Pastoor nou na grondwethof om vervolging te keer

Timothy Omotoso tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA.

Die regspan van Timothy Omotoso, die pastoor wat teregstaan op talle seksuele aanklagte, gaan hulle nou tot die konstitusionele hof wend om die aanklagte teen hom teruggetrek te kry.

Dit kom nadat die appèlhof Dinsdag Omotoso se aansoek om die aanklagte teen hom en medebeskuldigdes, Zukiswa Sitho en Lusando Sulani, terug te trek van die hand gewys het. Omotoso se regspan het die hof ook versoek om regter Mandela Makaula te dwing om hom aan die saak te onttrek, maar dié versoek is ook geweier.

Die appèlhof het in sy uitspraak dit gestel dat daar geen vooruitsig vir sukses vir een van die twee aansoeke is nie.

Tsepo Ndwalaza, streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die NVG voel hy is reg bewys deur die uitspraak en is tevrede dat die verhoor weer kan voortgaan soos beplan. Die verhoor sal na verwagting op 4 Februarie voortgesit word.

Omotoso staan tereg op 63 hoofaanklagte en 34 alternatiewe aanklagte, waaronder mensehandel, verkragting, seksuele aanranding, rampokkery en sameswering om ʼn ander persoon te help om ʼn seksuele misdaad te pleeg.

Sulani en Sitho word daarvan beskuldig dat hulle meisies van oor die hele land gewerf het vir seksuele uitbuiting.

Die 58-jarige TV-evangelis het na bewering meer as 30 meisies en vroue van verskeie takke van sy Jesus Dominion International Church gewerf en na ʼn huis in Umhlanga, KwaZulu-Natal, geneem waar hy hulle glo seksueel misbruik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Die grootste krimineel gaan na die gronwethof vir loskom, en die grondwethof se dis wettig om te sing “kill the boer” – so wat beteken die grondwet en hof vir ons wettige wetsgehoorsame burgers: julle is skape ter slagting, vat dit maar stilweg.

AW ·

Daardie man het Baie Geld…….
Wonder wie hom ondersteun …..

Piet Snot ·

Kan Maroela asb in ‘n volgende berig verduidelik wat sy regsargumente nou eintlik is; wat hy aanvoer as redes waarom vervolging gestaak moet word.

Jacques ·

Ek wonder wie betaal die nar se regskostes ? Ek wonder ook maar net of die anc en eff nie ook by die nar se sirkus betrokke is nie . Vra maar net .

ANNA ·

Yesssss…Jaques…inderdaad een WALGLIKE EGOSENTRIESE NAR!!

Geregtigheid ·

Kort voor lank sal die NAR se geld opraak. As elkeen sy regter kan kies sal geen sak voorkom nie.

Daan Erasmus ·

Die ou hoort in die tronk bloot vir sy swak mode smaak. Hy moet dalk sy geld gebruik en ‘n mode herontwerp ondergaan. Al die uitlanders moet volgens hulle land se reg stelsel behandel word. Ons regstelsel word misbruik.

Tokkolos ·

Wat het die grondwer met sy verkragting saak te doen
Hy en die ou sauk baas lyk alteveel na die duiwel in die kinderbybel

GES ·

Stuur hom terug na sy land van herkoms. Sy soort is nie welkom hier nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.