Pastoor-moord: Verhoor begin eers dan

Stefan Visser. Foto: Facebook

Die verhoor van Stefan Visser (29), die man wat verdink word van die moord op sy skoonma, past. Elsabe van Niekerk (55), het nie Dinsdag soos verwag in die Pretoria-hooggeregshof begin nie.

Die saak, wat tot 28 April op die hofrol is, kon nie begin nie aangesien Visser weens ʼn administratiewe fout nie van die Kgosi Mampuru II-gevangenis na die hooggeregshof gebring is nie.

Die verhoor begin dus Woensdag wanneer Visser na verwagting gaan pleit. Visser en Van Niekerk se familielede was Dinsdag in die hof.

Van Niekerk (55) is op 11 April verlede jaar in haar broer se werkswinkel in Gezina in die Moot-omgewing vermoor. Visser is kort ná haar moord in hegtenis geneem. Sy is dood aan 31 steekwonde vermoedelik van ʼn “knuckle duster”-vuisystermes en is vier keer gesny.

Van Niekerk se dogter, Leandri (30), en Visser was besig om te skei ten tyde van die moord. Leandri en Visser het twee kinders. Visser het tydens sy borgaansoek beweer sy skoonouers het in hul huwelik ingemeng en hom daarvan weerhou om sy twee kinders te sien nadat hulle met die egskeiding begin het.

Visser beweer hy het “geknak” toe Van Niekerk die dag van haar moord op hom gegil en hom gestamp het, waarna hy nie meer kan onthou wat gebeur het nie totdat hy later dieselfde dag in Rietondale in hegtenis geneem is. Hy is aangekeer by sy vriendin, met wie hy in verhouding is, se ouma se huis.

Die egskeiding is amptelik in Augustus bekragtig, op dieselfde dag waarop Visser se verhoordatum vasgestel is. Hy is sedert sy inhegtenisneming in aanhouding in die Kgosi Mampuru II-gevangenis nadat sy borgtogaansoek in Junie van die hand gewys is.

Lees die vorige berigte oor die Moot-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Suzie ·

Ek kan nie verstaan hoekom dit gedoen is nie? Hy het tog “klaar aanbeweeg” al was hy nog besig om te skei, want hy is by ‘n vriendin met wie hy in verhouding is, se ouma se huis in hegtenis geneem. Ek verstaan ook nie hoe jy so iets doen, en dan skielik nie die daad kan onthou wanneer jy gearresteer word nie?

Cherry op die koek ·

Jip en die cherry op die koek is die nuwe vriendin was toe ook alreeds weer swanger met sy kind. Absoluut sinneloos.

Jaco ·

Sy tweede meisie was ook al swanger met sy kind? En n knuckle duster? Die spul klink vir my bietjie platvloers!

Scalla ·

Administatiewe fout is die rede hoekom hy nie in die hof was nie, ek dink dit is iemand wat nie sy werk gedoen het nie, alles val uitmekaar.

foxi ·

Baie ouers/skoonouers is ook die oorsaak van probleme in hul kinders se huwelike. Hulle meng in en gee nie die getroudepare n kans om hul probleme uit te sorteer nie. Ek het ondervinding daarvan. Almal maak foute en is nie foutloos nie. Van die kinders klou nog aan hul ouers se rokspande en hulle ouers kan hulle net nie laat gaan nie. Hulle kinders is altyd reg en so slim en jy het nie n sê nie. Hierdie man was sekerlik so kwaad vir sy skoonma en kon seker nie meer die inmenging verduur nie en het toe beheer verloor. Of hy nou goed of sleg was, hy het die reg om sy kinders te sien. Ek as ouer sal sekerlik ook kwade gevoellings gehad het as ek nie my kinders kon sien nie. Dis n jammerte wat gebeur het, maar n saak het twee kante. Sê maar net…..

Robert ·

Ek is bly ek het nog net mense kwaad gemaak wat hulself kan beheer, anders was ek ook al lankal doodgemaak.
Mens kan nie almal wat jou kwaad maak vermoor nie!
En dis onmoontlik dat niemand ooit vir jou kwaad sal word nie!!!

Ruby ·

foxi, volwassenes moet optree in die beste belang van kinders. Dalk was daar ‘n baie goeie rede hoekom hy weerhou was van sy kinders.

Hy het haar nie net doodgemaak nie maar geslag!

31 steekwonde…….. die ou het ‘n skroef los, gelukkig gaan hy laaaaaank geboek word, hy kan dit gebruik om sy geheue te verfris.

Almal van ons loop deur onder ‘n baas/eggenoot/familie die een of ander stadium maar ons knak nie net en slag hulle!

Oosie ·

Om iemand 31 keer te steek en nog te sny ook??!! Ek hanteer daagliks mense met woede en om jouself so te buite te gaan getuig van ernstige afwykings in jou profiel. Dit is die oudste truuk in die boek om te se jy kon nie onthou wat gebeur het nie… TWAK! Dit is ‘n enorme geveg en geskreeu! Jy weet PRESIES wat jy besig is om te doen!

Absoluut ·

Ek stem, mens kan nie net links en regs doodmaak wie jou irriteer of kwaad maak nie en dan nog overkill en ewe skielik gerieflikheidshalwe alles vergeet nie. Hoop maar dat geregtigheid geskied.

Skoondogter ·

Foxi…ek kan nie anders as om saam te stem nie. Ek se nie dit was so in hierdie geval nie, maar my skoonma is soos n derde persoon in my huwelik. Sy is manupilerend, selfsugtig en selfbejammerend. Haar eie huwelik het ten gronde gegaan weens haar onvermoe om enigeiemand andera as haarself eerste te stel. Soms dink ek dat ek haar haat, dan moet ek weer gaan “repent”. Sys ook al geoefen in haar wee, haar vriendinne en eie kinders dink sys n wonderlike mens….ek dink regtig dis n probleem in huwelike waaroor daar min gepraat word of erkenning gegee word.
Selfs na berading sukkel my man steeds om in te sien wie en wat sy is.

Kennis ·

Foxi – ek stem nie saam nie. AS ek ‘n ouma / oupa was en ek weet daar word gedreig om my kleinkinders om die lewe te bring dan sou ek defnitief ook ingegryp het soos die Van Niekerk grootouers. Kwaad gevoelens regverdig nie die daad nie. Daar is actually hulp vir mense soos hy. Jy kan ‘n perd tot by die water bring maar jy kan hom defnitief nie maak drink nie.

Speedguard ·

Was ook daar, hulle hou daarvan om die kinders te gebruik as ‘n afdryging, almal in die “skoon familie” is dan eweskielik die regs kenners mat al wat’n raad is om die saak net verder te vererger !

kobus ·

Ruby as jy se waar is, is dit baie mooi en reg. Ongelukkig is daar baie ouers wat nie in belang van die kinders optree nie, maar in eie selfsug. Wie het bepaal hy mag nie sy kinders sien nie, die kinders se ma, of die ouma of die hof. Ons weet nie wat daar gebeur het nie, maar net die hof het daardie bevoegdheid oor wie mag, en wie mag nie sy eie kinders sien nie.

foxi ·

Soos jy sê…..SKOONFAMILIE. Maar dit is ook waar dat jy MOET jouself onder beheer hou…..jy kan ook nie links en regs vuiste uitdeel nie. Ek dink die regte woorde kan baie seerder maak as geweld! Ek meen…..hoe voel elke mens as hy/sy onregverdig benadeel word? Jy dra dit saam met jou en dit bring net sielkundige probleme op. Soos die skrif sê…….as iemand jou bokleed eis, gee hom jou onderkleed ook. Vermy verskille en sorteer dit uit met gesag en almal sal lewend daaruit kom……..

Abbey-rose Botes ·

Sy was n awesome mens en ek behoort te weet want vir 41 jaar van my lewe was Elbe daar. Hy kan lieg soos hy wil, die mense wat die vooreg gehad het om haar regtig te ken weet wat die waarheid is.
Sy was my ma se sussa en n liefdevolle mens. Ons wat sonder haar moet lewe is stukkend en hoe leef n mens met sulke wonde. Dink net as dit jou ma, sussa, tannie of dogter was hoe sou jy voel
Ek weet die wereld is harteloos en wreed. Maar hier is n stukkende plek wat nooit gesond gaan word todat reg en geregtigheid geskied.
Mag hy genade vind in die aangesig van God. En meeste van als mag ons almal heel word. Want nou is dit te erg om eers aan haar laaste oomblikke op aarde te dink.

Estelle ·

Klap iemand as jy dit dan verloor. Hoekom 31 keer steek? Inelkgeval commin om met n ‘knucle duster’ te loop. Commin man, Commin. Sterkte vir haar familie, mag reg geskied!

Scalla ·

Estelle, is die afrikaanse woord vir n knucle duster nie dalk n Brakpan trouring nie? Mag die knaap se geheue wat hom in die steek laat herstel en die waarheid seevier. Sterkte aan die familie.

Net so voor ·

Net so voor julle mekaar gryp, hierdie is slegs opinies van lesers, dit is goed dat hul, hul gedagtes kan laat gaan, mens moet maar met respek soos deur Maroela bepaal, maar elkeen kan sê hoe hy of haar voel. As die feit dat sy as Ouma die bepaling gemaak het om kinders van hom te weerhou dit regverdig dat sy soveel messteke en snye gehad het, stem ek saam elkeen wat sê, hy het ‘n groot skroef los, die regte prosedure sou wees om hom tot die hof te wend, sou hy nie geld hê, kon hy vir regshulp aansoek gedoen het. Jy ry nie spesiaal na iemand anders se werkswinkel en verloor jou sinne omdat iemand op jou skree nie. Sjoe as dit almal se manier van doen is, sal hier daagliks hope lyk lê. Ons verskil almal van mekaar, maar moet leer om dit onder mekaar uit te sorteer selfs al kort jy regshulp & die reg om dit te kan doen dan. Veral seuns moet kommunikasie tegnieke geleer word en ‘n duidelike verskil tussen reg en verkeerd.

kobus ·

Ek stem heel hartig saam. Wat ek vroeer gese het, het nie die bedoeling om wat hy gedoen het goed te praat nie. Daar is maniere om konflik op te los. Dit is nie nodig om te moor nie.

Millie ·

Daar moet ‘n wet wees teen mense wat kinders MISbruik om hul ekse te treiter!! op die einde vd dag is dit die arme kinders wat siek grootmense word en die sirkel gaan net voort!

Net so voor ·

Ja MIllie, dit is baie sleg dat ouers of groot ouers die kinders soos pionne gebruik, ek het dit soveel keer gesien en dan wil ek skree en skud, word wakker jul benadeel nie mekaar, maar julle kinders. Ons weet egter nie in die geval, dit is wat hy sê, so ons moet haar kant ook hoor, hoe weet ek nie, dalk is daar oog getuies. Daar is ‘n paar dingetjies wat die teendeel aandui, hy het reeds ‘n nuwe baba op pad…… uit vorige berigte, ek weet net nie wat alles waar is, was daar werk en dwelm stories en dit kan alles verander, hang net af wat werklikheid was. ‘n Goeie Pappa doen nie dwelms, behou sy werk en sorg vir sy kinders. Dit bly ‘n tameletjie wat in die hof bepaal gaan word, want daar moet alles oopgevlek word. Die hoeveelheid steekwonde en snye is net onrealisties om te vergelyk @ op hom gegil ………..

marous ·

Die gevangenis is nie 10 minute se ry van die hof af nie. Die hof kon vir ‘n halfuur verdaag en die man laat haal het. Nou moet die getuies weer vergoed word met belasting geld en van die werk af bly. Die hele hofsitting vanaf die regter tot by die ordonans is ook teen duurste verkwis.

Wendy Harper ·

Dit vat omtrent 2 ure om iemand uit die gevangenis te kry. Hulle is soooo stadig…..

se iets ·

Ek verstaan ook die woede partykeer, kyk wat hy gedoen het is nie reg nie glad nie.
dit is soos ek en my man en my 2kinders, my man se ouma bly by ons want oupa is nou al seker 5 jaar dood, haar kinders sal nie iets stuur om te help nie niks nie nie dat my pla nie, maar die punt is gedurig moet ek hoor hoe om my kinders groot te maak, my seun van n jaar piep sy nog op “hy is nog klein moet dit nie so doen nie” als wat jy doen of jy iewers gaan moet jy in ag neem ouma is ook nog daar. Sy dierbaar als maar vet weet as daar ingemeng word kan ek ook maar menige male kwaad raak maar wat kan mens doen omdraai en weg stap

Net so ·

Hou jou Huwelik uit jou familie uit en jou familie uit jou huwelik uit! Ek pes my skoonma, maar nie genoeg dat ek lewenslank vir haar in die tronk sal wil sit nie…

Deon ·

Ek het my bedenkinge!!! Daardie man glo ek is gedryf tot daardie daad. Hy het rooi gesien en ek glo aangesien dit sy eerste oortreding was gaan hy net ‘n opgeskorte vonnis kry. Mens moet ‘n dier ook nie in ‘n hoek vaskeer nie, en ‘n ouer is dieselfde!

zebra ·

Parental Alienation, waar een ouer en familie kinders draai teen en weghou van die ander ouer het n epidemie geword in ons dag. (Ek SE nie dis wat hier gebeur nie, maar die man se wel sy kinders is weggehou deur familie) Dit is uiters pynlik en kan mens van jou kop af dryf as jy nie jou kinders mag sien nie. Maar om so te moor is ook nie in n normale mens se vermoee nie.

johan ·

Kan nie verstaan dat die blankes nou die blankes uit roei nie wat gaan aan in die siek mens domlewe hulle is veronder stel om saam testaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.