Passasier sterf, talle beseer in luukse passasiersbusbotsing

Die wrak van die bus. Foto: Netcare 911

Die wrak van die bus. Foto: Netcare 911

Een persoon is dood en 72 beseer toe ʼn luukse passasiersbus Donderdag in die vroeë oggendure in die Vrystaat teen ʼn vragmotor gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 02:30 op die N3-snelweg naby Cornelia, tussen Villiers en Warden, op pad na Durban plaasgevind.

“Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie. Die bus het die swaarvoertuig van agter getref en die voorkant van die bus is erg beskadig,” het Botha gesê.

Met paramedici se aankoms is albei voertuie in die pad aangetref en puin van die botsing het oor die padoppervlak gesprei gelê.

“Een passasier was reeds dood, twee mense het kritieke beserings opgedoen en 70 het beserings opgedoen wat strek van gering tot ernstig.”

Paramedici het die mense op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere ondersoeke.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kaspaas ·

Dit lyk soos n Greyhound Bus. Lyk of die trok stil gestaan het of die bus se spoed was baie vinniger as die trok s’n want die impak is baie erg

hester ·

nuus het gese dit interkaap..nie dat dit saak maak …dis n erge ongeluk

Theresa ·

Spoed blyk die oorsaak te wees – groot voertuie spoed voort op ons paaie. Vragmotors is ‘n groot bron van oorsake vir ongelukke.

Bloues ·

Ek het in die vere verlede van die busdienste gebruik, en dit was nogal lekker. Vandag se tyd, aikona ek sal liewers fiets ry.

Meisiekind ·

Intercape busdiens se busse is van hoogstaande gehalte. Hulle busse ondergaan streng toetse daagliks. Daar is egter altyd n menslikheids faktor betrokke – heel moontlik het die trok nie ligte gehad nie ….dit is elke dag n risiko om selfs in jou kar/fiets te ry…..baie tragiese ongeluk

Blommie ·

@Meisiekind, jammer ek stem nie saam nie. Ons het in Desember van Kaapstad na Johannesburg in ‘n Intercape Sleepliner gereis en dit was ‘n nagmerrie. Lugverkoeling het gelek en ek moes vir helfte van die pad op plastiek sit. Toe breek die bus en ons word afgegradeer na ‘n gewone bus. Gedink om dit te rapporteer maar daar is soveel negatiewe kommentaar op Hello Peter en geen terugvoer van Intercape nie, so het net besluit ons reis nooit weer met ‘n bus.

Magda ·

Hulle moet die groot trokke in die nag van die pas afhaal. Daar is altyd ‘n trok btrokke in die nag.

Asjas ·

Trok het 10 teen 1 nie werkende ligte agter gehad nie. Kry dit gereeld …

Carol ·

Ek het baie jare terug uit Namibië, Johannesburg toe gery. Wat my erg ontstel het was dat die bestuurders in die ry geruil het. Die een wat bestuur skuif net n entjie vorentoe sodat sy maat agter hom kan inskuif en die stuurwiel oorvat. Ek het en sal nooit weer van enige busdiens gebruik maak nie..ek sê maar net.

Petronel ·

Die mense vat kanse en raak aan die slaap. Daar was n trok ongeluk ook waar n trok agter in n ander een ingery het ook vanoggend op dieselfde pad.Die afgelope 2 weke het ek baie gesien hoe mense kanse vat gister moes ek van pad af ry om n ongeluk te voorkom.

Besorg ·

My man het met Intercape sleepliner bus onlangs gereis. Van die bestuurders hou nie by die spoedgrens nie en die bus is ook nie op standaard nie. Van die sitplekke is stukkend en moet vervang of herstel word.

Retha ·

Alweer Intercape…. ek sal nooit die nalatigheid vergeet wat toegesmeer is van Adri se dood in daardie moordbus nie. Julle R10 000 koop nie lewens terug nie, moordenaars.

KarooKlong ·

Hierdie “luukse busse” ry op die pad laat die stof trek, selfs al reen dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.