Pasop vir sindikaat wat pensioene steel

(Foto: Frantisek_Krejci/pixabay)

Die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad het werknemers wat binnekort aftree, gewaarsku teen ʼn sindikaat wat moontlik miljoene se pensioengeld steel.

Luidens ʼn verklaring deur die wetstoepassingsowerheid ondersoek die Valke se span in Mahikeng in Noordwes tans ʼn bedrogsaak waarby ʼn totaal van R3 miljoen se pensioengeld betrek word.

“Voorlopige ondersoeke dui daarop dat werknemers wat naby aan aftrede is, genader word en oortuig word om ʼn vroeë aftrede te neem en hul pensioengeld te laat uitbetaal,” lui die Valke se verklaring. “Skurke maak valse beloftes aan slagoffers dat hulle slagoffers se pensioengeld eksponensieel kan laat groei.”

Lede van die publiek word gewaarsku om te alle tye op hul hoede te wees. Dié wat wel reeds slagoffers van hierdie sindikaat was of deur lede van die sindikaat genader is, word versoek om die ondersoekbeampte in die saak, ao. Rakau by 071 481 6002 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JM ·

Bedrog, korrupsie en diefstal blyk ‘n erger pandemie te wees as Covid-19. Mag pensioentrekkers daarvan bewaar word. Ons bly in ‘n verskriklike land!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.