Pastoor, onnie vas oor seksklagtes

Argieffoto

ʼn Pastoor en ʼn onderwyser sal Maandag in die Volksrust-landdroshof in Mpumalanga verskyn op onverwante aanklagte wat onderskeidelik verband hou met die seksuele aanranding van ʼn hawelose vrou en minderjarige kinders.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê in die eerste geval het ʼn 66-jarige pastoor glo ʼn 45-jarige vrou verkrag.

Die voorval het glo in April reeds plaasgevind, maar die vrou het dit na bewering nou eers aangemeld ná ingryping deur mede-kerkgangers.

“Volgens die inligting wat aan die polisie bekend is, het die slagoffer ʼn tyd gelede by Volksrust aangekom en nie blyplek gehad nie. Sy het glo die pastoor genader vir ʼn blyplek. Hy het haar in een van die kamers in sy huis geakkommodeer en haar glo drie dae later na sy slaapkamer geroep en haar na bewering daar verkrag,” het Bhembe gesê.

Die man is 29 Junie in hegtenis geneem.

In ʼn ander onverwante voorval sal ʼn 37-jarige onderwyser vandag in dieselfde hof verskyn vir die beweerde verkragting van twee leerders, asook die molestering van twee ander leerders.

“Een van die leerders het saam met haar ma na die polisiestasie gegaan en aangemeld dat sy glo sedert die begin van die jaar herhaaldelik verkrag is deur die onderwyser. Daar is ook ʼn ander verkragtingsklag teen hom by dieselfde skool wat uit 2016 spruit.”

Volgens Bhembe is die verdagte reeds in aanhouding vir die beweerde molestering van ʼn 12-jarige leerder ook.

“Kort ná die nuus gebreek het oor die onderwyser se inhegtenisneming, het nog ʼn 12-jarige na vore gekom met dieselfde aantygings teen die onderwyser.”

Die onderwyser staan dus tereg op een aanklag van verkragting in 2018 en een van verkragting in 2016, asook twee aanklagte van seksuele molestering in 2018.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GM ·

Verstaan ek reg? Is die aanklag teen die onderwyser al in 2016 gemaak? Of is die verkragting wat in 2016 plaasgevind het, nou eers aangemeld? Want anders maak dit nie sin dat hy toegelaat was om aan te gaan om met kinders te werk nie.

Sarel ·

Dit is so tragies dat dit juis beroepe is wat veronderstel is om vertroue te wek. Hoeveel gevalle het nou al voorgekom waar by die twee beroepe betrek is. Die onderwyser en die klag van 2016?Klink of iemand weer nie hulle werk gedoen het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.