Die departement van gesondheid in die Oos-Kaap het sy skok te kenne gegee nadat ʼn pasiënt Donderdag glo van die vyfde verdieping van die Livingstone-hospitaal in Gqeberha (Port Elizabeth) gespring en hom doodgeval het.
Volgens Mkhululi Ndamase, woordvoerder van Nomakhosazana Meth, LUR van gesondheid in die Oos-Kaap, het die 38-jarige pasiënt sonder enige waarskuwing uit die venster van ʼn algemene saal gespring.
“Volgens die verpleegsters aan diens het die oorledene na bewering ʼn urienmetaalhouer geneem, na die venster gehardloop en die venster met dié houer gebreek,” sê Ndamase.
“Die pasiënt het uit die gebreekte venster gespring. Hy is op slag dood.”
Amptenare, onder wie die polisie, is onmiddellik na die toneel ontbied.
“Die familie van die oorledene is kort ná die voorval daaroor in kennis gestel.”
Die LUR het die voorval as skokkend en betreurenswaardig beskryf.
“Dit het almal by die hospitaal en departement geskok. Ons het gehoop die man sou herstel sodat hy met sy familie herenig kan word,” het Meth gesê.
Sy het ook haar innige medelye met die oorledene se familie en vriende betuig.
Sielkundige ondersteuning is gereël vir die personeel en pasiënte wat die voorval sien gebeur het.
Sjoe meskien het die man net opgegee met die haglike toestande in die hospitaal en besluit om maar eerder te spring.
Ek het een aand in ‘n staatshospitaal deurgebring. Ek sou die ou nie kwalik neem nie.
Die wit olifant hospitaal het baie plek vir sielsiekes.
Wens die parlement wil sy voorbeeld volg
Glo my ek sal dit ook doen as ek opeindig in ‘n staats hospitaal! Dis die grootste trauma waardeur jy iemand kan sit