Pastoor tydens kerkdiens doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 34-jarige pastoor is vandeesweek buite Middelburg in Mpumalanga doodgeskiet terwyl hy ʼn kerkdiens gelewer het.

Kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die pastoor, Christopher Mokwena, het Woensdag om 19:00 ʼn kerkdiens in Doornkop gelewer toe ʼn gewapende man ʼn vuurwapen op hom gerig en hom uit die kerk gedwing het.

“Die verdagte het glo aan die kerkgangers gesê om aan te gaan met die diens en dat hy sake het om met die pastoor uit te klaar,” het Bhembe gesê.

“Van die kerkgangers het die polisie ontbied en gaan ondersoek instel toe hulle Mokwena in ʼn plas bloed met ʼn koeëlwond aan sy bolyf aangetref het. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om konst. Lazarus Mtshweni by 072 947 3661 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

ano ·

Ek is nou rerig jammer vir die pastoor MAAR daar is nou een ding wat ek absoluut nie verstaan nie: “Die polisie ondersoek ‘n saak van moord” Wat anders kan dit wees as moord?

Cherokee ·

Nie noodwendig sy Christelike geloof wat rol speel Jennefer.

Spelling ·

Regtig, Is jy nou die spel koningin? Dit het noks uit te waai met die feit dat ‘n pastoor doodgeskiet is in sy kerk nie. Sterkte aan sy familie en gemeente

humor ·

“Kerkdiens gelewer het” Moet seker wees n erediens gelei het.

Carrie ·

@Spelling, jy bedoel seker *Niks, en nie “in sy kerk” nie maar tog *by die Kerk.

Spelling ·

Regtig, Is jy nou die spel koningin? Dit het noks uit te waai met die feit dat ‘n pastoor doodgeskiet is in sy kerk nie. Sterkte aan sy familie en gemeente

Caroline ·

Vir ondersoek doeleindes en om te verseker dat verdagtes aan die pen ry hoop ek die spelfout van die oorledene se van word reggestel. My inninge simpatie aan sy familie.

Carlien ·

Ek lees nou tong in die kies almal se kommentare… ai ons mensdom..:)

Joe ·

Net vir die rekord.Daar is twee vanne namens , Mokoena en Makwena maar beide word uitgepspreek as Mokwena

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.