Pasiënt (83) dood, bestuurder geskors

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van gesondheid in Limpopo het die bestuurder van ’n hospitaal geskors ná die dood van ʼn 83-jarige pasiënt weens beweerde nalatigheid.

Die departement het in ʼn verklaring gesê dit het met afgryse verneem van die afsterwe van die bejaarde pasiënt by die Elim-hospitaal weens derdegraadse brandwonde.

“Die departement het ʼn span aangestel om die omstandighede rondom hierdie vermeende voorval van nalatigheid te ondersoek,” het die departement in ʼn verklaring gesê. Die departement voer aan die bedryfsbestuurder moes geskors word omdat hy primêr verantwoordelik is vir die welstand en veiligheid van al die pasiënte in die hospitaal.

Die departement het bygevoeg almal wat by die beweerde nalatigheid betrokke was, sal verantwoordbaar gehou word.

Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, sal die familie van die oorledene Vrydag besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Alida ·

Skors die hele spul. Dit help nie om net een mens weg te jaag nie. Al die hospitale is deurtrek met onbevoegde personeel wat nie die nodige integriteit het en geen behoorlike opleiding ontvang het nie.

Joubert ·

Ek stem saam!! Die hele spul is onbevoeg en dit was net ‘n tydbom wat nou gebars het. Gaan met al die staatsinstellings gebeur en het al – kyk maar vir SAL om maar een ander voorbeeld te noem. Ook munisipaliteite, ens ens ens…………………… skole…………………… en so gaan ons aan…

lulu ·

Sê mos dit gaan lankal nie meer oor hulp aan jou medemens nie dit gaan oor geld en as jy nog n wit pasient is is dit klaar tickets met jou

Ano ·

Het eergister die ergste gelees wat jy jou kan indink. So ‘n ruk terug was daar ‘n geval van ‘n persoon se wonde wat “maggots” ingekry het omdat dit nie versorg was nie. In ‘n media berig het die verantwoordelike verpleegpersoneel hullese;f verdedig en gese die “filing was nie gedoen nie en hulle kon nie die papiere kry wat vir jou wys hoe om wonde te versorg nie”

Erika ·

Afgryslik….kan nie waag om siek te word nie…weet nie wat met jou in hospitale kan gebeur nie. Waarheen?????

Johan ·

Skors beteken vol salaris en alle voordele ingesluit…Fire hulle voor die voet en stel mense aan wat gekwalifiseer is

Johannes van Staden ·

Ooooohhhh helll nou kom die wurms meer uit …SA is nou in n GROOT gemors ! Niks werk reg nie , mense steel en moor en nou gaan die nog dood wat versorg moet word …hoe laag kan ons nog daal !

Alida ·

En dit is alles die ANC se skuld. Rampokkers. Kom ons ondersteun die DA en Afriforum. Die DA leier is minstens n geleerde man en spog nie met st 3 nie. Ek weet almal gooi klippe na die DA maar alles sal regkom. En moet nou nie weer se hy gee niks om vir die wittes nie hy het genoeg verstand om na ALMAL om te sien. Die ondersoeke en vervolgings het so pas begin. Hulle en Afriforum is dik vir die chaos en stelery. Glo my.

Jem ·

Hoogtyd dat die skuldiges vasgetrek word. Dis absoluut nalatigheid. Mense wat in diens geneem is en nie hulle werk wil doen nie. Dit is te lekker omoeg net te sit en wag vir jou geld elke maand.

Irene Myburgh ·

Ek wonder maar net. Hier wil hulle nou die bestuurder van die hospitaal skors. Die ander geval van die amper 100 pasiente wat oorlede is wat na NGO gestuur is gaan hulle die minister van gesondheid aankla. My vraag nou met al die aanvalle soos die een en die plaas aanvalle kan hulle nie die Minister van veiligheid ook aankla van moord nie. Ek meen hy moet mos die land beveilig vir die landsburgers.

Driaan ·

Hierdie klink eerder soos ‘n heksejag. ‘n Bedryfshoof skors wat in ‘n kantoor sit en hoofsaaklike admin werk behartig.
Wat van die persone wat direk betrokke was en verantwoordelik was vir die toesig en oorsiening van die pasiënt?
So maklik om te sê iemand is geskors en dan te dink die probleem is opgelos.

REAList ·

Is hulle dalk bang vir ‘n ondersoek.
Dis maar die gewone toesmeerdery.
Die personeel sal wel toy-toy as een van hulle opgeskroef word.
Wat van al die babas wat doodgaan in ons hospitale.
O, en in die Oos-Kaap doen hulle tans dieselfde met pasiënte om hulle uit te skuif.
Mag ek nooit in ‘n staatshospitaal op geneem word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.