Pastoor, medepligtiges dán verhoor oor mensehandel

Timothy Omotoso, Lusanda Solani en Zukiswa Sitho in die hof. Foto: ANA.

Die Nigeriese pastoor en die twee vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle hom glo gehelp het om meisies vir mensehandel en seksuele misbruik te werf het Donderdag in die Port Elizabeth-hooggeregshof vir ʼn voorverhoor verskyn.

Timothy Omotoso (58), wat op 20 April verlede jaar in hegtenis geneem is op aanklagte van mensehandel, het glo kerke in Port Elizabeth, Kaapstad, Johannesburg en die Verenigde Koninkryk bestuur, en het na bewering meer as 30 meisies en vroue van verskeie takke van dié kerke na ʼn huis in Umhlanga, KwaZulu-Natal, geneem waar hy hulle glo seksueel misbruik het.

Volgens die staat was die beweerde slagoffers tot so jonk as 13 jaar oud. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting en vyf aanklagte van bedrog omdat hy glo onwettig in die land is.

Lusanda Solani (36) van Durban en Zukiswa Sitho (28) van Port Elizabeth het reeds skuld ontken op aanklagte wat mensehandel en seksuele misbruik insluit. Solani en Sitho het glo die meisies van reg oor die land gewerf en hul bewegings gemonitor in die huise waar hulle aangehou is.

Al drie beskuldigdes word verteenwoordig deur Peter Daubermann. Die openbare galery was Donderdag volgepak en ʼn sterk polisieteenwoordigheid het geheers. Groepe ondersteuners van die pastoor het buite die hof byeengekom en gesing en hom geloof.

Regter Dayalin Chetty het aangetoon dat al die partye gereed is om met die verhoor te begin. Die verhoor sal na verwagting 8 Oktober voortgaan.

Omotoso se aansoeke om borgtog is op twee vorige geleenthede van die hand gewys aangesien hy as ʼn vlugrisiko bestempel is.

Die vroue is in November verlede jaar in hegtenis geneem en is tans uit op borgtog van R2 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Robert ·

Selfde regter wat vir Panayo tronk toe gestuur het en selfde advokaat wat vir sy 2 helpers probeer verdedig het. Gaan dit dieslfde patroon volg?

Cherokee ·

Jy is fyn oplettend en lees met meer aandag as die meeste van ons Robert. Goeie geheue ook.

Hennie ·

So jammer dat die verwysing “pastoor” gebruik moet word. Die feit dat dit ‘n sogenaamde pastoor is word God se kerk in die proses bevraagteken, niemand neem in ag dat enige iemand wat met ‘n Bybel in sy hand staan deesdae pastoor genoem word nie. ‘n Pastoor wat hierdie dade doen is noodwendig ‘n onnosele leek en maak misbruik van die naam.

Theresa ·

Skandelike gedrag vir ‘n man wat vertroue moet inboesem en nie meisies misbruik nie. Ontvoering; mensehandel; verkragting. Sies man. Jy moet jou kop laat sak en nie so rustig daar staan en maak of botter nie in jou mond sal smelt nie.
Hou hom toegesluit. Die bewyse is mos daar. Maak ‘n voorbeeld van hierdie onwettige mens wat na hartelus Suid-Afrikaanse mense se lewens verniel. Hoop elke familielid van die meisies maak ‘n saak teen hom.

Boerseun ·

Jip, die preachers met die blink motors. As ek n blink motor sien met sulke donker venster tints kan ek nie help om eerste te dink dis n krimineel nie. Preachers, parlements lid, raadslid of munisipale betuur of hul kinders, tendtrepaneur, cash in transit rower, student loan receiver, drug lord, bende lid, high jacker, en die lys gaan aan. Ergste is die mense dink hulle dra soveel by tot die beter van die mensdom.

Manna ·

Die bybel sê dat jy aan jou werke geken sal word. Dat mense hom nog ondersteun slaan my dronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.