Pasop dat SA’ners nie speaker se regskoste betaal nie

Nosiviwe Mapisa-Nqakula (Junie 2022) (Foto: GCIS)

Rise Mzansi het president Cyril Ramaphosa en die sekretaris van die parlement, Xolile George, skriftelik genader om ʼn versekering te kry dat die staat en sy burgers nie die regskoste van speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula gaan dek nie.

“Die staat is tans in ʼn regstryd gewikkel met nóg ʼn twyfelagtige karakter, voormalige president Jacob Zuma, teen ʼn regskoste van sowat R30 miljoen waarvoor Suid-Afrikaners betaal het,” sê Boitumelo Mpakanyane, hoof van interne demokrasie by Rise Mzansi. “Die staat het ook meer as R26 miljoen opgedok vir die regskoste van die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. Dit kan nie en moenie herhaal word nie.”

Mpakanyane sê dit is ondenkbaar dat die regering die mense se geld sal gebruik om Mapisa-Nqakula se regskoste te betaal, terwyl sy ʼn salaris van byna R3 miljoen verdien – uitgesluit voordele soos behuising, vervoer en sekuriteit. “Dit terwyl 20 miljoen mense elke dag honger ly, klinieke nie medisyne het nie en gemeenskappe nie water het nie.”

Hy sê dit moet op rekord geplaas word dat die regering en die parlement nie enige fondse sal weglei wat vir die mense van Suid-Afrika bedoel is, om die regskoste van nóg ʼn politikus te betaal wat hulself doelbewus aan die verkeerde kant van die wet bevind nie.

“Politici aan die verkeerde kant van die wet moenie ondersteun word deur die mense se geld nie. Rise Mzansi versoek dat die president en die sekretaris van die parlement binne sewe werksdae moet reageer op ons korrespondensie. Dit is maar net nóg ʼn teken dat Suid-Afrika nuwe leiers nodig het wat bekwaam en eties is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Syt soos al haar kamerade VOUCHERS vir enige regs kwessie. Deel van die kader deal.

Elizabeth ·

Natuurlik stem ons saam met Rise Mzanzi. Ons mense is nie bereid om skelms uit te help nie.

Kokerboom ·

R250 000 pm! Skande
Die hele ANC kader regering is gewettigde diewe!!

kragaap ·

Is daar een op daai vlak wat nie korrup is en hulself verryk nie ?

Riaan ·

Zuma het die trend begin, gaan dit ooit stop……….maar laat dit een van ons was, ander storie, nog gewag vir borg!

Martie ·

Verydelde drome, ons sal betaal. We AN C don’t see things like you other people do, Dit het ‘n vorige speaker gesê toe sy gevra is hoekom sy Tony Yengeni na die tronk vergesel het.

Papsak ·

Die hele anc is reg te op gelyde kriminele ja die belastingbetalers gaan weer moet betaal hulle jaag aan ons moet betaal!!!!

Gaitsigubib ·

Riaan, die mense is onder n waan dat hulle geregtig is op alles sonder om daarvoor te werk. Jy kan nie Zuma spesifiek daarvoor uitsonder nie. Wie het hulle vertel dat water, behuising, krag, skole, ens, jou grontwetlike reg is? Daar was mos vir hulle vertel dat alles verniet gaan wees, soos wat dit n kommunis sou toekom? Ek sukkel om te verstaan waarom almal nou so verbaas is.

ES ·

Ons wil dit nie betaal nie – maar die hartseer feit is dat ons dit tog gaan betaal.

Anon ·

Ek kan nie insien waarom ons kriminele se regskostes moet dra nie, hulle moet hulle eie regskostes dra.

Wondermaarnet ·

Dit sal nie die eerste en laaste kader se regskostes wees wat die belastingbetaler voor opdok nie. Ons het GEEN sê wat met ons geld gedoen word nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kokerboom, die DA en VF Plus deel in die pret. Parlementêre salarisse behoort met 50% gesny te word, insluitend die kabinet s’n. Dieselfde op tweede en derde vlak van regering. Die ekonomie stagneer en belasting betalers kan nie meer byhou om politici te betaal nie. Dis nie meer 1994 nie. Na afstigting sal die Wes-Kaap politici se salarisse gekoppel word aan KPIs soos ekonomiese groei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.