Pasop vir dié finansiële instansies

finansies-geld-sente-rand-beleggings

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die Suid-Afrikaanse Raad op Finansiële Dienste (FSB) het Donderdag gewaarsku teen vier instansies wat finansiële dienste aan die publiek lewer maar nie gemagtig is om dit te doen nie.

Die FSB het in ʼn verklaring gesê mense moet versigtig wees wanneer hulle betrokke raak by MD Fund, ʼn instansie wat beweer dat hulle by verhandeling van buitelandse valuta betrokke is; Stockpair.net, wat beweer dat hulle binêre opsies bied; DMD Capital, wat as Profit Trading handel dryf, en Capital Loans.

Die FSB het gesê ʼn Facebook-plasing wat in 2016 gemaak is, lui dat MD Funds daaglikse opbrengste van 0,75% tot 1,5% bied. Die maatskappy is egter nie ʼn gematigde finansiële diensteverskaffer nie ongeag die aanspraak “geregistreer onder al die wette van Suid-Afrika” wat deur die instansie aan kliënte voorgehou word.

Volgens die FSB het ʼn Suid-Afrikaanse burger klaarblyklik ook belê in binêre opsies via Stockpair.net, maar kan nou nie sy geld terugkry nie. Volgens hierdie entiteit se webtuiste is dit in Estland en Belize gesetel. Dit is egter nie gemagtig in Suid-Afrika nie.

In nog ʼn soortgelyke voorval is Profit Trading en Ntokozo Ndlovu volgens die FSB besig om ‘n ongeregistreerde onderneming te bedryf en advies en tussengangerdienste te lewer sonder die nodige magtiging. FSB het gesê Profit Trading se lisensie is op 2 September 2016 teruggetrek.

Volgens FSB bied Capital Loans persoonlike en ander tipe lenings aan die publiek, maar sonder die nodige magtiging.

“Die FSB herinner verbruikers wat van finansiële dienste by ʼn instelling of persoon gebruik wil maak om eers by die FBS navraag te doen of die instansie of persoon gemagtig is om finansiële dienste te lewer,” het die raad gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tammy ·

Nou wil ek net weet..Is hierdie ongemagtigde finansiele instansies al deur SAID ondersoek want sekerlik weet almal hiervan? Dis mos standaard dat hulle sal winste maak en belasting moet betaal??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.