Passasiers beseer nadat vlug uit Kaapstad in Windhoek land

Argieffoto

Die lugredery Air Namibia ondersoek ’n voorval waartydens ses passasiers en twee werknemers beseer is toe hulle met behulp van ’n ondersteuningsmeganisme uit ’n vliegtuig gehelp is. Dié vliegtuig het Vrydag uit Kaapstad by die Hosea Kutako-internasionale lughawe in Windhoek geland.

Paul Nakawa, woordvoerder van Air Namibia, sê in ʼn verklaring die operateur van die meganisme wat passasiers uit die vliegtuig moet help, het soos gewoonlik met sy pligte voortgegaan nadat die vliegtuig geland het. Die meganisme het die eerste twee passasiers van vlug SW 728 moeiteloos afgehelp. Toe hy die volgende paar passasiers wou afhelp, het die meganisme agtertoe gekantel met die passasiers nog op die toestel.

Volgens Nakawa het ses passasiers en twee werknemers van die lugredery geval toe die meganisme omkeer en het ligte beserings opgedoen. Dit is nie bekend of enige van dié passasiers Suid-Afrikaners is nie.

Later sou die lugredery vasstel dat een van die meganisme se gesweisde nate losgekom het.

“Air Namibia erken die erns van hierdie voorval en het ʼn span van lugvaartkundiges saamgestel om ʼn ondersoek te doen,” het Nakawa gesê.

Die meganisme sal nie gebruik word nie totdat dit weer veilig verklaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mm ja nee ·

In suid afrika is daar streng wette rondom hysers en optel meganismes met betrekking tot inspeksies op gereeld interval le ens…. Ja instandhouding

Karlahari ·

Ja nee…..
Daar is baie wette in Suid Afrika…..
Wat nie toegepas word nie.

B ·

Normaalweg wys ek nie nietighede uit – maar die opskrif pas nie by die inhoud en klink meer of daar op die verkeerde lughawe geland is
Wat van iets soos ‘ Passasiers beseer toe hystoestel faal / breek / omval / ineenstort’. (Kies een)

Gemaskerde_Sopbeen ·

Moenie dat feite ‘n goeie storie kortwiek nie…..

Hector Jooste ·

Onder die passasiers was ‘n senior Ugandese kabinetslid en sy vrou.
Die passasiers was meestal bejaardes, of mense wat indersteuning nodig gehad het omdat hulle in Kaapstad operasies ondergaan het.
Mnr Christo du Plessis van Otjiwarongo was een van hulle.
Hy het saam met sy vrou, Naomi, en broer, Deon du Plessis uit Kaapstad teruggekeer.
Christo ondergaan tans ‘n CT-skandering by Lady Pohamba Private Hospitaal om te bepaal of hy inwendige beserings opgedoen het.
Sy broer se enkel is gebreek. Hulle sterk beide nog in dié hospitaal aan.
Een van die ander beseerdes is ‘n vrou wie se been vroeër geamputeer is.
Me Adele Campbell, (Christo) Du Plessis se dogter, sê dit was ‘n traumatiese ervaring vir haar pa, stiefma en oom.

Elaine Krige ·

Hallo Hector! Waar kry jy dié inligting? Ons sal graag wil opvolg. Groetnis.

Hector Jooste ·

Bostaande inligting met erkenning aan Ronélle Rademeyer.

Elaine Krige ·

Hallo Hector. Kan jy miskien help met ‘n kontaknommer of meer besonderhede van Ronelle?

Netso ·

In Namibia erken hulle dat die hyser gebreek het. In Suid-Afrika sou dit die derde mag, sabotasie, korrupsie, die DA, die broederbond, apartheid en dalk Jan van Riebeeck se skuld gewees het.

Michael P ·

Wel. Dit se alles vir my in die ou dae het sweisers Vier jaar geleer dan gaan doen hy n ambag toets en hy word n ambagsman. Dit kom nou daarvan dat vandag se manne leer 3 maande en hy kry papiere daarvoor Siedaar hy is nou n ambagsman Mense dit werk nie.So kon daai mense hulle dood geval het.

tessa ·

Margaret, kom tog net by. Dis ‘n vliegtuig van Nabimië, hoekom word Suid-Afrika nou alweer blameer? Of dink jy Namibië is aan jou linkerkant as jy S-A binnekom? Hoekom word S-A altyd vir alles blameer?

Jacky ·

Die Regering van Namibia was voor die hand liggend baie eerlik van dat die insident gebeur het, in Namiba het die Regering ons op hoogte gehou en was hulle eerlik genoeg om die fout te erken. Ek dink persoonlik dit is baie groot van ons Regering om so eerlik te wees.
Baie dankie Namibia

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.