Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê twee motors was Saterdagaand omstreeks 19:00 op die M4 naby Qualitystraat in Durban in ʼn botsing betrokke. Paramedici en die polisie is na die toneel ontbied.
“Die owerhede was op die toneel besig om die nodige dokumentasie te doen toe nóg ʼn motor deur die ongelukstoneel gebars het en ʼn man en twee polisiebeamptes raakgery het.” Volgens Jamieson was die man wat raakgery is, ʼn passasier in een van die motors wat in die aanvanklike botsing betrokke was. “Die man het sy balans verloor toe hy deur die ander motor raakgery is en het oor die reling van ʼn brug geval.”
Volgens Jamieson het paramedici hul na die pad onder die brug gehaas. Die man het egter noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die twee polisiebeamptes het geringe beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.
Volgens die eerste sin lyk dit asof die motor weer in ‘n ongeluk betrokke was of lees ek verkeerd ?
Ja Peet, daardie eerste sin lees defenetief verkeerd.
Die eerste sin is 100% korrek. N stilstaande motor kan ook in n ongeluk betrokke wees, die enigste rede hoekom daardie motor spesifiek genoem word, is omdat dit die passasier se oorspronklike motor was. Daar staan nêrens geskrywe dat die passasier nog in die motor was tydens die tweede ongeluk nie, net dat dit die oorsaak van sy dood was. Dit is nogsteeds n fratsongeluk en baie sleg om te beleef.
Lees weer Hennie: “Volgens Jamieson was die MAN wat RAAKGERY is, ‘n PASSASIER in een van die motors wat in die AANVANKLIKE botsing betrokke was”.
Die man is dus raakgery SONDER dat hy in ‘n motor was. Dit maak ook sin aangesien hy ALLEEN oor die reling is.
Ja nee kyk, as jou strepie getrek is, is hy getrek … oorleef ‘n motor ongeluk, net om minute later in ‘n fratsongeluk te sterf …
Sjoe wat gaan aan in KZN, dis nou 2 de geval van persoon wat uit motorongeluk kom om net minute later te sterf. Eers jonge vrou wat se sy het nood en dan van brug val na haar dood en nou die ene. OMW
Tragies, sterkte aan die familie
Dis die probleem as die ongeluk nie so ernstig was nie hoekom kon die polisie nie die voertuie op n veilige plek gekry het of laat uit die pad sleep nie en dan langs die pad op n veilige plek verklarings vat , die polisie is veronderstel om die veiligheid te hanteer op so n toneel dis virseker hulle skuld