Pasiëntlêers in verlate gebou gevind

Foto: ANA-Health-e News

Talle bokse met pasiënte se mediese lêers is in ʼn ou gebou, wat vroeër as die Nkhensani-hospitaal in Giyani in Limpopo gebruik is, gevind.

Die Treatment Action Campaign (TAC) in Limpopo het gesê die storting van die lêers in ʼn verlate gebou is ʼn oortreding van die pasiënt se reg tot vertroulikheid. Die lêers is gestort waar die plaaslike gemeenskap maklik toegang daartoe kan bekom.

Volgens die TAC kan dit ʼn negatiewe impak hê op die lewens van pasiënte wat hul vertroue in die departement van gesondheid geplaas het en hul persoonlike en vertroulike mediese inligting bekend gemaak het.

Moses Makhomisani, provinsiale bestuurder van die TAC, het gesê sy organisasie is bekommerd, omdat dit voorkom of die lêers al lank genoeg in die gebou gelos is om tyd te gun vir nuuskierige lede van die gemeenskap wat reeds deur van die lêers geblaai het.

Pasiëntvertroulikheid word vervat in die Nasionale Gesondheidswet van 2003 en dit is ʼn oortreding om ʼn pasiënt se inligting bekend te maak sonder hul toestemming, buiten in sekere omstandighede. Pasiënte het die reg om te verwag dat hul inligting vertroulik hanteer sal word deur gesondheidsorgpraktisyns wat vertroulikheid waarborg, het Makhomisani bygevoeg.

“Dit waarop ons afgekom het, is ʼn growwe oortreding van die wet. Wie ook al besluit het om die lêers hier te los, moet dringend aangekla word. Stel jouself voor: ʼn persoon het ʼn chroniese toestand wat hy of sy nie bekend gemaak het nie. Omdat ʼn ander lid van die gemeenskap nou op dié lêer afgekom het, sal die inligting publiek gemaak word. Dink jouself maar net in watter negatiewe impak dit op daardie persoon vir die res van hul lewens sal hê.”

Makhomisani het gesê die TAC doen ʼn beroep op dr. Phophi Ramathuba, provinsiale LUR van gesondheid, om dringend ondersoek in te stel en op te tree.

Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê die departement is nie bewus van die voorval nie, maar sal ondersoek instel. “Mense van die hospitaal sal die perseel besoek om die feite te bekom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Landi ·

Dis gedoen volgens BE bekwaamheid. Julle moet nie nou probleme daarmee vind nie. Dis mos wat julle wou he, Black Empowerment. Dis wat julle nou kry. Moet nie nou maak of julle kastig vir ander se regte omgee nie, julle het nog nooit.

Marinda ·

En daar het jy dit nou. Hoekom verbaas dit my nou glad nie?

Bren ·

Onderwys en opleiding se leêrs in net so toestand gewees paar jaar gelede; dus is die nie eers vir my snaaks nie. Onbevoegde LUI personeel; weet nie hoe om te werk en te liasseer eers nie. Lankal tyd gewees dat data op rekenaars gestoor word; argaiese stelsel! My eie leër al 3 keer verlore gegaan by staatshospitaal; dan moet MRI en bloedtoetse weer gedoen word. Totale chaos.

Linda ·

Hierdie is nie die enigste voorval van hierdie aard nie. Kempton Hospitaal wat ook toegemaak is, het kinders wat daar gaan rondkyk het op een vertrek afgekom waar leers van pasiente oop en bloot net op ‘n hoop gegooi is. Nou is hulle kamstig geskok……….

Stef ·

Daar slaan die 30% slaagsyfer nou mooi deur. Niemand het meer ‘n idee wat om te doen nie. Seekoei se ore…

GM ·

Werkskepping – Iemand kan ‘n paar randjies maak deur afpersing.

As een van die ‘belangrike’ ministers se lêers daar gelê het, dan sou die departement van gesondheid se woordvoerder beslis nie as ‘n ‘afterthought’ gesê het hulle sal ondersoek instel nie, die leêrs sou al verwyder gewees het. Maar nou ja, geen minister sal mos dood gesien word in ‘n staatshospitaal/kliniek nie, so hoekom sal hulle nou omgee oor ander se persoonlike inligting wat rondlê?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.