Pastoor-moord: Verhoor begin dán

Stefan Visser Vrydag in die hof.

Stefan Visser Vrydag in die hof.

Die verhoordatum in die moordsaak van pastoor Elsabe van Niekerk (55) van Pretoria is Vrydag amptelik in die stad se landdroshof vasgestel.

Stefan Visser (29), haar skoonseun wat verdink word van haar moord, het vlugtig in die hof verskyn, geklee in ʼn swart T-hemp en met ʼn netjies geskeerde baard.

Die saak is amptelik na die stad se hooggeregshof verwys. Twee weke is opsygesit vir die verhoor wat van 17 tot 28 April geskeduleer is.

Maroela Media het vroeër berig Van Niekerk is op 11 April by haar broer se werkswinkel in Gezina in die stad se Moot-omgewing vermoor. Visser en Van Niekerk se dogter, Leandri, was besig om te skei. Visser het tydens sy borgaansoek beweer sy skoonouers het hulle in hul huwelik ingemeng en hom daarvan weerhou om sy twee kinders te sien. Van Niekerk is glo tydens ʼn woordewisseling oor die egpaar se kinders 31 keer met ʼn mes gesteek en vier keer gesny.

Visser beweer hy het “geknak” toe Van Niekerk op hom gegil en hom gestamp het, waarna hy nie meer kan onthou wat gebeur het totdat hy later dieselfde dag by die huis van sy vriendin se ouma in Rietondale in hegtenis geneem is nie.

Die staat voer aan die moordwapen is Visser se “knuckle duster”-vuisystermes.

Hy het op 14 April vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklag van moord met voorbedagte rade, wat ʼn skedule 6-misdryf is. Sy borgtogaansoek is op 13 Junie van die hand gewys. Hy bly in aanhouding in die Kgosi Mampuru-gevangenis.

Lees die vorige berigte oor die Moot-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jean ·

Ek wonder nogsteeds hoe dink mense kom hulle met moord weg, mind you daar is ‘n paar, maar die ander is net stupid om te dink hulle gaan nooit uitgevang word nie, hierdie was ‘n redelike maklike een.

E ·

Stem nie saam nie Jean. Hy het nie gedink nie! Hy was daartoe gedryf. Die tong in ons mond is sterker as enige wapen. I rest my case.

J ·

E. Met ander woorde sê jy skoonseuns gaan kuier met n wapen by hulle skoonma’s

What ever ·

E….. JY WEET NIE WAARVAN JY PRAAT NIE DINK NET HY MOES JOU 31 KEER GESTEEK HET EN 4 KEER GESNY HET SIT JOUSELF IN DAAI PASTOOR SE SKOENE WAARDEUR SY MOES GAAN JY WAS DAAR OM TE WEET WAT SY VIR HOM GESE HET NE?????…WONDER WAT DIEN JY DIS GLAD NIE DIE WIL VAN DIE HERE NIE…HOU JOU KOMMENTAAR VIR JOUSELF

Anoniem ·

Al is die tong sterker as enige wapen het dit hom nog nie die reg gegee om haar dood te maak nie. Maar iemand wat nie kan onhou wat gebeur het moes onder een of ander invloed gewees het hetsy drank of dwelms. Hy sal eendag voor God moet staan oor sy dade.

Buitestander ·

Die ondersoek beampte het ook maar lank geneem om die saak te kry.
Jammer ou maat al is die leun hoe snel die waarheid agterhaal hom wel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.