Pasiënte wag maande vir skanderings by Gauteng-staatshospitale

Steve Biko- akademiese hospitaal (Foto: ANA)

Pasiënte by staatshospitale in Gauteng moet tot nege maande vir MRI-skanderings wag aangesien vier van die agt MRI-masjiene in die provinsie buite werking is.

Jack Bloom, die DA se skadu-LUR vir gesondheid in die provinsie, het Sondag gesê Bandile Masuku, LUR vir gesondheid in Gauteng, het dié inligting in ʼn geskrewe antwoord op ʼn vraag van Bloom bekendgemaak.

Volgens Bloom het die Chris Hani Baragwanath- en George Mukhari-hospitaal elkeen twee MRI-masjiene, maar moet dié twee hospitale met net een masjien elk regkom, aangesien die ander een buite werking is. Die MRI-masjien by die Helen Joseph-hospitaal is al sedert Maart vanjaar stukkend, en Steve Biko se MRI-masjien het ʼn maand gelede ook die gees gegee.

Die Kalafong-hospitaal het ʼn werkende MRI-masjien, terwyl die MRI-masjien by Charlotte die Maxeke-hospitaal wel werk, maar baie oud is en dringend vervang moet word.

Bloom sê die grootste krisis is by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal waar 607 pasiënte al vir nege maande wag om ʼn MRI-skandering te ondergaan.

By Charlotte Maxeke wag 761 pasiënte al vir sewe maande; by George Mukhari wag 298 volwassenes en 120 kinders al tussen twee en drie maande vir ʼn skandering; by Helen Joseph wag 120 pasiënte op ʼn MRI-skandering; by Kalafong wag tussen 40 en 50 pasiënte al vir tussen vyf dae en twee weke; en by Steve Biko-hospitaal wag 200 pasiënte al tussen twee en vier maande vir ʼn skandering.

MRI-skanderings is ʼn noodsaaklike diagnostiese hulpmiddel in moderne medisyne, maar die masjiene wat buite werking is en lang waglyste veroorsaak langer lyding vir pasiënte en selfs lewensbedreigende vertragings in behandeling, veral vir kankerpasiënte. “Vinnige herstel en aankoop van nuwe toerusting is noodsaaklik vir die doeltreffende funksionering van hospitale,” sê Bloom.

“Masjiene wat gereeld buite werking staan is nog ʼn aspek wat kommer laat ontstaan oor die regering se vermoë om sy ambisieuse Nasionale Gesondheidsversekering-planne te implementeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Wurmpie ·

En as almal dieselfede medies het hoe lank gaan ons dan wag

Ronnie ·

Ek dink met nuwe toevoeging in Mediese bedryf nl. Tradisionele genesers behoort dit voor die wind te gaan. Noord Wes.het eerste geword om hulle erkenning te gee . Lank lewe NASIONALE GESONDHEIDS DIENS

Arie ·

Wag net ons minister van gesondheid gaan alles regmaak, hy het net nie gesê watter eeu nie

Corrien ·

Miskien gaan die minister eers ‘n familielid aanstel om nuwe toerusting teen rekord prys te verskaf via sy eie onderneming.

Johann cb ·

En die regering glo steeds hulle kan Nasionale Gesondheidsorg suksesvol instel! Foeitog!

Arno Scheepers ·

As NGV ingestel word verander die maande in jare en die jare word nooit.

Hannetjie ·

Dit is maar net weer om hul hande op die pensioenfonds te kry..daar sal niks van kom nie.Hul sal steeds Eskom en Denel en en Prasa reddingsboeie(salarisse betaal) vir ouens wat sit en niks doen nie

O ·

Toemaar een van die dae is daar baie werkende toerusting tot almal se beskikking. ANC Utopia. Dan kan die staatshospitale deur dakloses bewoon word

Kerneels ·

Dis al hoeka ‘n menseregte gedoente. Die staat moet hof toe gesleep word, selfs internasionale howe en die VN indien nodig. Dan kan die NGV verbied word om voort te gaan totdat dinge reggestel word. En dit sal nooit gebeur nie, grondwet of te nie.

Phil ·

Gelukkig het die hospitale nie meer hulle “ou” name nie want toé het alles nog gewerk……

Gert van Wierdapark ·

Instandhouding is blykbaar nie n woord wat in die provinsie se arsenaal voorkom nie!!! Why worry, be happy!!! More is nog n dag, terwyl die soustrein onverpoost voortstoom!

Johan ·

Hierdie sal binnekort die tipe diens in alle hospitale wees nadat die Regering die beheer oorgeneem het. Hier kom groot probleme

Pottie ·

Daar is siek mense wat in hulle karre slaap net om vroeg daar te wees dit is n skande maar die slim mnre wil die land best hulle kannie eers behoorlik kar best nie die regering vrot

humor ·

Hulle wil hom deurdruk. Sulke toestande is normaal in Afrika. Waarom ook nie hier nie. Hulle soek fanaties na n ander bron van inkomste in hul pogings om reeds geplunderde staatsinstellings te red, maar voor die reddingspoging slaag, is hierdie een ook ten gronde. Die kundiges sal moet walgooi anders kom hier n oewerlose gemors.

HEVW ·

Ons burgerlike liggame sal moet ernstig ingryp en sal ruim ondersteun moet word. Hier in SA bestaan al lankal genoeg rede dat die VN moet ingryp. Hierdie NGV hou n groter ramp in as grondonteiening.

Doris ·

Ek dink die Regering moet hierdie nuwe stelsel van die Medies los soos wat dit is want elke
mens wat aan n Mediesefonds behoort het voorsiening daarvoor gemaak en betaal dit self. Al gedink hoe lank gaan die mense wag vir MRI skaderings as almal na die Staats hospitale toe moet gaan. waar die diensste so swak en pateties is, niks van hulle toerusting is in n werkende toestand nie.

Koos Kookwater ·

Ek werk by staatshospitale in die Noord Kaap. (Instandhouding). Hier is GEEN instandhouding. Die loodsprojek vir die NGV was hier gedoen en het totaal misluk. Probleme wat kom is onvermydelik as die ANC voortgaan met hulle planne

Pottie ·

Hoekom gaan cr en sy trawante en hulle gesinne nie staats hospitale toe nie welkom in zimbabwe

Hanna Hoekom ·

Ek reken as belastingbetaler is dit my reg om aan n mediese fonds te kan behoort (waarvoor ek in elk geval self moet betaal) en hierdeur kwaliteit mediese dienste te kan benut. Die regering huil oor die 16% Suid-afrikaners wat toegang tot mediese fondse het, maar verswyg om te noem dat slegs 4,7 miljoen uit 50+ miljoen wel belasting betaal. Dan klop die syfers mos, dan nie?

Sarel ·

@Pottie Hulle vlieg gratis na enige SAL bestemming soveel as hulle wil, waarom sal hulle dan hier plaaslik ‘n naweek deurbring wat nog te sê na ‘n staatshospitaal gaan

Caby ·

Ek sal tevrede wees om te skik met die nuwe gesondheidsplan as ons regeringsbeamptes ook net slegs van die stelsel gebruik maak. Nie gou Dubai toe vlieg vir ‘n skandering nie, maar by dieselfde hospitale wag vir dieselfde diens. Dalk verander CR van plan as hy in dieselfde bootjie as die gewone man is.

John ·

sos… sos….sos… sos… sos… sos… \________ beep… beep… _____________________

Maljan ·

As hulle bekwame mense aanstel pleks van alles kleur gebonde maak, sal hulle toerustig a?l weekend oud word.

jakes ·

Staatshospitale word deur die bank swak bestuur omdat 99% van die bestuur onbekwaam is. Wat verwag ons dan anders van n derdewereld land? Voor 1994 was SA n ontwikkelende land en nou is ons n vierde wereld land wat reeds oor die afgrond is. Vra liewer jou familielid of vriend om jou te dokter want jy het n beter kans om te oorleef as in n staatshospitaal.

Hanna Hoekom ·

Ek reken as belastingbetaler is dit my reg om aan n mediese fonds te kan behoort (waarvoor ek in elk geval self moet betaal) en hierdeur kwaliteit mediese dienste te kan benut. Die regering huil oor die 16% Suid-afrikaners wat toegang tot mediese fondse het, maar verswyg om te noem dat slegs 4,7 miljoen uit 50+ miljoen wel belasting betaal. Dan klop die syfers mos, dan nie?

Sarel ·

Wag laat ek julle vertel. Elkeen van julle kan dan reeds gratis hartoorplantings. Met ‘n bietjie navorsing gaan breinoorplantings nog volg. Hoor wat ek julle vandag sê!

Maljan ·

Kry bevoegde tegnikuste wat die dêm masjiene kan operate on die werk te doen ongeag hulle velkleur. Dit sal herstel koste spaar wagtyd en breke spaar maar nou ja

Foxi ·

Dit lyk my die mens gaan vroeër hul eintbestemming bereik hier in SA. Dan praat hulle nog van dat die mens 200jr oud gaan word in die toekoms vorentoe. Wel…..nie hier nie!

SkaamteLOOS ·

Ek sien nie meer ons land as ‘n land nie.
As ek hiedie 19-toet foto’s sien van SA dan wonder ek net waar is die plek want hier waar ons bly is soos die steen tydperk. … Ons kan seker oor alles en almal wat ons in die warmwater het dink wat ons wil maar ohhhh wee moet dit net nie se nie.

Chris ·

Ja, dit is hoekom hulle so baklei vir die NVG, want dan word miljoene van ons verhaal om alles op te gradeer. Sodat dit weer kan verval want die personeel is nog steeds die wat nie glo in maintenance nie. Al maintenance wat gedoen word is aan hul eie bankrekenings. Daar lê ‘n swart toekoms vir ons met mediese fondse voor.

Marinda ·

Hou hulle bietjie dop wanneer hulle hierdie dure toerusting gebruik.

Christa ·

Dit werk so: as jy nie daarvoor betaal het nie Kan jy dit nie waardeer nie. Hulle verniel alles want dis nie hulle probleem as dit stukkend is nie

JohanR ·

Nie ‘n probleem. Met die nuwe NVG sal al hierdie agt masjiene werk, en daar sal agt nuwes sommer bykom. Die geld om die gebreektes weer reg te maak is seker Eskom, SAA, Transnet, Prasa, Sanral, SABC of Denel toe.

Skroef ·

Nee wat! Hulle wag vir daardie 25% kapitale reserwes wat mediesefondse te alle tye moet hê om die masjiene te herstel en bonusse te kry vir hulle briljante innovasie.

Gert van Wierdapark ·

Die naaste wat hulle aan skanderings by hospitale kom, is die SKANDE weens die Afwesigheid daarvan = Skandalig Verby!!! Viva ons Kakistokrasie, Viva!!!

Tinus Coetzee ·

Is dit nou ‘n hospitaal of wat, ek weet sit was destyds ‘n hospitaal. Die ANC bestuur alles in die grond in. Pateties.

Annetjie ·

My suster moes n MRI scan kry by Helen Joseph en sy kon ni en moes maande wag om een by die Johannesburg Hospitaal te kry – mense met kanker voer nie net n stryd teen die siekte nie maar ook die aparaat soos MRI Scan….ek sien haar lyding elke dag

emily ·

Ja nee wat dis erg. Ek is n maandelikse pasient en alles daar is in half werkende toestand. Baie keer is daai hysbakke vir weke buite werking en dan moet almal, Oud en jonk maar trappe klim of jy nou eerste vloer of 8ste vloer te gaan en ek praat nie eers van die toilette wat altyd buite werking is en so vuil, Sies man.

Mudguard ·

Kyk maar hoe hanteer hulle jou grassnyer weedeater strykyster ens. Daai masjiene staan nie n kans nie!!

NET EK ·

Dis waar – my broer woon in Springs, was by staats hospitaal is verwys na staats hospitaal in Johannesburg vir n MRI Scan, 1ste oop afspraak is in Maart 2020???

Peet ·

By herhaling – ‘n afwaartse transformasie van alle dienste wat ook dié aan die gewone belasting betaler. Net die boonste stratum van bevolking kan iewers anders gaan vir behandeling.
Luister betyds!
Selfs die Soviet Unie het dit besef!

Alida ·

Dis n Skande dat die Regering ons, ons mense regte wil verwyder. Dit moet mos elkeen se keuse wees, of jy aan n mediese fonds wil of kan behoort. Dis maar net 16% mense in elk geval van alle rasse groepe!!!! Maak eerder die gemors wat julle al klaar veroorsaak het by staats hospitale reg dan sal alles weer werk. Hoekom nou nog geld in ‘n Swart Put verder ingooi wat niemand ooit weer sal sien met die korrupsie in ons land nie????

KEELVOL ·

Alles waaraan hulle vat, tot die paadjies wat hulle loop word verwoes. Niks gaan ooit weer dieselfde wees in SA nie. Kan die goed nie insien dat vandat hulle oorgeneem het alles verval nie? Goeie hel hoe onnosel kan hulle wees? Of wag, dis nou ‘n stupid vraag. Almal weet dit.

HPV ·

Met die regime se NGV in aankoms gaan die wag van maande na jare verander want die helfte van die dokters sal emigreer na eerstewêreld lande.

Jimmy ·

Die opleiding van dokters word ook afgeskaal sodat dit later onmoontlik sal wees vir dokters om te emigreer. Hulle kwalifikasies sal nêrens erken word nie

Ans Watkins ·

Ek kan nie sien dat dit kan werk nie,want dit wat nou aangaan werk nie . Geen onderhoud word nerens gedoen nie ,medisyne word uitgekoop by privaat apteke .daar is nie goed opgeleide personeel. Drs imigreer by die dosyne, want werks omstandighede is onaanvaarbaar. Goed toegeruste hospitale bestaan nie meer, elke bed,matras,eetgerei,badkamer ,sommer alles wat kan beweeg is net nie meer. Linne is n luxury . So dink maar vir jouself …. Maak eers dit wat daar is reg . Miskien kan dit dan werk.

Jimmy ·

Jy sal nou mediese prakisyns en amptenare omkoopgeld moet betaal om behoorlike behandeling te ontvang. Dus verwag nog meer korrupsie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.