Pasop vir pakkiebedrog

Die bedrieglike e-pos eis uitstaande doeanegeld alvorens ’n pakkie afgelewer kan word. (Argieffoto)

Lede van die publiek moet oppas vir ’n e-pos wat lyk of dit deur die Suid-Afrikaanse Poskantoor gestuur is aangesien dit ’n skelmstreek kan wees.

Dié e-pos, waarsku die poskantoor, dui aan dat ’n pakkie nie oorhandig kan word nie omdat doeanegeld op die pakkie uitstaande is.

“Die e-pos lyk op die oog af of dit deur die poskantoor gestuur is en versoek die ontvanger om geld in ’n rekening te betaal,” sê Johan Kruger, woordvoerder vir die poskantoor.

’n Skermskoot van die e-pos. (Foto: Verskaf)

“Dit verwys ook na ’n ongeldige spoornommer vir die pakkie wat uiteraard nie die poskantoor of enige ander posadministrasie s’n is nie.”

Kruger sê die poskantoor vra nooit vir doeanegeld of invoerbelasting voor ’n pakkie afgelewer kan word nie.

“Indien daar enige koste aan die pakkie verbonde is, betaal die ontvangers dié geld by die toonbank wanneer hulle die pakkie in ontvangs neem.”

Die publiek word aangeraai om enige e-pos van dié aard onmiddellik uit te vee en nie daarop te reageer nie.

Maroela Media het in 2017 berig dat kansvatters lede van die publiek destyds met soortgelyke skelmstreke onder die poskantoor se naam probeer bedrieg het.

Kruger het toe gesê dat lede van die publiek oproepe ontvang het van iemand wat voorgegee het dat hulle vir die poskantoor se doeaneafdeling werk.  Mense is tydens dié oproepe versoek om geld in ’n bepaalde rekening te betaal sodat die pakkie afgelewer kan word. Die geld was glo vir aksyns- en koerierkoste.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Mooi man! Wat is volgende. Kan daar nie ‘n Organisasie gesitg word (werkskepping) wat die sms se oorsprong kan naspeur en die skuldiges aan die kaak stel nie?

Stofdonkie ·

Die organisasie gaan sukkel om ‘n sms se oorsprong na te speur as dit ‘n e-mail is.

Oom Hennie Pennie ·

O ons is darem ‘n land van “enpertereneurs”!

Misky ·

As skelms darem so baie moeite kon insit vir eie besighede begin, sal hulle suksesvol wees. Ek het nog nooit eens sulke “kreatiewe idees” gehad in my wildste drome nie

Tubac ·

Ons mense val tog so maklik vir slenters. As jy dom is moet jy bloei.

Jr ·

Altyd op maneuvers hierdie mense. SA Universiteit van crime.!!

Johann ·

Nee wat, as jy vir die een val verdien jy dit. In beginsel: die POSKANTOOR AS GEHEEL IS DISFUNKSIONEEL…bestaan slegs is naam en n paar takke wat grants uitdeel.

Cecilia ·

Mense moet ook net verder dink. As jy nie aanlyn v ooorsee af gekoop het nie. Hoekim sal j n pakkie ontvang.

Take-A-Lot en ander aanlyn plekke het reeds d goed ingevoer en Doeane belasting betaal.

Hester Wilhelmina ·

Nie geweet die Poskantoor is nog in staat om ‘n e-pos te stuur nie? Wat nog van ‘n pakkie aflewer!!!??

Lynette ·

Net die sinnetjie *SORRY FOR THE INCONVENIENCE’ aan die einde v d e-pos moes die publiek KLAAR snuf in die neus laat kry het….waar het n staatsorganisasie al OOIT jammer gesê?! Boo op is die skrwye nie gerig aan n bepaalde persoon nie, maar aan n naamlose persoon…en ook die feit dat mens net 48 UUR gegee word om te betaal anders word die pakkie teruggestuur? LOL…mens moet regtg UITERS dom wers om te vsl vir hierdie slenter…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.