Pasgebore tweeling in puttoilet gevind

Argieffoto: SAPD

Die Limpopo-polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte nadat ʼn vrou Sondag in ʼn puttoilet lewe aan ʼn tweeling geskenk en glo die babas daar gelos het.

Kapt. Mohlaka Mashiane, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in die GaMolepo-nedersetting van Mountainview naby Turfloop plaasgevind.

“Die vrou het na bewering in die puttoilet lewe aan twee seuntjies gegee. Die polisie se soek-en-reddingseenheid is ontbied om die babas uit die toilet te haal,” het Mashiane gesê.

Een van die babas kon gered word, die ander baba is op die toneel dood verklaar.

Die ma en die baba wat gered is, is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“Lede van die gemeenskap word aangemoedig om professionele hulp te soek vir enige huishoudelike probleem en nie van onmenslike metodes gebruik te maak om probleme op te los nie,” het Mashiane bygevoeg.

Die Mankweng-polisie ondersoek die saak. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Asdrom ·

Dit is nou ‘n weeklikse gebeurtenis .. niemand gee regtig meer om nie .. ‘n beriggie in die koerante en more lees ons weer daarvan. Mense glo mos nie in GESINSBEPLANNING nie , hulle wil nie voorgese word wat hulle moet doen nie .. so ja . verbaas my glad nie meer nie, ook nie enige simpatie nie .. Ons is ook vrouens, ons het voorbehoeding gebruik en seker gemaak ons hoef nie ons kinders in ‘n asdrom te gooi nie, daar is nie ALTYD ‘n sielkundige probleem of armoede nie, dit is plein hardkoppigheid.

Riette ·

DIT IS HOEKOM DIE DOODETRAF MOET TERUGKOM!!!
GEEEEEN MENS VERAL
ONSKULDIGE KINDERS,OUMENSE, ENIGIEMAND FOR THAT MATTER MOET VERDER NET VERMOOR EN GEMARTEL WORD NIE.
DAN IS DAAR OOK MEER PLEK IN DIE TRONKE VIR DIE ANDER MISDADIGERS.

Theresa B ·

Tipies. Dis aan die orde van die dag nou. Hulle voel ‘n veer vir enige iemand en enige iets.

Elle ·

Moenie so vinnig oordeel sonder dat jul die feite het nie. Ja, natuurlik vind ek dit absoluut skokkend om te hoor en lees van kinders in puttoilette! Maar glo dit of nie, nie almal het toegang tot voorbehoeding nie. Nie almal het ‘n ondersteuningsisteem nie. Niemand sal weet wat daai Ma sover gedryf het dat sy eerder haar kinders in puttoilet sou sien as elders nie. Ons mense moet leer uitreik na ander wat minder het as ons ipv. oordeel.

Hester ·

GRATIS VOORBEHOEDMIDDELS , VROULIKE KONDOME IS KLINIEKE BESKIKBAAR. AS DIT IETS ANDERS WAS, VERKRAGTIG WAS IS DAAR OOK IETS WAT JY KAN GEBRUIK BINNE 72 UUR . THE MORNING AFTER PILL. DIT MAAK NET SIN!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.