Pastoor-moord: ‘Ek is skuldig’

Stefan Visser. Foto: Maroela Media

Stefan Visser (29) wat verdink word van die moord op sy skoonma, past. Elsabe van Niekerk (55), het Woensdag in die Pretoria-hooggeregshof gepleit.

Adv. Philip van Staden, Visser se regsverteenwoordiger, het aangedui sy kliënt is gereed om te pleit. Die hofverrigtinge het in Afrikaans voor regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen voortgegaan.

Stefan Visser (29) het met ʼn rofgeskeerde baard, geklee in ʼn noupassende T-hemp en denim, in die beskuldigdebank gestaan. Hy het aansienlik maerder geword as ʼn jaar gelede toe sy borgtogaansoek van die hand gewys is.

Sy ma, Louise, en sy voormalige vriendin met wie hy in ʼn verhouding was, was in die openbare galery.

Visser het aandagtig gestaan en luister terwyl adv. Pieter Luyt, vir die staat, aangevoer het hy staan tereg op ʼn aanklag van moord deurdat hy op 11 April 2016 in Gezina, Pretoria, wederregtelik en met opset Van Niekerk vermoor het deur haar met ʼn mes te steek.

Hy het aangedui hy verstaan die aanklag teen hom en het daarna skuldig gepleit. Lees sy pleitverduideliking hier.

Van Staden het daarna bevestig Visser se pleit is in ooreenstemming met sy aanwysings.

Janse van Nieuwenhuizen het Visser daarna skuldig bevind aan die moord op Van Niekerk.

Van Staden het versoek dat die hof verdaag vir vonnisverrigtinge om te begin en dat hy met sy kliënt kan beraadslaag om self te getuig ter strafversagting.

Die staat het die versoek nie teengestaan nie en die saak is tot 20 April uitgestel.

Visser bly in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor die Moot-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Gerda Erasmus ·

Is bly hy het uiteindelik herken dat hy haar VERMOOR het!!!! Nou moet reg en geregtiheid geskied!

kobus4e ·

Rustig Gerda, jou hart sal nie hou nie, met die gskreeu jou stem ook nie. Hy het nog nooit ontken dat hy haar vermoor het nie, net dat hy nie onthou nie. Duidelik onthou hy, hy het nou mos erken. Vind in jou hart ook vergewing vir hom, niemand is perfek nie.

JONAS ·

Ek’s ook nie perfek nie, maar ek’t nog nooit moord gepleeg nie. So al die plaasmoorde is ook maar net foutjies wat mense maak.

kobus4e ·

Jonas ek dink nie jy verstaan so lekker wat ek bedoel nie. Dit help nie nou ons skree en wip op en af nie, nie as die moord klaar gepleeg is nie. Dit moet voorkom word. Hy het erken, sluit hom toe, ek stem. Plaas moorde….. sluit toe vir tot hy dood gaan, en sy familie moet vir hom sorg, nie die belasting betalers nie, ook vir die man waaroor die berig gaan. Laat sy geliefdes vir hom sorg, nie die mense wat hy te na gekom het nie. Ek sê weer die ou het nooit ontken dat hy haar vermoor het nie. Gaan lees nou weer die dame se reaksie op die berig, (uiteindelik herken?? (moet erken wees) ,dat hy haar VERMOOR het!!!!) en kyk weer na my kommentaar

henry ·

Kobus ek stem volkome saam met jou. Ek het vir Stefan net voor die moorde toevallig ontmoed toe ek met my voertuig probleme gehad. Hy en n jong dame het my probeer help. Ek was baie geskok toe ek leer wat gebeur het. Die waarheid sal ons nooit weet. Did als baie sleg oor die Moord maar het ook n goeie Kant van hom gesien. Sterkte aan die families met julle pad na genesing. Ek is nie in n posisie om te ooedeel nie. Ek bly in my uie glas huis. Geregtigheid sal geskied en hopelik die pad na vergifnis.

Giel ·

Hierdie saak is baie sad. Sy het beslis gesorg dat hy hom haat……
Sterkte

Abbey-roseBotes ·

Dankie Here my God. U is groot en sal U diensknegte nie laat moor en niks doen.
Vir Stefan wil ek se dankie vir die waarheid en dat jy ons fanilie meer trauma gespaar het Mag jy hulp kry en genade en genesing vind in die aangesig van God. Mag jy bevry word van jou demone en mag vergifnis joune wees. Ons familie is baie meer leeg oor Elsabe nie meer hier is en ons gaan nog lank huil. Maar nou weet ek God luister as ons na Hom roep.

Basjan ·

Ja, dit is inderdaad ‘n BAIE hartseer aangeleentheid. Wat egter verblydend is, is dat die verloor in AFRIKAANS plaasgevind het.

Respek ·

Aan hierdie jong man, sy Ma en regshulp, ek het nuwe respek, ‘n man wat sy dade erken en gevolge dra – ek glo in 2de kanse. Ek is dankbaar vir jou en jou kinders se genesing dat jy verantwoordelikheid neem vir die daad (ons kan lank debateer hoekom, maar dit kan uitgesorteer word – gryp elke kans om dit te doen van jou kant af – jy en jou kindertjies gaan daarby baat) Aan Pastoor se familie, geen woorde is genoeg troos, maar soos julle almal gelowig is, bid ek dat jul ook vergifnis vir hierdie onbesonne daad sal vind en hierdie jong man opdra in gebed, hy is daai 2 kindertjies se Pappa en helfte van hulle bestaan uit hom, dit wat hy vandag gedoen het wys dat hy erken hy het ‘n groot fout gemaak en eintlik van goeie stofasie is, slegte mense stry tot die dood dit is nie hulle nie. As die kindertjies groot gemaak word, julle Pappa is sleg, moordenaar of wat ookal sal dit hulle affekteer, miskien nie nou nie, maar as jong volwassenes, wees wys en kry hulp van ervare sielkundiges hoe om hulle te hanteer. Ek weet julle wil dit nie hoor nie, maar glo my dit is julle 2 klein kindertjies se beste belang. Mense het al geskiedenis probeer wegsteek en dan vind daardie kind op ‘n weerlose ouderdom uit en hul wêreld val inmekaar en dan kan geen sielkundige dit red nie.

respek ·

stefan het 3 kinders nie 2 nie. Sterkte aan die enkel mas wat Aleen hul kinders moet groot maak

Jessica ·

So mooi seun, sy moes hom na dit gedryf het, hy sal dit nie uit die bloute of net uit liefde doen nie, die vraag is wat het sy vir hom geskree dat hy gesnap het.

Jayden ·

Ek kan nie glo hoe sit julle n storietjies opmaak om die MOORD te regverdig nie. Dieselfde mense watdie DOODSTRAF wil terugbring vir plaasmoordenaars, julle blou oog mannetjie sou GEHANG het, of was dit nie wanneer die DOODSTRAF sou werk nie? Hoekom moet daar altyd ‘n rede vir moord wees? Lyk my hierdie ou het baie van julle ‘n vet rat voor die oë gedraai. Of hy dit erken of ontken het, gewoonlik kry hulle ‘n ligter straf as hulle dit erken, goeie advies van sy regshulp … Die man het iemand VERMOOR, soos wat die plaasmoordenaars ‘n plaasboer VERMOOR, en julle dan tekere gaan. Soos ek nie wil hoor die plaasboer het hom te veel gevra vir ‘n dosyn eiers wat hy by hom gekoop het nie, stel ek ook nie belang in die pvt stories tussen hom en sy skoonma nie. MOORD is moord, hoekom is dit ok as ‘n WIT OU dit pleeg? Hoekom word daar verskonings gesoek?? MAG hy saam met die plaasmoordenaars lewenslank SIT.

E ·

Daar is baie mense wat my nou gaan kruisig en of Maroella my kommentaar gaan plaas weet ek nie.
Ek is al so sat vir heilige mense wat alewig op die foutvind uit is. Ek was as jong dogter in ń AGS kerk en glo vir my alles was sonde behalwe om mal in die kerk te gaan. En mense was baie vinnig om vinger te wys eb te sê jy is gebind wyk satan!
Na my pa se dood het ek 1 jaar lank nie kerk toe gegaan nie, my bybel elke aand bestudeer en met Vader gepraat. My saak uitgesorteer.
Vandag is ek ń heel mens. Ek vloek soms, en ek vape.Sigarette gelos maar ek vape en dis lekker. Ek drink nou en dan, een 2 op die meeste. Ek is ń mens en ek hoef nie aan ń kerk se standaarde te voldoen nie.
God het my vrygemaak.
My hart is reg.

G ·

E – Gelukkig hoef ons nie na ‘n Kerk/organisasie te gaan om gelowig en ‘n Christen te wees nie. (Hierdie wat ek nou noem is net my meegevoel en ondersteunig met E en nie i.v.m. bovermelde aangeleentheid nie)
Ekself het ‘n “pastoor” in familie in Pretoria en glo my hy was die een wat my finaal genees het van ‘n Kerkgebou/organisasie. Ek is ‘n Christen en ek dien die Here en help self ander mense daar waarvoor die Here my ookal gebruik volgens die talente aan my gegee sonder ‘n Gebou/organisasie. Iemand wat heeldag en aldag homself probeer regverdig met bybelversies werk glad nie vir my nie maar dan staan hy agter die deur met n jong dogtertjie so erg dat sy vrou moes huisverlaat oor hul verhouding en steeds word dit geregverdig met bybelversies en kerk gehou, selfs saam met die jong dogtertjie se ouers ? Sy eie kinders is selfs ouer as die jong dogterjie maar die mense klap nog saam hande en prys die Here dat Hy vir die “pastoor n 19jarige maagd” voorsien het en ontslae is van die NG vrou met wie hy getrou het ? Siek, Siek en nogmaals Siek ! Die ander dinge wat daar aangaan is net te erg om genoem te word en word tans voorberei vir ‘n SAP ondersoek.
Die Here het ‘n doel met almal en maak soms mens se oë oop om vir jouself te besluit en nie voorgesê/voorgeskryf hoef te word nie.

Madel ·

Dis verstommend hoe gretig mense is om die Bybel en geloof by hierdie saal te betrek. Kan glad geen ander verduideliking daarvoor kry anders as dat die man wit is. Het julle dieselfde “versagtende omstandighede” en jammerte gegee vir die jong mannetjie wat betrokke was by Terblanche se moord of die 16 jarige plaasmoordenaar. Nee twyfel baie sterk. Hou op agter geloof skuil en verskonings soek.

Bekommerd oor samelewing ·

Die daad word glad nie goedgepraat nie. Soos wat die jongman eerlik was vanaf begin glo ek dat hy dan ook eerlik sal wees oor die redes wat aanleiding tot die daad gegee het.
Mag die Here die antwoorde gee en berusting bring vir beide partye.

Hoop ·

Hy was toe doodeerlik, mag dit nuwe hoop gee, mag die voorbeeld ook na ander wat groot oordeelsfoute begaan deurvloei. Hy tree sowaar met meer respek op as waarmee hy ingegaan het. Hy het nerens die skuld op haar probeer pak of hom self probeer verontskuldig en dit is die kosbaarste, daar is hoop vir jou jong man.

respect ·

Respek as j mooI geletes het in vorige berigte het hy 3 kinders. 2 by sy vrou 1 by sy meisie.
Sterkte vir hulle wat die kinders Aleen groot maak

Respek ·

Dankie respek en respect, lees egter net mooi, die boodskap is aan die Pastoor se familie en sluit dus net 2 van sy 3 kindertjies in. Sy kindjie by sy meisie word op n ander manier geraak en die kindjie se Ma sal vir hom/haar beslis van Pappa leer en veral op sy positiewe fokus.

Ange ·

Ja kyk, al verskil tussen die man en menige moordenaar is dat hy dit erken het. Of hy berou voel oor die lewe wat hy geneem het en nie oor sy situasie nie (ja daar’s n verskil) sal niemand van ons weet nie. Mense wat se sy het hom daartoe gedryf? Rerig? Dalk was sy en haar man afsydige mense (ons almal ken sulke mense) en hulle moes beslis nie ingemeng het nie maar sjoe julle, dit regverdig nie haar moord nie?

E.K. ·

Aan die familie van oorledene: Vergifnis maak ons vry en help ons op die pad na aanvaarding. Aan die jong man en sy familie: sterkte, jy het alreeds opgestaan na jou val, mag jy genade en vergifnis ontvang en vrede op jou pad vorentoe.

Louise ·

Ange ek stem saam met jou, hoe in die lewe kan mense MOORD regverdig.
Sy het hom kwaad gemaak, so almal wat my kwaad maak moet ek ook nou maar so uitsorteer of hoe? en dan kry ek maar vergifnis want ek het dit erken en die lewe gaan aan vir my.
Nee man moord is moord en die ergste is dat hy BESEF het wat hy doen, maar steeds aan himself gedink het en gese het man ek is kwaad so ek kan dit maar doen al weet ek dat ek haar lewe kan neem. Hoop ook dat hy bid vir sy inerlike demone, want die dame se lewe is verby en syne gaan aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.