Passasiers in die ry beroof

Foto ter illustrasie: Pixabay

Passasiers wat op ʼn bus van Johannesburg na Bulawayo onderweg was se Kersgees is behoorlik gedemp nadat gewapende rowers hulle op die N1 onderweg na Musina beroof het.

Die polisie in Limpopo sê vyf rowers het weggekom met ʼn onbekende bedrag kontant, selfone, skootrekenaars en ander items wat hulle gebuit het tydens die halfuur lange rooftog.

Twee van die rowers het na bewering die bus in Pretoria bestyg en voorgegee om gewone passasiers onderweg na Zimbabwe se naasgrootste stad te wees.

Maar in die ry het hulle vuurwapens te voorskyn gebring en die reisigers beroof. Die ander drie het blykbaar in Johannesburg opgeklim.

Een van die passasiers het agterna vertel sy is meer as R30 000 kwyt wat sy wou gebruik het om ʼn huis vir haar gesin in Bulawayo te bou.

Passasiers het agterna gesê die rooftog het in die omgewing van Mokopane plaasgevind. Volgens Bokani Maphosa het die rowers na gewone passasiers gelyk en het niemand kon dink hulle was saam met misdadigers op pad nie.

Blykbaar het die rowers eers gewag tot almal rustig geraak het voor hulle omstreeks 21:00 Vrydagaand toegeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

AW ·

I know better than most people that a criminal isn’t always a thug in a black leather jacket with a big brand on his forehead to warn us away.
Criminals sit next to us on the bus. They pack our groceries and cash our paychecks for us and teach our children. They look no different from you or me. And that’s why they get away with it. – Jodi Picoult

Ou Erdvark ·

Die kreatiwiteit van die kriminele verbaas my elke dag al hoe meer.

John ·

?.. en so word hoeveel geroof van die so onskuldige reisigers? R30 000 vir ‘n huis in haar sak…? En die skelms het geweet watter rykdom so uit ons land na Zim reis. Watter lekker land is SA tog nie vir uitlanders om in te kom swaarkry nie.

Lititia ·

Wat vir my baie hartseer is dat die uitlanders soms dubbel so hard soos ons mense werk vir baie minder geld en of voordele. Hulle sal van brood en water lewe om hulle families te help. Daardie 30k is dalk meer as 1 persoon se jaar spaargeld.

Spark Plug ·

Dis rerig niks nuus nie, gebeur elke dag met ons gewone mense hier in suid afrika maar word net weg gesteek deur die regering sodat toeriste nie afgeskrik word nie

HPV ·

Ja, en met die prys van brandstof word mens met die goedkeuring van die regime deur die regime beroof.

Target ·

Die boere en oumense en mense in die veiligheid van hulle huise word ELKE DAG beroof en hulle word nog gemartel en vermoor ook . ek sien die kriminele het nou net aangeskuif . hulle gaan vir makliker targets.

Spike ·

Geluk aan al die comrades. Julle is verantwoordelik vir die chaotiese sa. Sien nie dat dit sal beter gaan met dwase in beheer nie.

Annelize ·

Ek besef elke dag meer en meer dat ons in net nog n tipiese Afrika land bly wat net soos al die ander Afrika lande geword het. Ons gewone landsburgers moet nou koes en keer vir als wat ons werd is om nie ook met geweld meegesleur te word nie.

Lollie ·

As almal, wit en swart en andere, net wil wakker word en reg stem. Hulle kan mos sien die huidige regering doen niks vir die man op straat nie. Al die kreminele kom weg. Misdaad kry geen aandag nie, lyk eerder of dit aangemoedig word.
Wit en swart loop deur.

Antjie ·

Die grense moet toegemaak word…en die uitlanders moet terug waarvandaan hulle kom…wat verstaan die prezzie nie

Jessica ·

And you don’t do security safety check’s before you get on a bus, or search luggage omg, please, please don’t do bus trips, and how you travel with so much money, bank it into an account of family there and once you there draw it over there

jakes ·

As die leierskap van n land getooi is met misdadigers sal dit deursypel na grondvlak toe. In die ou dae kon jy n krimineel se profile maklik naspeur maar sedert Zuma begin regeer het, het kriminele hom as n mentor gesien en daarom lyk hierdie mense nes Zuma se profiel. Party netjies gekoller en getaai maar vrot in die kop. Om n misdadiger in SA te word is soos om in aanmerking te kom vir n toekenning. Meeste gaan darvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.