Pasiënt dam dokters, pasiënt met mes by

Die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley. (Foto: die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal/Facebook)

Twee dokters en ’n pasiënt is die afgelope naweek by ’n hospitaal in Kimberley in die Noord-Kaap met ’n mes gesteek.

Die vermeende aanvaller was self ’n pasiënt by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal.

Kapt. Tessa Jansen, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is Vrydag omstreeks 20:30 na die hospitaal ontbied nadat ’n manspasiënt twee dokters en ’n vrouepasiënt met ’n mes bygedam het.

Die voorval het luidens berigte in die ongevalle-eenheid van die hospitaal plaasgevind.

Volgens Times Live is die dokters in die arm gesteek.

Die vermeende aanvaller is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking in die hospitaal gehou totdat hy genoegsaam herstel het om ontslaan te word.

Jansen sê hy sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Kimberley verskyn op drie aanklagte van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swerwer ·

Hy moes summier in ‘n sel gegooi gewees het. Hierdie sirkus word net al hoe groter en groter en Hoed swyg soos die graf.

Zombie ·

Waarvan moes hy genoegsaam herstel het om ontslaan te word? Dronkenskap?

Linda ·

Dit is baie skokkend dat mediese personeel in vrees moet lewens probeer red. Hier was in Rustenburg laasweek ook ‘n geval waar ‘n pasiënt ‘n verpleegster ernstig aangerand het binne in die hospitaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.