Passasierstrein ontspoor in Braamfontein

Foto: @ANN7tv op Twitter.

Foto: @ANN7tv op Twitter.

Minstens ses mense is beseer nadat ʼn passasierstrein Maandag in Braamfontein ontspoor het.

“Dit is nie ʼn treinongeluk nie,” het Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê. “ʼn Passasierstrein het tussen Doornfontein- en Parkstasie ontspoor.”

Niemand is noodlottig beseer nie. “Ses mense is op die toneel behandel vir geringe beserings.”

Geen verdere besonderhede is dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Josef Els ·

Hoe kan dir vrou dan nou se dit was nie n ongeluk nie dit was n ongeluk en hoe is daar nou so baie trein ongelukke en wat gaan aan met ons Suid Afrikaanse spoordienste is dit n gebrek met opleiding dat trein ongelukke so baie gebeur

Chris ·

As dit nie n ongeluk was nie was die ontsporing seker met opset?

Kobus ·

Sy moes einlik gese dit was nie ‘n trein botsing nie, dit is wel ‘n ongeluk al is dit ‘n ontspooring, in die geval sal die drywer sekelik nie geblameer word tensy daar was wissels betroke en soos gese word die wissels was half – cocked, daar was seker’n slapte in die spoorlyn, of ‘n gebreekte spoorstaf of die wiel se tyre het afgekom of, of, of …………., maar kan nie se nie was nie daar nie ……….!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.