Pasop vir dié gryp-en-spaanderplekke in die noorde van Pretoria

Argieffoto

Argieffoto

Die Sinoville-polisie in die noorde van Pretoria het ʼn beroep op motoriste gedoen om uiters paraat te wees vir ʼn vlaag gryp-en-spaander-voorvalle wat toeneem in hul polisiëringsgebied.

Mirna von Benecke, woordvoerder van die Sinoville-polisie, het gesê die gevaarplekke is veral op die hoeke van Breedstraat en Sefako Makgathoweg (Zambezi) in Montana, Sefako Makgatho- en Lavenderweg asook Paul Krugerlaan en Lavenderweg in Wonderboom.

“Die meeste gevalle wat aangemeld word, vind vroegoggend tussen 05:00 tot 07:00 plaas en saans wanneer dit begin skemer word,” het Von Benecke gesê.

“Die straatligte deur die poort is ook nie altyd in ʼn werkende toestand nie en maak dit makliker vir die verdagtes. Motoriste wat dié paaie gebruik, word dringend versoek om enige sakke (sportsakke, handsakke en skootrekenaarsakke) buite sig in die bagasieruim van hul voertuie te bêre.”

Sy het gesê selfone en tabletrekenaars moet ook buite sig geplaas word, indien dit nie in die bagasieruim gebêre is nie.

Von Benecke het slagoffers versoek om alle voorvalle by die polisie aan te meld sodat die verdagtes se patroon vasgestel kan word.

Sy waarsku ook dat voertuigdiefstalle en diefstal vanuit voertuie ook aan die toeneem is in die gebied, veral by winkelsentrums.

“By baie van die sentrums begin ‘remote jamming’ weer kopuitsteek. Die publiek moet ekstra voorsorg tref om hul voertuie voldoende te beveilig en die gewoonte aanleer om aan die voertuig se deure te voel of dit wel gesluit is, voordat hulle dit verlaat.”

Voertuigdiewe se gewildste fabrikate is die Toyota Hilux, Toyota Corolla, Toyota Yaris, ouer modelle Mazda, Volkswagen en Nissan 1400.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

danie ·

Nou as julle weet waar die misdade plaasvind doen iets daaromtrent, wat moet die publiek nou doen. Brits omry,

Gert ·

Hoekom doen polisie dan nie sigbare polisiering op sulke brandpunte nie.of selfs die privaat sekuriteits maatskappye.Dankie vir waarskuwing.

Koala ·

Sit n opsporingstelsel in julle voertuie vir diefstal
Jou voeruig sal vir jou se wanneer hy beweeg
Myne doen

Johannes Meintjes ·

Betreurenswaardig, inderdaad. Selfs binne woonbuurte met ‘n aktiewe GPF of buurtwag word daar tans ‘n eskalasie van misdaad waargeneem – met toenemende brutaliteit en onverskrokke waaghalsigheid. Weereens kan die GPF en buurtwag vrywilligers waardevolle diens aan die gemeenskap lewer deur te help om nuwe tendsense soos hierdie toename van gryp-en-spaander gevalle te monitor. Effektiewe burgerlike beskermingstrukture is ‘n waardevolle bate in plaaslike bestuur en beveiliging.

Deon le Roux ·

Dankie vir die waarskuwing. Ons word op straat geroof, daar word by voertuie ingebreek, motors gehijack en daar vind smash en grab voorvalle plaas. Verskeie paai word soms toegemaak oor betogings en klipgooiery en ons word versoek om veiliger ander roetes te gebruik. Die volgende stap is seker dat ons in ons huise moet bly om veilig te wees. Ons is geregtig om in veiligheid te beweeg en paaie veilig te gebruik. Verwyder die mense wat goed op robotte verkoop/bedel of net rondstaan. Straatslapers, robot bedelaars en lapswaaier is gewoonlik die skuldiges. Kan die SAPD en Metro Polisie nie ons voorstelle veilig hou nie?

Pieter V ·

Die problem is dat die polisie bang is vir die misdadigers, en as jy aan die misdadiger raak is elke mense regte prokureur en orginisasie op jou want jy het sy mens wees aangetas, en waar het enige van die orginisasies al ooit die slag offers verdedig?

Annelene ·

Hoekom maak die stadraad nie die ligte reg nie. Die poort is donker, 1/2te van die Daspoort tonnel is doner en ek praat nie eers van Eeufees nie. Is net so nes van rooftogte. Ek wonder baie of dit sindikate is was verantwoordelik is vir al die roof en daar dalk iemand is was “kick backs” kry om die ligte nie te laat regmaak want dis baie makliker om in die donker te steel.

MM ·

Wat soek hul goed op die voorste sitplekke nog. Die Polisie kan ook nie orals wees nie. Die publiek moet ook bietjie hulle kant bring sit jou goed in jou kattebak.
Ek sien hoeveel mense wat nog by ‘n robot stop, venster wa wyd oop met die selfoon teen die oor. Weet van ‘n paar mense wat al so hul selfone verloor het.
Wees meer paraat , en moenie van die Polisie verwag om julle die hele tyd te ” potjie ” train” nie.

Werner ·

Ek probeer die afgelope week by GPF aansluit maar die GPF antwoord nie e-pos of telefoon oproepe nie en Afriforum laat weet daar is nie GPF in Noord nie. Antwoord ook nie my vraag oor hoe om te werk te gaan om een te stig nie…een vir almal, almal vir een en elke man vir homself lyk my.

Delia ·

Daar is ‘n GPF in Pta-Noord.
Probeer die volgende:
[email protected] za
of skakel 082 641 0010, dit Sinoville se nr, maar as dit nie sektor is nie, sal hulle jou kan reg help.

Corrie Jacobs ·

Mense moet wakker wees en hulle vensters toe hou.Moenie praatjies maak met bedelaars hy is nie jou naaste!! Baie mense pluk n lat vir hulle self deur hil slap houding!

Christo ·

Tiepies!! waarsku die publiek as om eerder iets aan die probleem te doen, dit is nie asof hulle polisie is nie, jy weet daai manne wat aangestel is om die publiek te beskerm en die kriminele te vang, PATETIESE GOED

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.