Pasgetroudes in huis doodgeskok

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

City Power in Johannesburg het Maandag ’n dringende ondersoek gelas na die dood van ’n pasgetroude paartjie in hul huis in Crosby naby Mayfair.

Zaheer Sarang (28) en sy vrou, Nabeelah Khan (24), het vermoedelik doodgeskok. Hul liggame is Sondag omstreeks 17:30 in die stort van hul huis aangetref. Die paartjie is maar twee weke gelede getroud.

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê daar word vermoed dat Sarang en Khan doodgeskok het hoewel die polisie nog wag op die uitslae van ’n nadoodse ondersoek om die presiese oorsaak van hul dood te bepaal.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het intussen gesê Mongezi Ntsokolo, die uitvoerende hoof van die kragverskaffer, het ’n span aangesê om dringend ondersoek in te stel na bewerings dat die egpaar weens ’n foutiewe kragkabel doodgeskok het.

Daar word beweer dat die stukkende verbinding toegeskryf kan word aan ’n probleem met ander onwettige verbindings in die omgewing.

Mangena sê die span is sedert vanoggend besig met ’n voorlopige ondersoek om die probleem te bepaal en meer besonderhede sal later bekend bekend gemaak word.

“Terwyl ons besig is met ondersoeke, doen ons ’n beroep op inwoners om nie met elektrisiteitsinfrastruktuur te peuter nie aangesien vandalisme en onwettige verbindings daartoe kan lei dat die stroombaan onklaar raak,” het Mangena gesê.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

CJSH ·

Warmwatertoestel (Geyser) wat nie reg geaard (earthed) is nie.

Anoniem ·

Baie maklik indien die kragnetwerk na die gebou nie behoorlik gegrond is nie en onwettige krag koppeling plaasgevind het, die gebou beskik dus nie oor ‘n geldige elektriese sertifikaat nie. Ek sê nie dit het hier gebeur nie, maar dit is wel ‘n moontlikheid en sal seker in die ondersoek uitkom.

Michael ·

Baie maklik. As die kragdraad aan die stort gekoppel is, kan dit gebeur.

Francois Le Cochon ·

Elektrisiteit het 3 pole. Positief, Negatief en Aarde. Die Aarde draad word aan die metaal water pype van die huis verbind om sodoende ‘n verbinding met die aarde te maak, asook aan ‘n koperstaaf wat in die grond ingeslaan word. ‘n Geyser se element “corrode” na tyd, en veroorsaak dan ‘n kortsluiting wat dan krag na die aarde (en pype) lek. Die “Earth Leakage Switch (ELS)” of die geyser se “Trip Switch” sal dan “trip” vir beveiliging. Dit is algemeen dat mense die “tripswitch” vasplak of vasbind, en sodoende word die pype permanent ge-elektrifiseer. As die ELS foutief is, sal dieselfde gebeur. Toets gereeld jou “ELS”, dit is die een met die knoppie wat jy kan druk. As die “ELS” reg werk, sal jou krag afgaan as jy die knoppie druk. Moet nooit ‘n geyser se tripswitch terug aansit as hy getrip het nie, sonder om eers te kyk of die element nie ge-corrode is nie,

sopbeen ·

As jy die warmwater oop draai voor jy inklim voel jy niks, maar sodra jy aan die warmwaterkraan raak terwyl jy onder die lopende water staan en die geyser is nie reg ge-earth nie shock hy jou.

Dawie ·

Dit kan ook wel gebeur wanneer die munisipaliteit aan die krag werk en nooit die grond draad terug op sit nie. Het al gehoor ook van n persoon wat so dood geskok is en na vereder ondersoek was een van die krag kabels buite die persoon se huis herstel, maar die se gronddraad wat na die huise en grond toe gaan nooit terug gesit nie.

LD ·

Ons het voorheen in ñ woonstel gewoon wat die stort se kraan jou ook so ligte plukkie gee as jy binne staan en aan hom vat…. Dis baie scary! Waar ons nou woon is dit weer die bad se kraan wat af en toe so maak, maar hy “kielie” mens net. En dis ook net vir my en die kinders, my man sê hy voel niks…..

sopbeen ·

En as jy ‘n seer plekkie aan jou lyf het soos ‘n skraap of iets dan voel jy dit juis daarso kriewel. Dan hou ek eerder varkienaweek en bad/stort by die huis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.