Pasiënt dood ná watertekort by hospitaal

Ivan Gerber is vandeesmaand in die Robert Mangaliso Sobukwe-staatshospitaal in Kimberley dood. (Foto: Verskaf)

’n Pa van Gansbaai eis antwoorde nadat sy seun vandeesmaand in die Robert Mangaliso Sobukwe-staatshospitaal in Kimberley dood is – glo omdat dié hospitaal vir drie dae sonder water was.

Volgens Johan Gerber moes sy seun Ivan (36) op 15 April ’n opvolgoperasie ondergaan om sy buik skoon te maak nadat sy blindederm, wat glo heeltemal vrot was, op 14 April by dié hospitaal verwyder is. Ivan het in Kuruman gewoon en gewerk. Die operasie moes egter vir drie dae uitgestel word omdat die hospitaal nie water gehad het nie. Gerber glo dit is dié vertraging wat sy seun se lewe gekos het.

“Ek het die hospitaal elke dag gebel om te hoor wat aangaan. Hulle het gesê dat hulle nie kan opereer nie, want daar is nie water nie.”

Ivan is uiteindelik op 18 April – op sy 36ste verjaardag – geopereer nadat die watertoevoer herstel is.

“Ek het Sondagaand (18 April) ná die operasie telefonies met ’n dokter gepraat wat gesê het dat my seun baie siek is. Hy het ’n ernstige infeksie en geperforeerde kolon gehad,” het Gerber gesê. “Hy is ses dae later dood.”

“Niemand kan vir my antwoorde gee nie. Hoekom is hy nie na ’n ander hospitaal wat wel water gehad het, oorgeplaas om geopereer te word nie?” het Gerber gevra.

Hy is oortuig dat die uitstel van die operasie die infeksie en eindelik Ivan se dood tot gevolg gehad het.

“Ek glo ook dat hulle die probleem met sy kolon vroegtydig sou opgetel het indien hy al op 15 April geopereer was.”

Gerber oorweeg regstappe teen die hospitaal en wag tans vir afskrifte van sy seun se mediese rekords.

Dit blyk dat watertekorte nie net by dié hospitaal ’n probleem is nie, maar reg oor Kimberley.

Volgens Ian Smit, voorsitter van die AfriForum-tak in Kimberley, sit die stad met ’n “reuseprobleem”.

“Die waterinfrastruktuur word nie onderhou of bestuur nie,” het Smit gesê.

Volgens hom het die probleem ook oor die afgelope twee maande drasties vererger.

“Dit het ’n groot impak op nie net hospitale nie, maar ook ouetehuise en skole.”

Hy sê onder meer dat waterpype vrot is en gedurig bars en dat die watertoevoer gereeld afgesny word om herstelwerk te doen.

“Daar is byna nie ’n straat in Kimberley waarin daar nie water afvloei nie,” het Smit gesê.

Volgens hom sukkel die Sol Plaatjie-munisipaliteit ook om reservoirs vol te hou.

“Verder is die kontrakteurs wat die munisipaliteit aanstel om herstelwerk te doen onkundig. Die AfriForum-tak het onlangs met die munisipaliteit vergader om ander oplossings te bespreek. Ek kan sien dat hulle ook baie bekommerd is oor die waterprobleme,” het Smit gesê.

Volgens Wynand Boshoff, VF Plus-leier in die Noord-Kaap, is die munisipaliteit boonop in ’n ernstige finansiële krisis gedompel en lyk die vooruitsigte vir herstelwerk en onderhoud aan die waterinfrastruktuur bleek.

“Die uiteinde is dat enigeen wat vandag betroubare watervoorsiening in Kimberley wil hê, liewer self ’n tenk moet opsit en volmaak wanneer die water vloei. Soos altyd ly armes die ergste, want hulle kan dit nie bekostig nie,” het Boshoff gesê.

Maroela Media het Maandag navrae aan die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal gerig, maar die bestuur het nog nie geantwoord nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Misky ·

Dit is vreeslik hartseer en sterkte aan die familie. Kry dalk ‘n tweede opinie ook en daai hospitaal gaan nie eerlik en oop kaarte speel en die ware mediese verslag gee nie

Jr ·

Kla die regering aan vir ” MOORD” want dis wat dit is. Niks anderste. Afriforum sal help. Hulle is ysters

Tanja ·

anc julle is seker baie trots op diè wonderlike nuwe SA ????????

Phil ·

Kyk as dit met my kind gebeur het sleep ek hulle hof toe tot daai hospitaal bankrot is. Dan vat ek die regering aan. Medelye daar, dit was net onnodig

Anoniem ·

Ek wonder of die dom afduimer op jou sinvolle kommentaar by die hospitaal werk?

Darkwing Duck ·

Dagvaar die hospitaal en die minister van gesondheid. Staatshospitale is in totale chaos, en gange word net skoongemaak as hulle weet Mkize kom kuier. Absoluute pateties.

Korrelkop ·

Maar ons het hierdie munisipale probleme al voor ’94 sien kom. Inwoners sal maar reg in eie hande moet neem en noodgedwonge beheer van die stadsraad oorneem

Monique ·

Dis presies soos Louis Trichardt. Almal moes tanks op sit. ANders sit hulle weke sonder water

isabelle ·

Gaan so rof in n klein dorpie Sundra….water is daar nie

Anthony ·

Indien dit moontlik is natuurlik mense, as jy na hospitaal toe verwys word met n naam soos Robert Mangaliso Sobukwe, Steve Bhiko, Solomon Mahlangu, Kalafong ens. Probeer maar veby hou. EK moes vir n prosedure gaan en was na Kalafong toe verwys gelukkig niks ernstig gewees nie dank Vader…..ek’t by die deur omgedraai. Jammer vir jou loss Johan, ek glo dit was buite jou beheer.

Antoinette ·

Jammer om te hoor van julle verlies. Maar dagvaar die hospitaal vir nalatigheid. Sal nie jou seun terugbring nie maar ek glo hul moet verantwoordelik gehou word vir hulle dade. Ons is ook besig met n hofsaak teen n hospitaal vir nalatigheid.

Fran ·

Jy kan niks vir hierdie onbeholpe regering gee nie. Hulle vernietig ALLES! Menselewens, diere, infrastruktuur, omgewing, ALLES!

Mariana ·

Hy is maar een van vele wat sterf as gevolg van nalatigheid by hospitale. Dagvaar hospitaal en dan munisipaliteit en regering. Simpatie en sterkte.

Agge nee ·

Daarom sê ek, ons sal net pap eet klere dra tot hulle heeltemal op is, vakansies minder maak, nooit weer uiteet nie, minder ry en meer stap, maar my mediese fonds opgee? NOOIT!!!! Die staatshospitale gee nie ‘n flenter om nie, Hoe meer van ons doodgaan, hoe beter.

Madz ·

Dis BITTER swak dat mense met hul lewens moet betaal vir ‘n korrupte, onbevoegde en selfverrykende regering! Ek weet dit is geen troos nie maar julle moet weet: Julle gaan eendag voor die Groot Regter moet rekenskap gee en geen omkoopgeld, toutjies trekery of “gesags-posisie” gaan jou hier laat wegkom nie!

Hoekom ·

Die kommunistiese ANC wil hê die staat moet alles beheer maar alles wat hulle beheer funksioneer nie. Hulle soek net geld…

Genis ·

En so verval als onder korrupsie, wanbesteding en self-verryking… en die staat kom daarmee weg, asook die Munisipale Betsuur… Dis moord!

N ·

‘n witmens in n staats hospitaal is soos jou skoonma by n braai, mens weet sys daar maar vermy haar ten alle koste.

isabelle ·

Bittere pil om te sluk en niks kan hom weer trug bring nie My innige simpatie
ek lewe letterlik maand tot maand met n gesukkel maar MEDIES BETAAL EK dan nog belasting wat mens eers arm maak maar my medies moet ek betaal want kyk hoe gaan dit ……HARTSEER

Robert ·

In blindederm is ‘n nood toestand, hulle moes hom onmiddelik oorgeplaas het na ‘n hospitaal met water. Niks anders as moord nie. Ek sou almal verbonde aankla van moord en vele ander aanklagtes.

Loeloe ·

Hoekom het die hospitaal nie water tenks nie? Of is dit ook afgeroes? Baie hospitale het hul eie reservoirs

Annelize ·

Ja, net weereens ‘n bewys, dat waar die ANC se hand aan die bewind is, alles ten gronde gaan…

Deon ·

Die corona virus is van so aard nou dat daar gemurmereer word dat as jy positief vir die virus getoets het en in die publiek rond beweeg, bv werk toe gaan dan kan jy van moord aangekla word want jy weet wat die gevolge sou wees… Selfde storie met vigs. In beide gevalle is dit “indirek”…… So, die persoon of persone direk verantwoordelik vir die sg water probleem is indirek skuldig aan hierdie persoon se dood..Innige simpatie aan sy gesin, familie en vriende

Noels244 ·

Ek sal daai plek met my kaal hande afbreek van woede, ‘n mens se lewe is deesdae minder werd as ‘n opgefrommelde stukkie papier. Daar sal net skouers opgetrek word daaroor.

Adri ·

Dit gaan in elke dorp in die land soos in Kimberley. Onbevoegdheid en willoosheid lei tot groot ellendes en soos hier, selfs die dood. Ons land sterf ‘n stadige en pynlike dood en die einde kan nou nie meer ver wees nie. Wat dan?

Nella ·

Net een vraag: Het Suid-Afrika ooit sulke probleme gehad voor 1994?

Erika ·

Dit is gevolg van vanbestuur onbevoegtheid Korrupsie In die land -“Mense” wat eerder belangstel in Mag /Status /Geld wat selfs hulle eie mense sal saboteer om aan bo punt van leer te klim… of Gunsies vir Gunsie doen agteraf om “Job ‘ te kry
Die Eed wat Die Medici afle is Glad boonop nie meer ter sprake nie…..

Windpompi ·

Hoe funksioneer ‘n hospitaal sonder water? Dus word niemand gewas of niks skoon gemaak nie. Hoe lyk die skottelgoed nou al? Om nie van instrumente te praat wat gewas moet word voordat dit deur ‘n proses gesteriliseer moet word nie. Niemand kan bad/stort of tande borsel nie. Geen oppervlaktes word gewas nie en wat drink die pasiënte as daar nie water is vir kosmaak, drink of in koffie of tee nie? Riool is seker ‘n hool!

4ntj13 ·

Die hospitaal is reeds bankrot. Ek sou ook voorstel dat die bestuur siviel aangevat moet word vir vergoeding. Hoog tyd stadsbesture en hospitaalbesture begin besef wat is dit om verantwoordelik op te tree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.