Pasgebore babaseuntjie in plastieksak gevind

Argieffoto

ʼn Pasgebore babaseuntjie is Maandagoggend in ʼn plastieksak in Berea, Johannesburg, gevind. Hy was in ʼn kritieke toestand.

“Paramedici van ER24 het op die toneel in Joe Slovo-rylaan afgekom, waar provinsiale nooddienste reeds besig was om die kind te ondersoek,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. Die seuntjie was in ʼn kritieke toestand. “Hy is na Johannesburg-hospitaal geneem vir dringende behandeling.”

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

MissDemeanor ·

Ag enige iets is mootlik w. Seker ook dat dit die produk kon wees van kinder verkragting. Wie weet?

Jaco ·

Dis jammer dat die mense (ma’s) nie van die gratis dienste van gesinsbeplanning by klinieke of van Mary Stopes gebruikmaak nie. Dan hoef sulke gruwelikhefe nie te gebeur nie.

Vryheid ·

Baie baie tragies, wat het van die mensdom geword onskuldige kind net weg te gooi. Die groot probleem in Afrika geen respek vir lewe.

MissDemeanor ·

Jammer dat mense (pa’s) nie van gratis kondome gebruik maak nie.

MissDemeanor ·

Ag ou vryheid. Dis n probleem met die hele wereld. Onthou jy nie waarom ons voorouers weg is uit Europa nie. Daar was maar net so min respek vir lewe toe die Katolieke en Protestante mekaar getakel het…so moenie te erg vasklou aan die “goeie ou dae” nie.

G ·

Hoe iemand so harteloos kan wees, gaan my verstand te bowe. Wat die gratis gesinsbeplanningsdienste aanbetref, kan ek nogal verstaan hoekom baie maar eerder verkies om kanse te waag. Ek het eenkeer 8 ure by ‘n kliniek gesit en wag net sodat my 6 weke oue baba haar inentings kon kry. As ek nie gekla het omdat hul eers nog ‘n paar agter my eers wou help nie, sou ek nog langer daar gesit het. Dit het hul 15 minute gevat om net ‘n lêer uit ‘n rakkie uit te haal wat 2 treë van hulle af gestaan het (oor hul dit gesels-gesels staan en doen). Plaas die regering van plekke soos Dischem en Clicks gebruik maak om hul te help om inentings te gee. Dan is die klinieke se werkslas laer, en baba’s word minder blootgestel aan kieme wat broei by die bedompige klinieke van hul.

André ·

God sien alles en die ouer/ouers sal eendag voor Hom moet verantwoording doen. Ek glo God se hart is baie seer as hy sien wat die mensdom in sy skepping doen.

Kwaaitjie ·

Maak my so kwaad en so hartseer. Soveel mense wat smag na ‘n kind en dan is daar sulke dinge wat gebeur. Ek hoop hierdie babatjie kry ‘n goeie huis waar hy baie liefde sal ontvang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.