Paspoorte binnekort by banke beskikbaar

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrikaners sal binnekort by hul bank vir ʼn paspoort kan aansoek doen.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het Woensdag gesê ʼn projek om paspoorte aan bankkliënte uit te reik sal vandeesmaand by Nedbank op die proef gestel word. Indien die proeflopie goed afloop, sal die projek vanaf volgende jaar by alle banke in werking gestel word.

Gigaba het Woensdag saam met die departement se direkteur-generaal, Mkhuseli Apleni, Standard Bank en Eerste Nasionale Bank (ENB) se hoofkantore in Johannesburg besoek om die vordering met die uitreiking van slimkaarte by die twee instansies waar te neem. Die twee banke het 2 000 slimkaarte aan werknemers uitgereik sedert Augustus. Die slimkaart-veldtog is vroeër vanjaar deur die departement van stapel gestuur om die gewone groen ID-boeke te vervang.

Standard Bank, Nedbank en ENB het ʼn memorandum van ooreenkoms met die departement onderteken om te help om die projek van stapel te stuur. Die stelsel is getoets deur die kaarte heel eerste aan werknemers uit te reik voordat dit vir die banke se kliënte beskikbaar gestel sal word. Volgens Gigaba is die departement in gesprek met Absa om dié bank ook aan boord te kry.

Hy het gesê die departement beplan om binne die volgende vyf jaar heeltemal met groen ID-boeke weg te doen. “Dit is ʼn ambisieuse belofte, maar ons is toegewyd. Dit is ʼn enorme proses en ons is gedwing om buite die boks te dink deur die banke aan boord te kry,” het hy gesê.

Die departement ondersoek ook die moontlikheid dat leerders wat aan bepaalde vereistes voldoen by hul skool vir slimkaarte kan aansoek doen eerder as om na ʼn binnelandsesake-kantoor te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Tommie ·

Twyfel of al die banke sal inkoop. Hoekom sal die banke die regering se werk doen? Net die banke wat vry na die anc se bankrekeninge sal bereid wees om die diens aan te bied.

Goedgedacht ·

Hulle het dit reeds gedoen. Ek het my kaart al ontvang.

Hermann ·

Groot verkil tussen n paspoort en n ID boek/slimkard. So wat gaan dit wees? Julle begin praat van paspoort aplikasies en eindig met die banke wat slim ID gaan uitreik.

Mariné Lourens ·

Dagsê Hermann

Die projek om paspoorte by banke uit te reik sal vandeesmaand by Nedbank op die proef gestel word. Standard Bank en Eerste Nasionale Bank het egter reeds sedert Augustus slimkaart-ID’s aan hul werknemers uitgereik. Die departement van binnelandse sake hoop dus om uiteindelik dit vir bankkliënte moontlik te maak om in die toekoms vir beide ʼn paspoort en/of ʼn slimkaart-ID by die bank aansoek te doen.

Groete
Mariné nms Maroela Media

alida ·

Ek ruik ‘n rot en vertrou dit gladnie. Wat gaan van al die werknemers by Binnelandse sake word? Dit gee hulle meer tyd om te gesels en te eet terwyl hulle steeds ‘n salaris verdien !!!

Petro ·

Alida hul gaan mense van binnelandse sake in die banke sit en daar is ook net uitgesoekte takke wat ID’S EN PASSPOORTE gaan he dit gaan nie al die banke wees nie.

Se Maar Net ·

Ai kon hulle nie ‘n ander naam as “slimkraat” uitvind nie. As ek so lees gaan dit die enigste “slim” wees wat sommige mense gaan bekom.

Susan ·

Dit gaan fantasties wees, ons moet baie ver ry om die nuwe kaart te kry. Kan nie wag dat ons dit sommer by die bank kan kry nie. Baie dankie

Z bc ·

Verstaan nou ook nie lekker nie. Gaan die berig nou oor paspoorte of ID-kaarte???

nico ·

Dit gaan oor ID’s en let op dat dit nog net by 2 takke van banke beskikbaar is. Albei in die middestad van Jhb. So dit gaan nog ‘n ruk neem voor dit deur almal gedoen kan word.

Mariné Lourens ·

Dagsê Z bc

Die projek om paspoorte by banke uit te reik sal vandeesmaand by Nedbank op die proef gestel word. Standard Bank en Eerste Nasionale Bank het egter reeds sedert Augustus slimkaarte aan hul werknemers uitgereik. Die departement van binnelandse sake hoop dus om uiteindelik dit vir bankkliënte moontlik te maak om in die toekoms vir beide ʼn paspoort en/of ʼn slimkaart-ID by die bank aansoek te doen.

Groete
Mariné nms Maroela Media

MM ·

Ons bank fooie gaan die hoogte in skiet, want hulle moet nou meubels aankoop om Binnelandse sake te huisves. Ek wonder maar net wat gaan die fooie nou wees. Toue by die spesifieke banke gaan buitensporig baie lank wees, want almal gaan nou na hul bank toe vir nuwe “slimkaarte” en paspoorte.
Binnelandse sake kan nie meer die druk hanteer nie, maar hulle moenie bekommerd wees
nie, want hulle gaan nou meer tyd by KFC spandeer.
Die bank personeel gaan toegang he tot ons ID’s en paspoort en lekker bedrog mee te pleeg. Maak dit nou net baaaaaie makliker vir hulle.

Nico K ·

Die banke het lankal toegang tot die Bevolkings register. En die doel daarmee is juis om bedrog te probeer voorkom.

Grotman ·

Ek wil nou asb iets weet! As mens jou Paspoort en nuwe ID dan by die banke kan kry, kan hulle nie dalk nog ander dienste ook by bring nie? Soos bv Bloedskenking en Egskeidings ens nie???

Philip ·

Ek het ‘n ruk terug iewers in ‘n ekonomie tydskrif gelees hiervan, daar beweer die kenners dit is die regering se manier om dan te sien wat is in jou bank en jou dan te belas.

Jacques ·

Op die ou einde gaan ons die banke se eiendom wees so hulle sal dit wil uitreik.Dink nie dit gaan so glad werk elkgeval nie ek staan dan al klaar so lank in n bank en wag om geld in te sit.

Goedgedacht ·

Ek het reeds my kaart gekry. Binnelandse Sake personeel het dit gedoen by die bank. Dit was ‘n droom. Dit is wel vreemd dat BS se eie personeel, net gebasseer by ‘n bank, so vriendelik en effektief kan wees.

Geen besigheid sal so ‘n projek loods sonder om wins te maak nie. Daar sal wel vergoeding vir die banke wees op een op ander manier.

Van die banke het reeds direkte verbinding met BS sowel as CIPC. Hulle het reeds toegang tot baie inligting. Meestal om bedrog te voorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.