Pastoor bedrieg lidmate glo uit miljoene

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

’n Vrystaatse pastoor het lidmate van sy gemeente glo uit meer as R3 miljoen bedrieg.

Die 47-jarige man sal na verwagting Dinsdag in die Kroonstad-landdroshof verskyn waar hy op aanklagte van bedrog tereg sal staan.

Sy identiteit is nie bekendgemaak nie.

Dit word beweer dat die pastoor lede van sy gemeente in 2013 oorreed het om geld in sy maatskappy te belê met die belofte dat hulle ná ʼn jaar ʼn wins daarop sou maak.

Die slagoffers het egter nooit ʼn sent gesien nie.

“Die gemeentelede het by verskeie geleenthede kontak met die verdagte gemaak en hom probeer oorreed om die geld wat hulle belê het, terug te betaal. Hulle versoeke is egter nie eerbiedig nie. As gevolg hiervan het die slagoffers ʼn verlies van meer as R3 miljoen gely,” sê kapt. Christopher Singo, polisiewoordvoerder.

Dit is nie duidelik hoeveel gemeentelede in die sogenaamde maatskappy belê het nie.

Die saak is na die Valke op Welkom verwys wat ʼn ondersoek van stapel gestuur het.

“Die verdagte het hom vanoggend (Dinsdag) aan die Valke oorgegee waarna hy aangekla is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Androclus ·

Ja nee om elke hoek en draai is daar ‘n kerk onder ‘n boom of sinkhok met ‘n pastoor wat wie waarvandaan kom,maar hulle aanbid die grond waarop hy loop,dis seker maar reg vir hulle sou ek sê.

Rooikopheks ·

Hulle sit veilig in Malawi, SA kan niks aan hulle doen nie.

Wielspore ·

Fariseër – Die Fariseërs was geëerd in die samelewing. Polities het hulle geweier om enige kompromieë met die Romeine aan te gaan. Moreel kon niemand ‘n vinger na hulle wys nie. Maar vir ewige redding het hulle op eie vroomheid staatgemaak.

Rudolph ·

Ek wonder waarmee is die duiwel besig sedert die pastore sy werk oorgeneem het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.