Paspoort-video: Minister gryp in

‘n Skermskoot uit die video.

Die minister van binnelandse sake het ʼn ondersoek aangevra na ʼn video wat op sosiale media versprei word van ʼn beweerde lakse beampte.

Die video, wat wyd op sosiale media gedeel word, wys hoe ʼn werknemer van die departement van binnelandse sake ʼn paspoort stempel terwyl haar aandag deur haar foon afgelei word. Dit blyk dat sy die paspoort twee keer stempel sonder om haar fout agter te kom voor sy verder aan haar foon aandag gee.

Minister Malusi Gigaba het intussen gesê hy is bewus van die video en het sy departement opdrag gegee om ondersoek in te stel na die voorval en spoedig teen die beampte op te tree.

Sosialemediagebruikers het intussen uitgevaar oor die video met talle wat meen dit is ʼn alledaagse gesig wanneer dit kom by diens deur staatsamptenare.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Jerry ·

Swak opleiding en toesighouding is die wortel van die kwaad en nou moet die arme jong meisie dit ontgeld!

AGNEE JERRY ·

Oh nonsense, wat het geword van commonsense? Hoe het sy die werk gekry in die eerste plek? Jou common sense moet vir jou se jy kan nie op jou FOON werk as jy met kliente werk nie en tweedens kan jy nie ‘n paspoort TWEEKEER stempel nie .. my magtie . wat se opleiding het jy nodig om dit te VERSTAAN? Sy hoort in die eerste plek nie daar as sy NIE die basiese opleiding ontvang het nie. SO het jy dalk vir haar ‘n werkie?

JV ·

Wat jy dus sê is dat sy (i) slegs hoef te werk as haar toesighouer oor haar skouer kyk of sy werk en (ii) andersins nie hoef te werk nie!
Eish!

Johann ·

Jerry? Van waar? Dit het NIKS met opleiding te doen nie. Dis die standaard attitude van die aan die ander kant van die staat en munusipaliteite se toonbanke. ALS behalwe daar om n kwaliteit diens te lewer.

Lola ·

Wat? Jy het duidelik dieselfde mentaliteit as die arme jong meisie. Ek leer iemand hoe om ‘n paar goed te doen in excel soos om ‘n kolom weg te steek bv. Die persoon sal nie eers die nodige respek he om ‘n pen en papier saam te bring en die stappe neer te skryf nie. NNNNNNNeeeeeeeee, ek moet ‘n “training” dokument opstel!!!!!

Leah ·

Swak opleiding miskien, maar as jy integriteit en goeie werksetiek het hoef jy nie opgepas te word nie.

Nettie ·

@Jerry – swak opleiding en toesighouding se gaai! As jy by jou werk is, moet jou aandag by jou werk wees en moet jy jou werk doen. En voor jy vra of ek nou my werk se tyd ens. gebruik om hier te pos – nee, dit is my teetyd. Wanneer ek werk, werk ek en is my selfoon nie náby my werkstasie nie.

Namgrl ·

‘arme jong meisie’ – glad nie – ek dink dit is ‘n tipe van ‘n arrogante houding. daar is tog iets soos ‘common knowledge’? my kind sal weet dat dit ongehoord is om dinge so te doen, so, sorry meisie – jy het jou hand oorspeel.

Christopher Barnard ·

n Mens kom op n ouderdom wat jy vir jouself kan dink. Opleiding het niks daarmee te doen nie. Sekerlik sal jou rasionale denke jou en self bewus making jou laat onderskei tussen reg en verkeerd.

zoom zoom ·

Sy het niks verkeerd gedoen nie. Haar groot baas speel dan gamrs in die parlement terwyl die nuwe prez CR sy eerste speech doen. So en hy is nie gefire nie. Ontspan julle boude en eet ‘n appel.

Adel ·

Sommige mense het darem maar geen trots op hulle werk nie!!!

Daantjie ·

MENSE WAT DIREK MET DIE PUBLIEK WERK MOET verbied WORD OM HULLE FONE BY HULLE TE HE AS HULLE WERK. Hulle kan etenstye en teetye daarop werk . .maar dit is ‘n algemene gesig . oral lyk dit so ook by lisensiekantore en polisiestasies, enige staatsdiens of semi-staatsinstansie .. hulle kan jou ure ophou terwyl hulle selfoon praat, met hulle kollegas chat, eers koeldrank of chips by die masjiene gaan haal in die middel van ‘n transaksie .. Ek het nog nooit sulke LAKSE mense gesien soos in SA nie. Dit voel vir my asof hulle dit ASPRIS doen .. dit word met opset gedoen omdat jy NIKS aan hulle kan doen nie .. hulle tart jou uit en as jy waag om iets te se dan word sekuriteit geroep of dan word jy as ‘n rassis afgemaak . . ek dink MEER sulke videos moet die land ingestuur word ..

Lynne ·

Ek stem 100% met jou saam! Dis presies hoe ek dit ook ervaar! Hulle is daarop uit om ons NIE te help nie!

Katryn ·

Daantjie, jy slaan die spyker op die kop!!! Dit is wat ek ook sê. Hulle is aspris en wil jou humeur toets en waag nou net om te kla of aanmerkings te maak. Hul geniet hul terdeë om jou tyd te mors.

NITA ·

Daantjie, ek stem 100% saam met jou. So stel afgetrap toe ek my motorlisensie moes hernu. Mens se hande is afgekap. Hier by ons kom klientediens eerste.

Sêmaarnet ·

Die tipe gedrag is onaanvaarbaar en nie alle Staatsamptenare tree so op nie!

Xonda ·

Staats amptenare is altyd dik bek , dis asof hulle almal n guns doen om hulle werk te doen ,, Tiepies

Namgrl ·

Ek het gehoop iets sal gebeur, en tog toe word ek nie teleurgestel nie. Hoop ‘n voorbeeld word van haar gemaak. Baie laks van haar gewees, daar is nog sooooo baie vrot appels..eish.

Melanie Elliott ·

Soos ek wat vir 2 jaar gewag het vir my dogter se unabridged birth certificate dan het hulle die vermetelheid om op my te skree as ek gaan navraag doen daaroor.

Pollie ·

Hoe het die minister ingegryp? Haar seker vir berading of ‘n kursus gestuur, en more doen sy dieselfde, net in ‘n ander afdeling.

cor ·

Geen berading toe die hoof miskien met haar gepraat het blaas sy op soos n ballon want sy het niks verkeerd gedoen en vee haar af en doen dit nog steeds

MCD ·

Werklik Jerry? Hoe nou, moet daar vir elke werknemer ‘n polisie man aan gestel word wat hom/haar oppas? Sy werk daar want as jy vir die staat werk is dit ‘n lekker werkie waar mens laks kan wees met ‘n vet ” paycheck” aan die einde van die maand.

Speedguard ·

Die “Arme Jong Meisie” behoort te weet wat haar werk is, en behoort sy trots te wees op haar werk , geen mens wat bietjie inbors en respek het vir jou klante werk so nie, waarom altyd Micro Manage, sy weet sy doen nie haar werk reg nie en is daar niemand om haar net daar en dan in die pad te steek nie, a nee a !!!! Daar is net mooi geen leiding nie!!

Lientjie ·

Nee sy verdien dit, want sy geen nie aandag aan haar werk nie. Geen selfone wanneer aandiens nie. Net teetyd en etenstyd sy werk met die publiek. My sel is ook by my, maar as ek besig is met ‘n klient oor my kan die persoon wat my skakel wag ek sal terug skakel. Dit is UITERS ongeskik wat sy doen. Ek sou haar reguit gevra het wil sy my help of wil sy op haar foon wees!

Hannelie ·

Sosialemediagebruikers is regtig baie oningelig!!! NIE alle staatsamptenare gee net swak diens nie, mense moenie veralgemeen nie.
Ja, ek het al gesien hoe sekere staatsamptenare baie onbehulpsaam is, maar daar is ook van hulle wat goeie en uitstekende diens te lewer.
En dankie Jerry ek dink opleiding en toesighouding speel ‘n baie groot rol. As jou toesighouer slap lê…hoekom nie jy ook nie?

wilma ·

Ter versagting van die dame se gedrag/verstrooidheid, wil ek noem dat dié gedrag (en selfs erger) ook by werknemers in die privaat sektor voorkom!

dakduiker ·

Staatsamtenare dink dis hulle reg om swak diens te lewer.
Geen trots. Opleiding het niks met trots uit te waai nie,
jou ouers dra dit aan jou oor

Johan ·

Dis beslis onregverdig en nie tipies van ALLE staatsamptenare om swak diens lewer nie. As afgetrede amptenaar kan ek lesers gerusstel dat die provinsiale staatsinstelling in Kaapstad waar ek werksaam was geroem het op dienslewering en dit steeds doen. Ek gee toe daar is vrot kolle maar moenie veralgemeen nie.

kas ·

Die beleid van die departement van Binnelandsesake is duideli.Geen selfoon mag by die toonbank geantwoord word nie,hetsy by ‘n grenspos of by ‘n biinelandse kantoor.Tenspyte van die instruksie word dit tog gedoen en toesighouers tree nie op nie

pieter ·

Gaan net so by O>R Tambo lughawe. Nou al 2 keer vanaf Pole daardeur. Hulle behandel jou soos skuim as hulle jou paspoort stamp. Dan voel mens sommer kan ek nie maar net terug gaan Pole toe nie.

adriana ·

Daar gaan aan haar gese word dat indien sy afgeneem word sy die kamera moet konfiskeer!!!Verder kan sy aangaan op haar foon as normal!

Jo ·

Ek wag nogsteeds vir my seun se Underbridge Sertifikaat, ek moes hom weer “registreer” want hy is nie op die stelsel nie, hulle wou hom n nuwe ID nr gee maar hy is amper 16 jaar oud???????

Basson ·

Sjoe, maar ons is ‘n klomp heilige volmaakte lesers hier op MM!

Genade mense, haal diep asem en kom af aarde toe. (Jy weet nie wat dieB situasie en konteks was)

My aandag was ook al afgelei terwyl ek op my werk moes konsentreer, en ek is 100% seker dit het met ‘n iedere en ‘n elk ook al gebeur wie hier geantwoord het. (Wat van daardie selfoon terwyl jy bv bestuur?)

Mich ·

Ek stem saam ,haar optrede op die video lyk en was sekerlik nie professioneel nie.
Maar dalk was dit nie haar norm nie?
Maar moet tog nie so gou oordeel nie. As ek so na haar gesig op die video kyk,het dit gelyk as of sy angs en erg bekommerd is -nie asof sy reageer op ‘n kêrel se boodskap nie.
Dalk was haar kind siek. Dalk het sy gewag vir bloeduitslae. Wie sal weet?
Moet nie so gou oordeel nie.

Regtig?????? ·

Regtig????? Sy was besig op facebook!!!! Bekommerd??????? Jy is nou belaglik!!!!!!

honourable member ·

Nee wat niks sal gebeur nie. Daar sal net vir ha gese word om dit nie weer te doen nie. Sekere mense maak net wat hulle wil in die werkplek, kom aan diens wanneer hulle wil, ure ete, nee wat hulle werk baie lekker. Word nooit aangevat daaroor nie. Die pressure is net op sekeres.

Landi ·

Algemene gedrag deesdae …..en orals, nie net die staat nie

Pieter ·

Wens hulle wil ook iets doen aan die doeane beampte by O.R. Tambo lughawe. Daai mense laat jou soos skuim voel as jy daar aankom na n lang vlug. Patetiese diens en onbeskof.

Francois ·

Het in elkgeval besluit om voortaan met my Kanadese paspoort SA binne te kom. Word altyd soos skuim behandel as blanke Suid Afrikaner as ek daai groen paspoort vir hulle gee

Johann ·

Hey!!!!! Nogal MULTUSKILL en als. Blaai…. stamp…. lees op foon… klik op foon!!!!! Nie sommer van hier nie hoor! Moet dit op haar CV sit, beslis n Direkteur Generaals pos volgende…. of MINISTER!

Piet Pompies ·

Lisensie kantore Nelspruit is dieselfde….. Die selfoon kry meer aandag as die kliente….

Esme ·

Mense julle moet kom beleef hoe dit in Lydenburg gaan by ons liewe stadsraad. As daar nie geklets word met maaitjies wat daar in hulle kantoor rondstaan nie, word daar op selfone gepeuter of heerlik geëet en drink saam met die kuier ook terwyl jy in die tou staan, in jou etenstyd en net ‘n uur ete het, om net jou voertuig se lisensie te hernu!!! Hulle het nie ‘n saak hoe lank die tou is of hoe lank jy staan nie.

Bren ·

Fone moet geban word terwyl jy met publiek werk net so ook oorfone bd werk; dis onproffesioneel en wys jou net watse aandag sekere mense by hul werk het; jy word n salaris betaal om te werk, nie om heeldat aldag te chit chat op jou foon en musiek te luister en nie eers hoor as n kliënt met jou praat nie. Dit moet n instelling word en deel van n werks beskrywing wees.

Annelize ·

My genade! Gemeet aan ander amptenare is hierdie dame verdomp hardwerkend, en dan kan sy nog multi-task ook! “Employee of the decade” vir haar!

Ironie ·

Wie (van bg’s) sit en antwoord hier terwyl hulle eintlik moet werk, hmmm?

Koos1 ·

Die nou dieselfde minister wat games op sy foon gespeel het terwyl sy hoof besig was met ‘n toespraak in die parlement. Die dame gaan en mag ook niks oorkom nie, Haar minister het die voorbeeld gestel!

Saartjie ·

Skerp – nou praat jy. What’s good for the goose is good for the gander.

Pappa ·

As my suen my laat weet hy is siek of wat ook al sal ek my voon gebriuk kom wat wil my vammielie kom eerste by welstand . ek watsahpp ook wanneer daar nie mense is nie . Maar as my suen op kom sal ek eers hom antwoord en vrae om skool toe tegaan

Neeeeeee-pappa ·

As my seun weet hy is siek, of wat ook al, sal ek my foon gebruik, kom wat wil. My familie se welstand kom eerste. Ek whatsap ook wanneer daar nie mense is nie. Maar as my seun op kom sal ek eers hom antwoord en vrae om skool toe te gaan. GAAN TERUG SKOOL TOE PAPPA!

Paperdoll ·

As staatsamptenaar voel ek verplig om te se nie almal is soos wat dit hierbo gese word nie. Ek probeer verskriklik hard om die stigma wat aan ‘n staatsamptenaar kleef van my af te skud, daarom weet mense dat ek enige iets sal doen om te help, ek gaan uit my pad om te help met dienslewering.

Johan ·

Jy hoef nie n ondersoek in te stel nie dis duidelik wat aangaan. Begin bo en maak van daar af ondertoe skoon. Kry bevoegte persone wat ons almal weet basies onmoontlik is maar daar is darem wat bietjie beter as die huidige mense is.

Saartjie ·

Skerp – nou praat jy. What’s good for the goose is good for the gander.

A ·

My suster hulle bly in die UK. Augustusmaand het hulle hul kind SA toe gestuur om by my ma hulle te kom kuier. Hy het gekom as ‘n unacompanied minor. Toe hy terug is het hulle (die doane) vergeet om sy paspoort te stempel. Toe hulle Desembermasad kom kuier wou hulle hom nie in SA toe laat nie omrede die stelsel wys hy is nie weer land uit nie. Hoe meer my suster vir hulle sê maar dis julle fout hoe kwater het hulle geword. Hy is nou geflag op die stelsel as ‘n risiko. Hulle is nou gewaarsku oor hulle te useless is om hulle werk te doen. As dit weer gebeur gaan hulle beboet word en hy mag nie vir ‘n sekere tyd in die land kom nie. Die lagwekkend. Toe sy vir hulle vra hoe is hy dan deur die doane toe kon julle haar nie antwoord nie.

a ·

My suster hulle bly in die UK. Augustusmaand toe stuur hulle hul eseun om by my ma hulle kom kuier. Hy het die land binne gekom as ‘n unaccompanied minor. Toe hulle Desembermaand afkom vir haar skoonma se begrafnis, wou hulle hom nie in die land toe laat nie want volgens hulle sisteem het hy nog nooit die land verlaat nie. Sy wys toe vir hulle waar sy paspoort weer in die UK gestempel is toe hy die land binne gekom het. Toe sy vir die vrou vra hoe is hy dan deur die doane, toe raak sy hardegat. Hy is nou geflag as ‘n risiko en as dit weer gebeur mag hy vir ‘n sekere tyd nie die land binne kom nie. die belaglik , dis hulle wat droog maak en dan word hulle geblameer.

Oom Kalahari ·

Hierdie is ‘n algemene verskynsel en optrede by staats departemente. Geen werks etiek of goeie kliente diens nie. Daar is sovele wat daagliks bid om hierdie suksesvolle en professionele diens te kan lewer, maar mag nie weens hul verlede wat nou ‘n vertrapping geword het. Sy toon geen respek vir goeie dienslewering en verbied selfone tydens werks ure en veiligheids toepassing in sekere werkplekke.

KAS ·

Xonda,net ‘n regstelling,staatsamptenare is meervoud en dit kan jy nie doen nie.Ek is al 37 jaar lank in die staatsdiens en ek kom nou nog werk toe met dieselfde entoesiasme as 37 jaar terug.Weet jy hoekom?Ek kan mense dien want mense betaal my salaris.Ek gaan hierdie jaar met pension en ek weet nie hoe gaan ek afskeid neem nie.

Genieve ·

Dit lyk vir my asof sy ge fb het. Shame nou is sy in die sop.

Batho Pele Amptenaar ·

Het enige van hierdie kommentatore dalk enigsins die werknemer se kant van die storie gehoor alvorens hy/sy sy/haar kommentaar ingestuur het?
Al gehoor van die audi alteram partem-reël van geregtigheid? En wat van die video-opnemer? Het die video-opnemer homself/haarself vergewis van die amptenaar se standpunt alvorens die video gepubliseer is?

Mariette van Zyl ·

Hoeveel is daar by ENIGE staatsinstansie wat trots is op die werk wat hulle doen? Van verkeersafdelings, belastingkantore tot by binnelandse sake. En moet asb nie hoflikheid of n glimlag verwag nie

Antjies van Sentrakor ·

Ek het jare vir Binnelandse Sake gewerk en ons was verbied om enige iets op die toonbanke te hê behalwe ons penne en datumstempels. Mnr Norman du Plessis was ons kantoor hoof en vrek streng. Vandag se amptenare het geen ambisie of werk trots en dit gaan net oor die salaris aan die einde van die maand en natuurlik om die publiek grensloos te irriteer met hul SWAK diens en laksheid. . . . .en om te EET. Wens hulle fire almal en begin van voor af in diens neem ! #Sentrakor TROTS ’90’s

In Die Bar ·

Ja dit is nie net die staatsdiens nie. Probeer bietjie ‘n dop by ‘n jong kroegmeisie kry in wie se hand ‘n selfoon vasgegroei het. Hulle besef blykbaar nie hulle werk hoofsaaklik vir tips nie.

Jef ·

Hoflikheid kos niks dis gratis maar in die geval nie eers good morning en have a good day nie, maar nou ja onbeskoftheid is immers ook gratis.

Duns ·

Sy kan dit doen want sy weet niks gaan gebeur nie. Dis nie net staatsamptenare wat op hulle fone boer nie ook by BEE maatskappye, en die werkers weet dit en vee hulle af aan bestuurders wat net dreig. Hulle is daar om sekere getalle vol te maak. Sien dit daagliks

Maria ·

Stap gerus in Ermelo, Mpumalanga se lisensie kantoor of Binnelandse Sake kantoor in en jy sien dit ook.. en hoe hul eet en dan n halfuur voor ete of toemaak tye begin hul omgeskuk wees en so ook vra hul jou hoekom jy daai tyd daar aankom.

KAS ·

Marriette en Duns,julle het duidelik nie my kommentaar gelees nie.Hou asseblief op veralgemeen.Daar is nog toegewyde staatsamptenare wat met trots hulle salarisse verdien en die mense van die land dien maar ek daag julle om by ‘n kantoor te gaan sit en jy sal verbaas wees oor hoe ongeskik publiek kan wees met amptenare en o ja die publiek is mos altyd reg.

Spike ·

So trots trots trots trots op daai intellegente gesiggie. Wens sy was ons president.

Emily ·

Jy sien sulke dinge daagliks, selfs in supermarket, ek het al so baie gesien hoe daar sommer tussen kliente help eers n hap kos gevat word, of gesels eers met die persoon langsaan.
Dit is No care attitude, word hulle afbetaal na vele waarskuwings toi toi die hele spul.

MJ ·

Dit is soos ‘n student wat voor jou kom staan en vra dat jy ‘n begrip aan hom verduidelik… maar in een oor het hy nog ‘n oorstuk gekoppel aan sy foon en die musiek blèr so hard dat ek dit kan hoor.. dan vra ek ook.. waar de-foeter is common sense!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.