Mhaleni Selby (43) het Vrydag in die Lenyenye-landdroshof in Limpopo verskyn op twee aanklagte van verkragting.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Selby bly in aanhouding. Hy moet op 18 Junie weer in die hof verskyn.
“Die slagoffers, onderskeidelik 24 en 29 jaar oud, het op 8 Junie sake van verkragting by die Maake-polisiestasie aangemeld. Beamptes van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Tzaneen het die saak ondersoek. Die verdagte is op 10 Junie in hegtenis geneem.”
Die verkragting het na bewering in 2015 en 2019 plaasgevind toe die pastoor glo die gemeentelede mislei het en hulle het hom na bosse vergesel waar hy vir hulle sou bid en hulle sou seën. “Hy het hulle egter glo verkrag. Albei vroue het swanger geraak en een het reeds geboorte geskenk.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Hierdie man is nie die Titel van Pastoor werd nie en die Nedia behoort hom.ook.nie so te beslkryf nie.