Pastoor ernstig beseer in spieshengelvoorval

Connie Hallowell kort na die voorval.

ʼn Pastoor van Umkomaas in KwaZulu-Natal is vanoggend inderhaas na ʼn hospitaal geneem nadat hy met ʼn spiesgeweer in die kop geskiet en ernstig beseer is.

Dit is in dié stadium nog onduidelik presies hóé Connie Hallowell in die kop getref is.

Ander hengelaars op die strand by Scottburgh het Hallowell (48), met die spies nog in sy kop, glo uit die water getrek.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het die spieshengelaar aanvanklik op die strand gestabiliseer.

Weens die aard van sy beserings is hy met ʼn helikopter na ʼn hospitaal gevlieg.

Na verneem word, het omstanders eers gehelp om die spies met ʼn hoeksnyer korter te sny, sodat paramedici Hallowell kon behandel.

Die spies is klaarblyklik deur Hallowell se wangbeen en agter sy oogkas verby. Hy was glo deurlopend by sy bewussyn.

(Foto: Netcare 911)

Hallowell se vrou, Cathy, het vanmiddag by navraag gesê sy is nog op pad na die hospitaal waar haar man behandel word, en dat sy nog nie enige besonderhede oor die voorval het nie. Sy wou nie verder kommentaar lewer nie.

Die Hallowells is volgens die kerk se webwerf pastore by CityHill Church in Umkomaas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

ANDRE ·

Hoe in die lewe….! Wat het daar gebeur ?? Sterkte vir hom en sy gesin..

Iemand ·

Nee hul is nie mal nie. N lang stuk spies wat by iemand se kop uitsteek maak dit moeilik vir daai persoon om te le. Dit kon doodlike gevolge he as hy sou uitpass en die spies verder beweeg….

Cherokee ·

Hulle is nie mal nie maar slim. Kan nie met oop vensters in die helikopter vlieg om die lang spies te hanteer nie. Al waaraan ek onmiddellik gedink het is die hitte wat in die metaal kon opbou met die sny proses maar daar sou voorsorg getref gewees het.

Iemand ·

Dit was wel funny Jasper. Mens kan n grappie maak en terselfdertyd simpatiek wees

Gaitsigubib ·

Dit gaan n bastard wees om te verwyder want die punt het ‘n weerhaak aan wat na buite oopmaak as jy die pyl terug trek. Dit maak dat n vis nie van die pyl kan afgly nie. Wel, by God is alles mos moontlik.

VSV ·

En as jy maak soos jy met ‘n hoek maak, agterkant afsny en vorentoe uit trek?

Helena Doulgeris ·

Hy is uit teater en kan hoor, sien en praat. Hy was beslis beskerm deur God se engele

Marianne ·

Loof en Prys Vader saam met hulle!!!dit moet seer gewees het….kry die visse ook netso jammer!!Dankbaar hy is uit teater en spoedige beterskap!!

Giel vd Westhuizen ·

*Sou graag wou weet hoe soiet kon plaasvind;
*Sodat ander daaruit kan leer:
* En soortgelyke insidente voorkom kan word.

Niklaas ·

Soveel van ons ken daai sport , onderwater visskiet. Dit is baie vreemd dat so n ongeluk plaasvind. Die pylgeweer het n veiligheidsknip en die rekke word gewoonlik eers gespan as die vis gewaar word. Dan kyk mens behoorlik na die teiken , soos n jagter in die bosveld. Baie merkwaardig , hierdie voorval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.