Pasiënt weke lank sonder kos en water in akademiese hospitaal

Steve Biko- akademiese hospitaal (Foto: ANA)

ʼn Pasiënt by die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria is amper twee weke lank sonder kos of water gelaat terwyl hy gewag het om geopereer te word.

Die VF Plus het die afgelope Woensdag by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria ingegryp ná ʼn pasiënt byna tien dae lank sonder kos of water moes wag vir ʼn noodsaaklike operasie.

Luidens ʼn verklaring van die VF Plus is dié jong manspasiënt op 2 Oktober in die hospitaal opgeneem nadat hy sy arm gebreek het en ʼn operasie moes ondergaan om sy arm weer aan te heg. “Die operasie is daagliks uitgestel weens ʼn oorvol teater. Die pasiënt se arm het begin verkleur en die persoon het erge pyn verduur,” het Phillip van Staden, VF Plus-woordvoerder van gesondheid, gesê.

Die pasiënt se gebreekte arm verlede week voor die operasie (Foto: Verskaf)

Die pasiënt was na bewering twee dae voor hy by die Steve Biko-hospitaal opgeneem is, in die Ga-Rankuwa-hospitaal opgeneem waar hy ook geen behandeling ontvang het nie.

Die VF Plus het verlede Woensdag tydens ’n sitting van die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid eerstehands van die pasiënt se skokkende ervaring by dié hospitaal gehoor.

“Ons het omstreeks 09:15 van die voorval te hore gekom en dadelik die voorsitter van die portefeuljekomitee, die Gautengse LUR vir gesondheid asook die Gautengse departement van gesondheid oor die voorval ingelig. Teen 10:39 is die pasiënt reeds na die teater geneem vir die operasie,” sê Van Staden.

Van Staden sê wanadministrasie en wanbestuur in die openbare gesondheidsorg moet met wortel en tak uitgeroei word.

Die VF Plus voel hierdie enkele voorval laat opnuut die kollig val op die geweldige krisis wat in openbare gesondheid in Suid-Afrika heers. “Dié voorval ondersteun ook die VF Plus se standpunt oor gesondheidsorg wat net verder in die afgrond gedryf gaan word onder ʼn program soos die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) wat die regering op alle Suid-Afrikaners wil afdwing,” sê Van Staden.

Van Staden het aan Maroela Media gesê die pasiënt is Vrydagmiddag ontslaan en sterk goed aan by die huis.

Maroela Media wag vir die hospitaal se woordvoerder om die voorval te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

Leon ·

Ek sit op my vingers, om nie te tik wat ek wil sê nie!!!!!!!!!

JJ ·

Dis amper onmoontlik om niks te sê nie!
Dis nie gesondheid sorg nie dis ongetwyfeld ‘n gemors. Sit ure en dae en wag en wag en dan kry jy ongeskikte behandeling en Ponado’ s.

karen ·

so iets. … die gesegde “as jy nie iets goeds het om te sê nie…. “

Karolina Pool ·

VF plus moet aandag gee aan die feit dat ons plattelandse dorpe soos Keimoes en Kakamas deesdae sonder hospitaal is. .Keimoes se teater bestaan nie meer en Kakamas sn is toegemaak. Geen operasies nou al vir seker 10 jaar.
Almal moet Upington toe.
Wat gebeur as vrou begin kraam in Kakamas en sy moet nood keiser kry… 90km na Upington en ma en kind sterf.
Nee wat dis 2019 maar ons dorpe is vasgevang in donkereeu sonder hospitale. Dis net die name wat vir n eye blind daar is.

Magda ·

Wonder of Ramaphosa / en self die Minister van gesondheid ook gebruik van Staats hospitale – Nee ons belasitn geld word gebruik vir die beste en duurste medies vir hulle wat dit GLAD nie verdien nie. SHAME ON YOU SOUTH AFRICA – SHAME ON YOU

Sharmane ·

Suid Afrika was nog NOOIT in so slegte toestand nie. Dit is waarom ek se ons kort n nuwe regering beslis

Bees ·

En steeds kry oortreders in die tronk beter behandeling as mense in die hospitale en ouetehuise.

Jerry B ·

Stem saam met julle ander. Ek sal te skaam kry om vir salaris te vra. Pateties is nie die woord nie. The Land of Attitude

Johann de Beer ·

Ek stem 100% saam. Die misdadigers in oranje oorpakke wag nie in toue om ‘n dr te sien of medikasie nie. Hierdie revering is korrup en met hierdie soort diens sal die land nooit herstel nie.

JJ ·

Dis een van honderde.
My broer is van sy fiets afgery deur motor wat rooi robot verontagsaam het. Hy het week lank op die vloer in hulle ongevalle gelê en is eers opgeneem en behandel na ons die Hoof van die administrasie oorreed het. Daar is goeie mense wat daar werk maar baie van die verpleegkundiges is traag en het no care houding. Die dokters is oorwerk en van hulle is nog besig met studies.
Ek kan nie dink dat dit so agteruit gaan nie. Daar is so baie stories oor gevalle van growwe nalatigheid en onodige moedswillige nie lus om te help mentaliteit.
Dis jammer dat die een hospitaal wat soveel minder gegoede mense wat nie mediese fondse kan bekostig so agteruit gaan. Daar is nie meer die passie nie dis net nog ‘n werk.

Oujongvrou ·

Dit sal help as mense die hospitale begin hof toe vat. Maak sake mense, kry compensation vir die pyn en lyding en soms dood van geliefdes.

JV ·

NVG gaan niks verander nie, net dat dit n groter gemors gaan wees.

Lorrainne van Heerden ·

Ek wag ook al 2 jaar vir my “nood operasie” wat nog nie gebeur het nie. Intussen het ek pyn en kry nie eers n afspraak by die neuroloog wat my gesien en ontslaan het nie. Ek was op ‘n spoed-teater waglys geplaas en ek wag tot vandag toe!

Koos Kookwater ·

Mense Ek werk y n hospitale in die Noord Kaap. Hierdie is net een oortjie van n groot trop seekoeie

E.K. die eerste ·

Liewe hemel waar is die familie en vriend tog? Kan iemand dan nie tog vir hul eie mense ietsie neem nie? Ek weet dis nie hul plig maar as jy darem sien ‘n vriend van jou krepeer DOEN iets en kla dan die verdampte spul aan maar moenie dat die arme mense ly terwyl hy/sy wag nie! Heng hierdie is …ek het nie byvoeglike naamwoorde nie. Absoluut skokkend

Anoniem ·

Ek gaan ook niks se want se ek iets kry ek ook n boete of tronkstraf. Gelukkig kan hulle nie my gedagtes lees nie.

Kootjie ·

Jip!! Ons Wittes gaan nog baie baie meer he om oor te kla!! Hulle like ons niks en ons het alles wat ons gehad het……. prysgegee!!! Vir niks! Dis ons !

Spook op thaba ·

@SeMaarNet. Nee jy het dit verkeerd. Hulle het hulle eie hospitale gehad. In n noodgeval is hulle gehelp en dan oorgeplaas

VanAfrika ·

SêMaarNet, waar val jy uit die bus uit, miskien moet jy ophou SêMaarnet. Hierdie mense het wêreld klas medies gekry by staatshospitale. Ons Gesondheids stelsel was van eerste gehalte, so ook ons skool opleiding, ons SAA, ons polisie, ons weermag. Ek weet nie waar jy aan jou opinie kom nie. En blanke dokters het almal behandel en hulle het mekaar afgelos vir etes en tee tye, nie soos vandag moet jy sit en wag tot die dokters hul kers ete eers klaar eet voordat daar na noodgevalle gekyk word. Dit het met my ma gebeur by een hospital. Volgende hospitaal het ek haar ongevalle toe gejaag in n ambulans en toe ons daar kom moes sy in die ry staan by dag tot dag pasiente. Ek het die ongevalle dokter gevra om eerste na te kyk want sy was n ongeval, die ongeskikte suster het my gevra of ek dink my ma is is belangriker as dag tot dag pasiente, ek sê ja, wat verstaan jy dan nie van n ongeval nie. So veel so het my ma weer n stroke daar voor hulle gekry en toe ek eers histeries begin skreeu toe kom die dokter toe aangehardloop, sy is die volgende dag oorlede omdat hulle nie vinniger opgetree het nie. Sal hulle altyd blameer dat hulle haar dood veroorsaak het. Dink jy dieselfde was aan hulle gedoen? Dink weer!!!

Therese van Schalkwyk ·

Dit is mense soos “SêMaarNet” wat die post-Apartheid generasie in Suid-Afrika vergiftig met leuens.
Genugtig, asof die land dít ook nog, bo-op al die ander probleme, kan bekostig.
‘n Skoolopleiding wat lei tot hierdie wanvoorstellings faal die land en sy toekoms.

Frank ·

Semaarnet kan se maar nie lees nie neh. die Baragwanath hospitaal was gedurende apartheid gebou vir die nie-blankes, 100% met blanke befondsing en dokters en verpleegsters en was een van die grootste en beste hospitale in die suidelike halfrond daardie tyd. Daar was trouens ook honderde en selfs duisende ander dinge soos skole en en en vir hulle gebou en tot vandag toe kon die swart regering nog nie eens naastenby soveel bou vir hulle eie mense as wat die slegte blankes in die slegte apartheid gedoen het nie.

Anni ·

NVG gaan dit ook nie beter maak!! Dit gaan weer oor velkleur.

Johhnie ·

Niks kan verander nie. Jy het dit of jy het dit nie. Die beste is sorg vir jouself. You cant keep a good man down. !!!!!!!!!!!!!!!!!!

humor ·

Lorreinne wees baie dankbaar,, groot genade dat jy nie opgeneem is nie. Bly weg daar, dit kan jou lewe kos.

Telaat ·

Life Isodomeni, wat 148 mense onnodig laat sterf het, wys wat die regering vir gesondheid voel. Hoekom sal dit nou verander ?

Judge Dredd ·

NGV gaan nie publieke gesondheidsorg verbeter – gaan slegs privaat gesondheidsorg versleg. En die wat nog ‘n redelike mate van medies wil he sal nog meer moet betaal – dalk na Singapoer toe moet gaan.

M ·

My kollega se ma moes 5 dae wag, ook elke dag uitgestel en sonder kos. Sy is ‘n diabeet.

Johan ·

Die openbare gesondheidsdienste is uiters siek. Nou wil die Regering die private deel wat funksioneel is, oorneem. Dit sal binne enkele jare dieselfde wees…..

Gansie ·

As die “slimkoppe” die NVG wil instel in die toestand wat die hospitale is, moet alle Ministers, Adjunk-ministers en hul families eerste die “nuwe” medies gebruik. Hulle kan die proefkonyne wees vir so 5 jaar, dan kyk ons of dit werk, maar nee hulle gaan oorsee vir behandeling, hul vertrou nie hul eie goed wat hul instel nie.

ZET ·

Vieslike hospitaal daardie. Die 5 maande wat my broer daar gele het kan ek
nagmerrie stories vertel. Die personeel is arrogant, onbeskof en lui. Dit was
een groot baklei elke dag net om die basiese behandeling vir hom te kry.

Lizelda ·

@Zet, my pa was in November 2013 daar en selfs op sy laaste het hulle hom met baie respek en empatie behandel. My seun was daar Desember 2014 en hy praat net met lof van Steve Bhiko. Dalk het dinge drasties afdraande pad geloop sedert dien, ek weet nie, maar in ons geval? Ja, die personeel is nie vriendelik nie maar met die pasiente self het my seun gese was hulle baie gaaf en selfs grappe gemaak met hom. Ek het een aand op Carte Blanche n episode gekyk om te sien hoe oorwerk daardie personeel is en ja 2 wrongs dont make a right maar dalk van daar die onbeskofdheid. En dalk nie lui nie, dalk net regtig oorwerk. En dit is die Dept v Gesondheid se skuld.

D B ·

Die foto van die hospitaal in die berig som alles in die land mooi op…

pieter ·

Die enigste manier om die gesondheids sorg uit te sorteer, is om alle parlementslede te dwing om uitsluitlik van staats hospitale gebruik te maak. van presedent tot gewone LP’s.

Dankbaar ·

Baie dankie VF+ julle is klein maar doen baie!!! Dink net as daar meer van julle was….

J Deer ·

Kom os begin ons eie hospitale ook bou en te onderhou net soos ons eie Universiteite waarmee Sol en VF+ besig is…. As ons nie vir onself sorg nie, wie gaan?

tw ·

Ek stem, dit sal fantasties wees as ons n hospitaal kan bou en onderhou. Dink net, n skoon higieniese gebou waar mense eitlik gesond gedokter word sonder vrese vir watse goggas in n mens se sisteem kan beland wat jou dood kan veroorsaak nie. Ek is bereid om n maandelikse bydrae te maak vir so n projek

Ras ·

Ek gaan nou seker gekruisig word, maar dit gaan nie oor ras nie. Dit maak nie saak watter ras jy is nie, ons regering voel net niks vir jou nie. Ek dink ons almal moet net terugstaan en mooi dink wat ons se voor ons iets se. Jy weet, woorde is soos tandepasta uit ‘n buisie, as dit eers uit is kan jy dit nie terug druk nie. Jammer vir die pasiente wat so sukkel, my ma was self ‘n pasient van ‘n “gekwalifiseerde” spesialis na ‘n motor ongeluk, wat na ‘n week wat hy haar laas gesien het nie eers geweet het wie sy is nie

mini ·

ek het vir my ma wat 78 jaar is n basiese mediese fonds gekry wat mense help oor 70…..vir 622.00 per maand , my sus betaal 354… sy is 55jaar… jy kan na goeie dr toe gaan … en hul betaal

sweis ·

Ons kan skree en ons tonge afbyt maar sonder n onafhanklike tuisland is die ons voorland net baie erger soos die tyd aangaan.

Lindtjies ·

Ek het al gehoor van staatshospitale wat jy jou eie linne en kos moet saamvat Maar die kans is groot dat die onbevoegde personeel nog jou kos ook gaan opvreet.

Roelof Gouws ·

mini as dit moontlik is stuur vir my daardie mediese fonds nr. Sal dit baie waardeer.

Die ander kant ·

Dis jammer dat mens altyd net van die gagga voorvalle hoor, en nooit die goeie gevalle ook nie. :(

My skoonma het vir amper 2x maande in Steve Biko se ICU gelê; voor haar liggaam ongelukkig net nie meer kon nie. In daai twee maande het sy FANTASTIESE diens ontvang; tot op die bitter einde. Uitstekende mediese diens van al die dokters en spesialiste, sowel as die verpleegkundiges, wat 24/7 na haar moes omsien waar sy plat op haar rug gelê het.

Selfs die innige simpatie, saam-hartseer, bemoediging en diens i.t.v papier werk wat ons ontvang het NA sy oorlede is, is hoe ek Steve Biko sal onthou; in die tyd wat hulle my skoonma hulle beste gegee het.

Dankie Steve Biko en almal wat betrokke was.

Lizelda ·

Dankie aan @die ander kant. Soos reeds genoem in my vorige kommentaar was ons ervaring by Steve Bhiko ook net baie goed.

Hans ·

Tragies dat pasiënte so moet ly by ‘n hospitaal-en dit ‘n akademiese hospitaal.

Yvonne Lubbe ·

Ek wil net ‘n lansie breek vir Stevo Biko hospitaal.

My man was van 2015 ‘n pasient by Steve Biko. Het kolon kanker gehad, die gewas is verwyder, het ‘n hartaanval gehad en toe ‘n stent ontvang.

Hy was in ongevalle opgeneem, was in ICU, in hoe sorg, verskillende departemente.

Het fantastiese behandeling ontvang, miskien was ons net baie gelukkig! Het hom met groot respek en empatie behandel.

Hy het elke dag kos ontvang, soms net wonderlike kos, maar het elke dag kos gekry.

Ek het nog nooit iemand op die grond, in die gange gesien le, wat nie gehelp was nie.

Steve Biko en al die personeel baie baie dankie vir julle hulp, dit word opreg waardeer!

Ongelukkig is my man September oorlede, maar ek weet Steve Biko se personeel het alles gedoen wat hulle kon en dit het ons R 210-00 gekos vir operasies wat ons R 500 000-00 sou gekos het!

Zumie ·

Dagvaar die hospitaal …. al hoe sekeres luister as hulle sak in die slag bly

Annetjie ·

Ek is vandag n baie hartseer persoon oor die afsterwe van my tweeling suster,na patetiese behandeling wat sy ontvang het by STEVE BIKO HOSPITAAL.Sy was n hele twee weke daar en toetse en toetse is kamstig op haar gedoen om vas te stel wat haar makeer,sy was soos n balloon geswel. 19de September is sy huis toegestuur toe die kamstige dokter haar huis toe gestuur het met die boodskap’JY’S TE VET,GAAN HUISTOE’, wat n vernedering vir n vrou van 61jaar. Sy was werklik siek. Agv van hul nalatigheid is my suster oorlede op die 22ste September . Hoop die dokter wat dit vir haar gese het nie rus vir haar siel,sy sal ook siek word en ek hoop en bid dat sy ook so verneder sal word. Word hul so opgelei om ons siek mense te help,hoeko kies hul die beroep as hul dit nie regtig wil doen nie. SIES MAN, Ons hospitale is besig om te versleg en van sy dokters ook.

Jakes ·

Daar is goeie dokters en verpleegsters in meeste staatshospitale maar ongelukkig is dit die uitsondering tot die reel. Hospitale is deesdae n gevaar vir die samelewing. Die plekke is vuil en besmet met allerlei kieme. Die algemene standaard van verpleging is pateties. Die geval in hierdie berig is die oortjies van die seekoei. My raad aan mense is om eerder jou vriend of familie te vra om jou arm te spalk of om jou blindederm te verwyder. Jou kanse op herstel is soveel beter.

JohanR ·

Darem dankbaar dat die man nie sy arm verloor het nie. Dit kon die geval gewees het as die VFPlus nie ingegryp het nie. Gaan enigeiets gebeur met die wat vir die man se ellende verantwordelik was, of is dit maar net nog ‘n Life Esidimeni tragedie? En die NGV kom nog. Wees bang, wees baie bang!!!

chan ·

Ek was Desember 2018 daar en het baie goeie diens gekry was in saal 6 skoon en vriendelike diens.

Trots Afrikaans ·

Daar moet ‘n wet wees dat staatsamptenare, insluitend enige raadslid, minister of president, mag slegs van staatshospitale gebruik maak.

Alida ·

Riller verhale maar sy familie en vriende het darem seker kos em water gevat. Na 2 weke is n persoon totaal en al ontwater.

Heksie ·

My oom van 70 vir 2 weke al in daai garra hospitaal in Garankuwa – word behandel soos ‘n dier, toe hy val in die toilet moes hy vir 2 ure so bly le en sy geroep om hulp val op dowe ore!

Melanie ·

My blindederm het 2 jaar terug gebars in Nylstroom en ons het deurgejaag Pta Akademies toe net om te hoor ek moes wag en die dr ( n wit vrou) het my nogal toegesnou om te se :”wie se dis jou blindederm” Nadat ons dr hier (Nylstroom) my per brief gestuur het vir n nood operasie. ek was bang vir die hosp by ons want ons hoor kort kort hoe sterf die mense daar.. Nietemin, Pta Akademies het my eers op die vloer in erge pyn laat le en vir n hele nag voor daar vir my plan gemaak is. toe het n swart dr gese dat dit nood is en ek onmiddelik gehelp sal word, is ek toe uiteindelik geopereer.. Die swart dokter het my lewe gered.. Sy het my gevra hoe is dit dat ek nog lewe? my hele liggaam was vergiftig en volgens haar het n Engel my beskerm.. Staatshospitale help nie meer omdat ons mense is nie.. hul werk soos meeste net vir die geld…

Ilze ·

So gaan dit nou orals. My ma het saterdag n oordosis pille gedrink en is Tswhane toe vervoer. Liewe genade ek het haar gaan uithaal en huistoe gebring want niemand vra eers iets net. Loop net heen en weer verby die pasiente. Ek gaan liewers op die sypadjie dood as om daar te wees. En waarom word daar iets gedoen die oomblik as n party optree??

Rina ·

Semaarnet jy is verkeerd.. Ek het voor ANC se oorname in n hospitaal gewerk as sekretaresse… matrones was streng . Personeel op hul tone. Pasiente was gehelp . Hospitale was netjies…….

Pieter ·

Weet nie hoekom kla almal so nie dit is ons eie skuld ons blankes moes lankal saam gestaan het en standpunt in geneem het en vir dia ANC sirkus gese het genoeg is nou genoeg ons belasting geld is goed genoeg maar vir die res is ons nie goed genoeg nie hulle maak met ons net wat hulle wil want ons laat dit toe so hou op kla

Realis ·

@ Rina. Ek stem 100% saam met jou! Sê maar net praat strooi! Die Baragwanath Hospitaal was daai jare uitstekend toegerus en ook die grootste hospitaal in die Suidelike Halfrond. Die pasiënte het uitstekende behandeling ontvang. Die hospitaal was super skoon en diens puik.

Jessica ·

Same hospital i’m talking about no food, she only got a slice of dry bread, and a two day lady’s body in the bed, that’s shocking and disgusting, said the lady kept calling for help and my sister kept calling for help to say this lady is in pain, no one bothered to come, just kept saying we coming now, well now is to late and 3 day’s dead in the bed, WTF.

STEVE BIKO BAD.

Humbug ·

Hallo realiteit. Dis almal Se voorland met national health. Skryende skande!!!!!!

Foxi ·

Ek is mal oor riller rolprente, maar hierdie soort rillers van ons staatshospitale gee my regtig die jitters.

Christa ·

Niks snaaks nie, kyk wies in beheer. Hulle is nie die outydse verpleegsters nie. Daai tyd was dissepline n vereiste en diens was puik.

hercu ·

Steve Bhiko Hosp is ‘n riller!!!! en so ook die res van die ANC

“Genadelose mense maak planne teen goeie mense en snuffel rond soos diere, maar die Here lag en weet dat hul tyd binnekort aanbreek. Die goddelose gebruik swaarde en skiet pyle om armes en behoeftiges en almal wat reg doen, dood te maak. Maar hulle sal doodgemaak word deur hul eie swaarde, en hulle pyle sal gebreek word. Dit is beter om reg te leef en arm te wees as om sondig en ryk te wees. Die goddelose sal al hul krag verloor, maar die Here gee krag aan elkeen wat goed is “-  Ps 37:12 Die Bybel

Woedend ·

Die verplieërs ..eet die pasiënte se kos. Hulle voel vere vir die pasiënte.

Smiley ·

Laat my dink aan daai boek Animal farm. Ek sal my maar liewers ihou , ons kan tog nie veel meer as dit verwag nie.

Alida ·

My pa van 77 was ook in en uit by Steve Biko gedurende 2013 en 2014. Personeel was ongeskik, ongeduldig en sug as jy hulle iets vra. Nie dat hul mens in elk geval kon antwoord nie…dis nou nadat jy geduldig gewag het dat die groepie agter die toonbank eers klaar gelag en geklets het….en een dan uiteindelik met n sug en rollende oe so geforseerd vir jou vra “yeeees can I help you?”. Ek het hom een keer 10 uur ingevat….hy het bloed gekort…het kolonkanker gehad en so bloed verloor. Na hy eers vir ure regop moes sit tussen ander pasiente wat so sit sit bloed kry het daar uiteindelik n bed oopgegaan om te kon le. Niemand kon ons se waar is die bestelde bloed nie, hoe lank nog? Het uiteindelik 12 uur die nag daar opgedaag. As ek al die stories so lees was ons eintlik supervinnig gehelp. Ag ek kan nog klomp goed vertel wat met ons gebeur het in daardie tyd. Dankie tog ek bly in New Zealand. Noudat albei my ouers nie meer daar is nie sien SA my nooit weer nie. Na wat ek hier gewoond is was dit ontrent vir my n nagmerrie ondervinding. Sterkte en simpatie vir almal wat nog daar is. My hart huil. :-(

Dankbaar ·

Alida, jy haal die woorde so uit my mond uit. Ons gesin is oneindig dankbaar dat ons nooit weer daardie hool sal sien nie.

Bamsie ·

Ek het in die ou bedeling inspeksies by die staats hospitale gedoen. Dit was skoon en funksioneel. !!! En nou gaan hierdie regering wat als tot in die grond in bestuur het ook nou ons gesondheidsorg vernietig.

Magda ·

Karl Bremer provinsiale hospitaal in Bellville is verseker nog een van die min baie goeie provinsiale hospitale in die land. Ek salueer hulle!

Julie Jansen van Rensburg ·

Uittreksel van ‘n artikel waaroor ek beskik… ongelukkig TE lank om alles hier te pos:
Die grootste hospitaal in die wêreld, Baragwanath, met 3200 beddens, en tydens die hoogtepunt tydens Apartheid, byna 8000 staflede gehad; 23 operasie teaters wat met die mees moderne mediese toerusting wat in die wêreld bestaan het, toegerus. Swartes is hier behandel, is geopereer … teen volle staatsonkoste vir onbeperkte tyd deur blanke belastingbetalers gefinansieër. Die begroting vir hierdie hospitaal was – en is steeds hoër as die jaarlikse begroting van meeste klein ledestate van die Verenigde Volkere.
Die St John’s oogkliniek is reg langs Baragwanath. Die kliniek was wêreldbekend vir die behandeling van Glaucoma, katarakte, traumatise oogbeserings en rare tropiese siektes.
In 1978 het Baragwanath 450 mediese dokters voltyds in diens gehad. Dit het 112 000 in-pasiënte, en 1.62 miljoen buitepasiënte jaarliks behandel. Die kinder en baba sterfte syfer was 34.8 per 1000 as in Harlem, Nieu York.
In 1982 alleen het hierdie hospital 898 hart-operasies van wêreldgehalte uitgevoer.
Ironies genoeg … 90% van die bloedskenkers het hulle bloed vryelike vir swartes gegee – om lewens te red. (Op 2 April 2087 deur TheCitizen aangehaal).
Wittes het reeds hulle bloed vir swartes gegee. Wat meer wil hulle hê?
HIERDIE INLIGTING IS REEDS LANK GENOEG STIL GEHOU…

A Mac ·

Meeste van ons het of ons weet van iemand wat slegte mediese diens ontvang het, hetsy by ‘n staatsinstelling of privaat. Ons kla en kerm onder mekaar en op sosiale media maar hoeveel van ons het meer moeite gedoen en die geval onder mense wat ‘n verskil kan maak se aandag gebring? Hoe meer van ons wat slegte diens ervaar het of tans ervaar dit onder daardie mense wat kan help se aandag kan bring, hoe gouer sal die regering besef daar is ‘n probleem. Op die stadium kry die regering inligting van sy eie mense dat alles goed gaan terwyl dit op grondvlak in heelwat gevalle nie so is nie. En op grondvlak gaan dit sleg maar ons kerm en kla onder mekaar en op facebook en die plekke omdat ons dink dis te veel moeite om harder alarm te maak.

Eugene ·

Ek het gedurende 2018 in Steve Beko beland en dae lank daar gelê sonder kos of water. Na die vierde dag tydens besoektyd het ek ontsnap uit daardie HOOL.
Die behandeling wat ek daar gekry het, is n absolute skande.

Mariana ·

Kom ons praat oor Mediese Fondse. My man is op 27 Julie 2019 as n noodgeval in privaathospitaal opgeneem. Aortaklep 95% verstop. POLMED het toetse toegelaat, maar tot vandag wag ons vir toestemming vjr die operasie. Sal graag van ander POLMED lede wil hoor wat soortgelyke probleme ervaar.

Nettie ·

Twee weke lank sonder kos of water???

Uhm, nee – ek vind dié een net so bíétjie te dik vir ‘n daalder …… Hoe oorleef enige mens 2 weke sonder kos of water? Dis nou, behalwe as jy in intraveneuse of gastriese voeding kry nie. En het die ou nie ‘n stem, selfoon of familie/gesinslede gehad wat daartoe kon lei dat hy kon kla/skree/skel of hulp ontbied of vir hom kos en water kon bring nie?

Nee, dié klink vir my na goedkoop “jumping-on-the-band-wagon”-politiekery deur die VF+.

Ana ·

Ou CR kan nie wag vir die medies nie! Pasop hy kom nog vir jou pensioen ook.

Michael P ·

Magda ek stem saam jou oor die Karl Bremer Die een op Hermanus in die Weskaap is ook nie sleg nie

Attie. ·

Netnou gekla oor duur dokters en fondse. Nou kla almal oor Steve Biko. Ons Afrikaner ras hou van kletsies oor gesondheid. Elkeen het ‘n beter storie. Sien ‘n slag die lekker sonskyn raak, gratis. Dit help niemand as almal altyd kla nie. Party mense wil nie goedkoper pille drink nie al is dit dieselfde as die duur pille. Kom ons sit ‘n slag ‘n ander bril op, sommer ‘n generiese bril wat net so goed sien as die duur brille.

Frank ·

Hmmm. ek is 100% doof en was besig om blind te word agv katarak. Online, orals probeer om R17000 in te samel vir net een operasie op een oog, wagtyd gewoonlik baie lank by staatshospitaal. raai raai, nie SENT by enigiemand, selfs familie of vriende of mense met geld wat ek baie lank ken of enige Christene gekry nie.

Leratong hospitaal, geborg deur onder andere Islamic Medical Circle en met veskeie Indier dokters wat bo en behalwe hulle eie praktyke diens doen by Leratong, het my ingedruk en binne 2 weke geopereer by Leratong (laas vrydag) om die katarak te verwyder en die diens was orals baie goed, gegewe die aantal pasiente wat in dubbele rye staan of sit.

My punt is, kla kla kla en oordeel is maklik maar hand in eie boesem steek, die DAAD by die geloof voeg en iets erens vir iemand beteken, nope, Nie veel anders as die worry oor niks en niemand anders behalwe ekself sindroom waaroor gekla word nie neh.

Lizelle ·

Ek wil ook graag noem dat alle staats hospitale nie onder dieselfde kam geskeer kan word nie. My man het onlangs (2 weke terug) ‘n acdf (nek operasie) by Helen Joseph ondergaan, die spesialis en sy span in die neuro chirurgie departement is fantastiese, uitstekende dokters en so ook die neuro afdeling. Fantastiese personeel, beleefd, hulpvaardig en baie vriendelik. My man was baie goed versorg.. Die ICU gedeelte het die nuutste tegnologie met goed opgeleide personeel. Selfs die kos was lekker.
Ja die kliniek gedeelte is stadig en die mense nie baie vriendelik nie, maar die hospitaal gedeelte is sowaar ‘n ander storie. En ek kan nie genoeg dankie sê vir wat hulle sover al vir ons gedoen het nie en hoe baie hulle my man al gehelp het om sy pyn te verlig nie.
Soos dit nou lyk moet my man heel moontlik oor ‘n maand terug gaan vir ‘n 2de operasie en ons weet ons hoef nie te sug of bang te wees nie. Ons weet hy sal weer fantastiese sorg ontvang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.