Pastoor in hof oor verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Die 43-jarige pastoor wat in die Oos-Kaap in hegtenis geneem is nadat hy na bewering ʼn 18-jarige meisie verkrag het, het Maandag in die hof verskyn.

Volgens kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het die pastoor vlugtig in die Butterworth-landdroshof verskyn nadat hy Vrydag in die omgewing in hegtenis geneem is.

Die saak is tot Donderdag uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Hy bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig die pastoor het die slagoffer Woensdag na ʼn stroom onder ʼn brug geneem om haar te was omdat sy siek was. Volgens die slagoffer het die pastoor haar met tradisionele medikasie gewas en onsedelik betas.

“Die pastoor het die slagoffer later die middag na bewering weer by haar huis gaan haal en na ʼn plakkershut in die Ibika informele nedersetting in Butterworth geneem. Hy het haar opdrag gegee om haar klere uit te trek en op die bed te lê, voordat hy haar glo verkrag het,” het Manatha vroeër gesê.

Die pastoor het die slagoffer huis toe geneem waarna sy haar suster van die verkragting vertel het. Die vrou het die saak by die Msobomvu-polisiestasie aangemeld en die pastoor is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GES ·

Die ZCC kerk is diep gewortel in die vermenging van voorvaderaanbidding en die christengodsdiens.

sylvia ·

Vreeslike dinge het al oor baie jare in die naam van godsdiens gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.