Pastoor swendel glo miljoene uit kerklede

geld 4

Argieffoto.

ʼn 29-jarige pastoor het Maandag in die gespesialiseerde handelshof in Palm Ridge in Johannesburg verskyn. Hy was glo die meesterbrein agter ʼn bedrogspul waarin hy altesaam R2 miljoen uit sy kerklidmate bedrieg het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die pastoor, Tumelo Christopher Mukheti, het in 2017 en 2018 na bewering die lidmate van sy kerk in Kliptown in Soweto aangespoor om elkeen R1 500 (nie-terugbetaalbaar) in sy beleggingskema, Yahwe, te belê. Hy het die lidmate bedrieg deur te voor te gee dat dié beleggingskema ʼn opbrengskoers van 14% sou oplewer.

“Toe die lidmate hul dividende probeer onttrek het, het hulle besef dat die kantoor van die Yahwe-beleggingskema sy bedrywighede skielik beëindig het,” sê Mulamu. Mukheti het na bewering met al die lidmate se geld verdwyn.

Mukheti het vermoedelik na Lesotho gevlug en is verlede Vrydag by die Kopfontein-grenspos in hegtenis geneem toe hy na Suid-Afrika probeer terugkeer het.

Sy hofsaak is tot 8 April uitgestel vir verdere ondersoek.

Hy is borgtog van R3 000 toegestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Piet parys ·

Ook maar lekker stupid die regering die man is n skelm en n vlug risiko maar kry borg. Of kry iemand a” cut ” van die 2 milj

Sarel ·

Om die man ” Pastoor” te noem is ‘n belediging vircdie beroep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.