Pasiënt in hospitaal vermoor

hospitaal

Argieffoto: Erkan Utu/Pexels.com

ʼn 41-jarige pasiënt is Woensdag in die vroeë oggendure in die provinsiale hospitaal in Stellenbosch vermoor.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 01:24 plaasgevind.

“Die manspasiënt is in een van die sale ontdek en daar word vermoed hy is verwurg,” het Traut gesê. Hy wou nie bevestig of daar enige waarheid steek in berigte dat die man se liggaam onder een van die beddens aangetref is nie.

Traut het bevestig dat die polisie ʼn saak van moord ondersoek.

Megan Sonnenberg, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar gesê die departement kan nie veel inligting bekend maak nie aangesien die ondersoek nog aan die gang is.

Volgens Sonnenberg is die man se familie reeds in kennis gestel van sy dood. Sy het namens die departement haar medelye met die familie betuig.

“Die saak is na forensiese dienste verwys om ʼn nadoodse ondersoek te doen om die oorsaak van sy dood vas te stel,” het sy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Skokkend ·

JANEE terwyl kinders in SKOLE vermoor word en mense in HOSPITALE vermoor word en in TRONKE, is die fokus steeds op GRONDONTEIENING sonder vergoeding .. nerens word daar stappe teen die ander oortreders geneem nie . NEE NEE kom ons fokus op die WIT BOER . voordat hy Australie toe trek!!

Magaretha van heerden ·

Hoekom kan die naam nie bekend gemaak word nie? Alles is so vaag. Kom ons hou op om dinge weg te steek. Die familie is reeds in kennis gestel en dit is gewoonlik die rede vir die verswyging van gegewens

Pop ·

Stel groot skadevergoeding in teen die hospitaal. Sal nie die man help nie maar hopenlik keer dat dit weer gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.