Passasiers spring uit bewegende bus

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Altesaam 19 mense is beseer toe hulle Donderdagoggend in Johannesburg by die vensters van ʼn bewegende bus uitgespring het.

Pieter Rossouw, woordvoerder vir ER24, het gesê die voorval het op Christiaan de Wet-weg in die westekant van die stad plaasgevind. Die bus se remstelsel het glo onklaar geraak. “Toe die passasiers op die bus besef wat fout is, het hulle almal deur die vensters van die bus gespring.”

Paramedici is na die toneel ontbied waar hulle die 19 passasiers met geringe tot matige beserings aangetref het. Altesaam 11 pasiënte moes na die Garden City-hospitaal geneem word vir verdere behandeling.

Volgens Rossouw het die bus uiteindelik self tot stilstand gekom en die bestuurder is nie beseer nie. Die rede hoekom die remstelsel onklaar geraak het, word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Corne ·

Snaaks genoeg… Ekt ook gedink dis n slang hahaha. Jammer om te hoor oor die insident! Maar mens kan nie help vir die verbeelding wat jy kry as jy so iets begin lees nie!

Peet Schabort ·

Kommentaar hier gelewer trek ook by die Maroelabus se vensters uit . . .
Gaan hierdie een binne bly ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.