Passasier wou vliegtuig aan die brand steek

Airbus A319 van Shenzhen-lugredery Foto: "Shenzhen Airlines" deur Micah Sittig - oorspronklik op Flickr geplaas as "Shenzhen Airlines"via Wikimedia Commons

Airbus A319 van Shenzhen-lugredery Foto: “Shenzhen Airlines” deur Micah Sittig – oorspronklik op Flickr geplaas as “Shenzhen Airlines”via Wikimedia Commons

ʼn Passasier het Sondag probeer om ʼn brand te stig in ʼn vliegtuig, met meer as 100 persone aan boord.

Die onbekende man het omstreeks 01:00 gepoog om met petrol en ʼn sigaretaansteker die brand te stig in die vliegtuig van Shenzhen-lugredery. Die bemanning en passasiers het hom oorweldig, berig China Central Television.

Die vliegtuig het by Guangzhou-lughawe in die suide van China geland, sowat 130 km van Hong Kong. Altesaam 95 passasiers en nege bemanningslede het met glybane die vliegtuig verlaat, het Xinhua-nuusagentskap berig.

Die voorval is ʼn ernstige breuk in sekuriteit by Taizhou-lughawe. China verbied enige passasier om sigaretaanstekers of vlambare vloeistof, insluitend alkohol, by hulle te hou.

Twee passasiers is beseer en is na ʼn hospitaal geneem.

Die oortreder word aangehou op aanklag dat hy “chaos veroorsaak” het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.