Pasgebore babatjie lewend in plastieksak gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Baba is lewend aangetref in ʼn plastieksak in die Vrystaat.

“ʼn Vrou van Namahadi het Dinsdagoggend omstreeks 06:30 haar asblik gaan uitgooi toe sy skielik iets in ʼn plastieksak sien beweeg,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het ondersoek ingestel en op die pasgebore baba afgekom. Die baba se naelstring was nie afgesny nie.”

Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied en die baba is na die Mafube-distrikshospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die ma en/of die persoon wat verantwoordelik is hiervoor is nog onbekend,” het Mophiring gesê. “Die polisie ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing en poging tot moord.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om lt. Master Motsoeneng te skakel by 079 889 6096.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lettie ·

Skokkend .. arme babatjie .. mens se hart raak net so seer want hul vra nie om daar te wees nie.
Nie eens ń dier doen dit aan haar eie nie.

elizabeth ·

bly iemand het die baba gevind en dat hy/sy ‘n kans het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.