Pastoor van Kaapse Vlakte in hof geroskam

Die slagoffer Aniesa Bardien se familie buite die hof. (Foto: ANA)

Keith Bird, ʼn voormalige pastoor van die Kaapse Vlakte asook vermeende moordenaar en reeksverkragter, het Maandag vlugtig in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn op twee aanklagte van moord, vier van verkragting, diefstal asook crimen injuria.

Regter John Hlophe het Bird (52) tydens sy hofverskyning aangespreek omdat hy ʼn informele T-hemp in die hof aangehad het. “Ek wil nie jou arms sien nie. Betoon respek aan die hof,” het Hlophe aan Bird gesê.

Hlophe het daarna die saak tot 11 Maart uitgestel as gevolg van ʼn pleitooreenkoms wat eers afgehandel moet word.

Die voormalige pastoor is in 2017 in hegtenis geneem in verband met die moord op sy eks-verloofde, Aniesa Bardien (36), nadat sy hul verlowing verbreek het. Haar ontbinde lyf is dae ná haar verdwyning gevind.

Die staat voer aan: “Op 8 Januarie 2013 het die beskuldigde die oorledene in die bosse naby Campweg in Strandfontein ingelok deur Lizelle Jantjies te oorreed om die oorledene daarheen te roep. Die beskuldigde het die oorledene verwurg totdat sy bewusteloos was. Hy het haar kop verbrysel deur haar verskeie kere met ʼn klip te slaan.”

Die tweede moordklag hou verband met die verkragting en verwurging van die 20-jarige Sharvonne Sharnice Koense op 18 Mei 2013. Koense se halfnaakte liggaam is in die bosse in Tafelsig, Mitchells Plein, gestort waar dit later deur ʼn verbyganger ontdek is.

Die staat beweer Bird het sosiale media gebruik om vroue te lok. In een geval het hy na bewering in Mei 2014 gereël om een ​​van sy beweerde slagoffers via Facebook te ontmoet onder voorwendsel van ʼn geleentheid vir modelwerk. Hy het na bewering ʼn mes en ʼn elektriese skoktoestel te voorskyn gebring en haar seksueel aangerand.

Hy het ook na bewering die sosiale netwerk Mxit in Januarie 2014 gebruik om een ​​van sy slagoffers te ontmoet. Hy het haar by haar huis ontmoet waarna hy haar na bewering verkrag het en gedreig het om haar met die skoktoestel te skok as sy nie wou saamwerk nie. Hy het ook na bewering haar BlackBerry-selfoon gesteel.

Die staat voer verder aan Bird het van Januarie tot Mei twee keer per week na dié vrou huis teruggekeer waarna hy haar en haar gesin gedreig het indien sy nie aan sy eise vir seksuele omgang voldoen het nie.

Staatsaanklaer Maresa Engelbrecht het ʼn pleit- en vonnisooreenkoms opgestel wat na verwagting op 11 Maart tydens Bird se volgende hofverskyning afgehandel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

legens ·

Wie en wat presies is `n pastor . Wie en hoe word hy aanstel en wat sou die vereiste kwalifikasies wees . Wie dank hom af ?
Hier is hopeloos te veel profete , pastore, biskoppe en ander selfaangestelde bedrieers , die een se optrede nog walgliker en misdadig as die ander . Neem nou maar bv sy hoogheid kardinaal Pell wat seuns mishandel het en dan die Bird kreatuur . sal hulle nie almal weggeraap word nie !

Eish ·

Leke wat sommer eie kerk begin, sonder teologiese ooleiding. Daarom word hul nie afgedank, hy beheer lede!

Estie ·

Ek stem, Legens. Ek het in ‘n supermark in die ry gestaan toe twee Nigeriers kla oor hulle geldsake – die een sê toe hy gaan ‘n “Pastor” word in Suid-Afrika omdat dit die maklikste en vinnigste manier van geldmaak is.

Filosoof ·

@Willie: die regering is reeds besig om so ‘n moontlikheid te ondersoek; ongelukkig word ook ordentlike, alle christelike kerke geteiken. Op die vorige vergadering, wat terloops in chaos uiteengegaan het, is selfs voorgestel dat alle kerke gesluit word en hul eiendom gekonfiskeer word. Nee wat, laat hul liewer die kriminele een-een uithaal. Staat en kerk is nie vriende nie.

Willie ·

MM- as on tik op die blad, work n Engelse Spel Toetser gebruik, om die woorde se spelling te vergelyk. Kan mens nie n afrikaanse spel toetser Koppel aan die kommentaar nie? Of word die rekenaar sin gebruik uit die staanspoor?

Anja van der Merwe ·

Dagsê Willie

Dankie vir jou navraag.
Jou rekenaar se eie speltoetser word outomaties gebruik (na gelang van die speltoetser wat jy op jou rekenaar geïnstalleer het). Ek stuur egter graag jou navraag deur aan die tegniese span om ondersoek in te stel of ons dit in ‘n stadium wel kan implementeer op Maroela.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Godsdiens ·

Godsdiens is ‘n kragtige ekonomiese wapen (geld praat) wat op mense se goedgelowigheid en vrese teer. Sommige in die godsdiensbedryf neem dit verder en doen direkte skade aan mense soos wat hier staan in die berig.

Willie ·

Dit is inderdaad baie ontsellend om sien hoe alle waardes agteruitgaan… Daar is nie meer beheer van enige iets in die land nie. Dis asof SA in die skelm opertunistiese land omskep word?

thelsa ·

‘n Prokureur, Advokaat of ‘n mediese dokter mag nie in hierdie land praktiseer alvorens hulle by een of ander professionele liggaam geregistreer is nie. Hoekom kan ‘n ‘predikant’ tent opslaan, customers nader hark met een of ander wonderlike godsdiensteorie en hulle kom weg met die afgruwelikste dade? Iemand moet hulle beheer.

Uitbuiting ·

‘n Oud Kollega is nou ook in die Godsdiensbedryf. Volgens hom is daar geen makliker manier om geld te maak nie. Hy is van nature charismaties en gebruik dus sy talente en kan mense tot ongekende en grenslose emosionele hoogtes opsweep. Wanneer sy aanhangers of kerkgangers in ‘n beswyming en staat van euforie is, is hulle beursies wyd oop en gee hulle ruimskoots.

David Marais ·

Kyk YouTube “Master Brick Sniper Pastor” Dr Oldewage van AGS Fonteinedal Springs gooi baksteen om sy baby trafficker janitor te protect

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.