENS

Theresa B ·

Ek stem met julle saam. En die ergste is dat hierdie klein mensies nie gevra het om in hierdie wrede wêreld te wees nie. Die kindertjies moet altyd boet vir die grootmense se dinge. Dis is mos nie reg nie?!

viky ·

Kan ANC. Nie n huis op elke dorp sit vir moeders wat kinders wil weggooi nie. Laat sy hom of haar net aflaai daar. En dit stil hou

Gesiggie ·

Yolandie ek stem saam jou… dit is hartverskeurend”’ soveel mense smag na n ou kindjie… maar die wat n kind nie verdien… los sommer n kind in die veld” As die Ma dan nie die kind wou gehad het nie? hoekom nie al lankal plan gemaak vir aanneming of ander uitweg gevind” hoekom wag tot op einde en dan die kind net so los”’ dit breek my hart” Sy is nie werd om n Ma genoem te word”’ Ek hoop die Baba kry n goeie huis en baie liefde…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.