Paspoort-video: Dissiplinêre stappe volg teen 4

‘n Skermskoot uit die video.

Die departement van binnelandse sake gaan vier persone vervolg ná ʼn video aan die lig gekom het van ʼn beampte wat klaarblyklik meer aandag gee aan haar selfoon as aan die werk wat sy moet doen.

Thabo Mokgola, woordvoerder van die departement, het bevestig die persoon werk by die Beitbrug-grenspos. “Minister Malusi Gigaba het Woensdagoggend opdrag gegee dat die departement vinnig moet optree,” het Mokgola bygevoeg. “Die departement se beleid verbied die gebruik van selfone deur beamptes wat met die publiek werk terwyl hulle hul pligte uitvoer.”

Die beampte is uitgeken en sy sal onderwerp word aan ʼn interne dissiplinêre proses. “Dissiplinêre maatreëls volg ook teen drie toesighouers op die skof vir ʼn gebrek aan behoorlike toesig,” het Mokgola bygevoeg.

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van die departement, het sy ontevredenheid uitgespreek oor die gebrek aan aandag wat die persoon gegee het aan haar werk en gesê dit is ʼn direkte oortreding van die beleid wat betref die gebruik van selfone by werkstasies. “Ek is baie besorg dat die persoon met sekuriteitsdokumente werk sonder om aandag te gee aan detail, en eerder aandag gee aan haar selfoon. Ons het met dissiplinêre maatreëls begin teen die beampte en drie toesighouers,” het Apleni beaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jerry ·

En toe is toesighouding jou werklikwaar geidentifiseer as die wortel van die kwaad. Nogal sommer 3 toesighouers!

Anton ·

…ja dit neem 3 plus persone om een op te pas…anders gaan die werk nie gedoen word nie…

Loon ·

Die persoon wat Candy crush in Parlement speel gee opdrag vir die vervolging……ha ha ha, dis een grap op die volgende!
Al wat daar uit gaan kom is dat hulle getugtig gaan word omdat hulle uitgevang is!

Johan ·

Ja, gaan seker gesuspend word met volle betaling…..dis darem n wonderlike land die…..wat almal nie wil erken in die openbaar nie is dat dit so gaan in alle staats instansies….maar as jy iets sê daaroor is jy n rassis….

Janee ·

ja so sit daar al tientalle lui en onbekwame en korrupte amptenare vir JARE by die huis met VOL betaling waarvoor my en jou belastinggeld betaal. So sloer die sake vir jare tot die mense aftree . dan betaal jy nog hulle pensioengeld ook.

Johan ·

Dis nie waar nie jy beledig die amptenare wat hulle werk pligsgetrou doen.

Amanda ·

Is reg …. laat sy met haar foon onder ‘n boom gaan sit, want dit irriteer die wit waks uit my uit as hulle dit doen

Loon ·

Die minister wat Candy crush in parlement speel gee opdrag vir die dissiplinêr? Verstaan ek mooi?
Al wat sal gebeur is dat hulle getugtig sal word omdat hulle gevang is!
Meer van die Piesang Republiek gaan ons nog vermaak……

Leo ·

Fantasies nuus! Dit moes al lankal gebeur het. Hulle moet eintlik by alle staatsdepartemente dit toepas. Begin sommer by Binnelandse Sake, want daar word hulle betaal om eers ‘n partytjie vir Saterdag te reel alvorens hulle jou klaar help. Beweeg dan aan na plekke soos Edgars en Woolies, want daar gaan dit net so lekker.

Vraag is net, word hulle suspend met of sonder salaris? Sal tien teen een met salaris wees peding disciplinary outcome………

Christa Schutte ·

Sit nou vir derde keer by Binnelandse Sake om I/,D Kaart te kom haal..
Het ook begin Februarie aansoek gedoen vir lang geboortesertifikaat wat twee weke gelede met 6 foute opgedaag het. Na 3 keer se kom sit en wag, is dit Dinsdag, 13 de teruggestuur na Pretoria vir korreksie. Ek moet elke keer R150 petrol ingooi ( 5 ,keer tot vandag), nou sit ek vanaf 7.15 en wag om I/D kaart te kry. Kantoor open 7 uur, video geneem, 7.45 , geen beampte by werkstasie, sommige arriveer nog. Dis nou 8.27, mense sit in rye en wag, nog steeds geen beampte op werkstasies nie

Hanelie ·

Ek moet ook vandag weer teruggaan. Het vir Unabridged Birth sertificate vir my seun aansoek gedoen. Het hom gaan haal in September. Toe ons vliegtuigkaartjies bespreek vir ons vakansie, kom ons agter hulle het ‘n gewone geboortesertifikaat gegee. Ek wil nie weet as ons dit eers agter gekom het op lughawe. Dan was 9 mense se vakansie in sy kanon, om nie eers te praat van wat dit ons kos. Maar sal kalm bly anders is hulle mos aspris.

ek sê maar ·

Dan hardloop sy CCMA en na ‘n Unie toe en dit word uuuuitgerek en op die ou einde moet hul haar heraanstel. Ek is deur groot stres laasjaar emt iemand wat 7 jaar by my gewerk het en soos een van gesin behandel is. Goeie salaris en baie byvoordele ens ens ens – kan laaang stories skryf. Wie is aan werkgewer se kant met bv huiswerkers wat skielik aan ‘n unie behoort. CCMA is ook altyd aan werknemer se kant maak nie saak wat se bewyse jy het nie. Tugstappe se dinges man…hier gaan dadels van kom glo my.

Ja wohl ·

Ja as hulle afgedank word kom brand die EFF die plek af of storm die sale binne en breek al die vensters en skop die masjiene om en whalla . is sy weer aangestel . en haar supervisors word almal hoofbestuurders .. agnee . die is net ‘n image wat voorgehou word.

Gawie ·

Ek het tot dusver nog net billike diens by CCMA gekry. Stadig, maar billik. As jy jou displinêre prossesse reg hanteer het tot en met ontslag, oordeel hulle in jou guns. Sover nog geen ‘comeback’ gehad op enige ontslag wat ek hanteer het nie, en party van hulle was nogal ‘tricky’!

Showahed ·

Hierdie mense sal bevorder word na kantoor posisies sodat hulle in privaat facebook kan surf…

Bubbles ·

Ja nog blah-blah-blah beloftes. Departement se beleid… blah-blah-blah. Gaap.

Jacques ·

Hoe lank sou dit so aan gegaan het as sy nie op video af geneem is nie , ek vra maar net ?
Die ander vernaamste probleem is komunikasie per telefoon . Die mense wat n telefoon moet antwoord doen dit asof dit hulle huis telefoon is . As jy n munisipaliteit kontak moet jy eers seker maak waar jy is , vir al wat jy weet kan jy net so wel by n staatslykshuis wees en jy sal dit nie weet nie . Die regering moet begin aandag gee om mense in die regte poste aan te stel met nodige vaardighede , want dit gaan ons nog duurder te staan kom . Kan MM aub die saak mooi volg en ons lesers op hoogte hou ??

Maria ·

So volgens die kommentaar word ons almal ingelig dat mense wat met publiek werk NIE OP HUL SELFONE MAG WEES NIE. So tel dit darem nou vir almal en almal in Binnelandse sake en Verkeers afdelings ens. want dit gebeur daagliks ?

Pieter ·

Sal so waardeer as hulle ook aandag gee aan die doeane mense by O.R Tambo lughawe wat so onbeskof is met mense as hulle die land inkom.

Pieter ·

Die polisie is maar dieselfde as jy daar aankom om dokumente te beëdig eet hulle of slaap dan moet jy hoop die persone aan diens kan lees of skryf anders het jy n probleem ….hoekom aanvaar ons hierdie slegte of geen diens??

SA ·

Ek hoef nie meer te betaal om na ‘n sirkus te gaan kyk nie, ek sien die sommer elke dag op die tv en die internet.

Cherokee ·

Ek is meer nuuskierig oor watter tipe mense neem so aanhoudend videos met mobiele fone, dat wanneer iets ongehoords gebeur, is daar videogrepe wat beginopgeneem is van lank voor dit. Tensy dit opgevang is op geslote baan tv, maar die afleiding is selfoonvideo.

DAWN CHESWORTH ·

We have been waiting 3 months for a change of birth country in my husband’s passport. We lost R14000 as we had to change flights and seats to New Zealand. We have rebooked for June but I don’t know if we’ll have his passport by then. The NZ visa people want it changed before we can go!!!!

Hennie ·

Raai watter minister is bang om sy werk te verloor, en nou is hy skielik ernstig?

RITA ·

Dit is wat ons almal van nou af moet doen. Neem video’s van swak dienslewering en sit dit op nasionale media dalk kan dit werk. Ons is te bang om te praat omdat dit ons kan benadeel . Ons moet ons regte gebruik en die skuldiges aan die pen laat ry.

Jd ·

Dit is n jammerte dat dienslewering op ons grensposte so swak is dat die vrou nie eens haar werk behoorlik.kan dun. Geen wonder daar so baie onwettiges in ons land rondloop en plunder. En sonja weet nie waarvan sy praat nie. Ek werk vir die staat en dit is beslis nie die norm nie. Trekk bietjie jou positiewe brill aan. “Trek n skaap n groen brill aan in die woestyn dan dink hy hy eet grass”

marieta ·

En dan het die mense by SASSA Bellville waar die pinkodes ingesit word gedink ek is verkeerd toe ek kla dat hulle elke keer as iemand ‘n pin insit ook op hulle selfone tik….. ek het gedink dis waar bedrog inkom….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.